Soos honde van die hemel. Marzanne Leroux-Van der Boon
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Soos honde van die hemel - Marzanne Leroux-Van der Boon страница 16
Ruud slaan sy arm om haar en vou haar verwronge gesig in sy baadjie toe, Maar hy hoor haar steeds onophoudelik fluister: “Dankie, God, Here, Jesus, dankie.”
Toe hulle Pieter ’n halfuur later eindelik bring, is sy kalm. Hy sien daar haglik uit. Geskok en bewerig, rooi oë, roetbesmeer, bloedstreep onder sy neus, sonder sy bril en sy skoene, stink van rook. Toe hy sy ma sien, word sy donker oë vol trane. Die flits van ’n perskamera ontplof spierwit oor hulle toe hy haar omhels en haar vingers in sy maer rug gryp. Hy kyk oor haar kop na Ruud wat met arms styf oor sy bors gevou teen die muur aanleun en glimlag verwese.
“Hulle het Geoff ook betyds uitgekry,” sê hy.
Sy ma bly hom vashou sodat hy naderhand haar arms versigtig moet losmaak. “Ek is oukei, Ma’tjie,” sê hy sag.
“Het daar mense seergekry?” vra sy.
“Daar is ’n swart polisieman in die hut dood. Een van dié wat ons help uitkom het.” Hy vee oor sy oë. “En ek het gehoor een van die ander polisiemanne is ook gesteek.”
Die verslaggewers kom almal weer op ‘n streep terug, die televisiespan maak eindelose opnames, die kameras flits onversadig. Dit word middernag voor hulle kan huis toe gaan.
Dié nag slaap hulle al drie in die huisie in Avonstraat.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.