Wie met vuur speel. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Wie met vuur speel - Deon Meyer страница 5

Автор:
Серия:
Издательство:
Wie met vuur speel - Deon Meyer

Скачать книгу

om tyd in te haal.

      Haar roetine tussen die gewigte, die lêplanke en die oefenmasjiene wat in onvriendelike groepies saamhurk, is dieselfde: maag, skouers, arms, bene, tot die sweet haar groen T-hemp vlek bo die bult van haar borste en blink strepe oor haar gesig en nek vorm, af tot agter by die lang bruin hare in ’n vlegsel.

      Soos altyd is sy bewus van die oë op haar, ongemaklik oor die vae sensualiteit van dié plek, waar kleding ’n oorlas is, waar die liggaamsbouers van vroegoggend voor die spieëls die dans van Narsissus uitvoer, steunend met elke optrek van ’n massa staal, ritmies kreunend soos die voorspel tot orgasme. Waar die jappies met ontwerpersdrag hul lywe kom belyn vir Clifton of die vlugbal op Kampsbaai, alles daarop gemik om die oog van die ander geslag te streel.

      Ragel Bergh konsentreer op haar eie program, tot sy met ’n stil uitblaas van asem die laaste stang laat sak en kleedkamer toe stap, ’n lang, aantreklike vrou in ’n los hemp en sweetpakbroek, wange verkleur deur die inspanning, bors wat dein, haar fokus nou by die dag wat voorlê, die boekeveiling, die afsprake met kliënte, ’n beplande telefoongesprek met ’n vriendin, sonder intuïsie van vreugde of onheil.

      Wanneer sy by haar koninkryk aankom, in ’n geblomde rok wat skimp van soepel arm en been, is die deur van die winkel ’n ope uitnodiging, Vivaldi se “Lente” ’n leidraad tot die gemoed van haar werknemer.

      Bergh Boeke, lui die uithangbord oor die sypaadjie van Langstraat.

      Frikkie Cornelissen wag haar in. Hy is haar kontrapunt, haar kameraad.

      Frikkie, wat een wintermiddag by haar boekwinkel ingestap gekom het, sy tengerige liggaam gebuk teen die noordwester wat die koue front ingewaai het. Met oë wat deur die dik brillense nog groter lyk, het hy na die rye en rye boeke op die rakke gestaar en nou en dan tentatief sy hand uitgesteek om aan een te vat.

      Ragel Bergh het nie dadelik kom vra of sy kan help nie. Sommige weet wat hulle wil hê en soek dadelik hulp om dit op te spoor. Vir ander is die soektog deel van die liefdestaak – hulle wil self delf. Frikkie het gelyk of hy op sy eie wil wees.

      Tog het sy hom uit die hoek van haar oog dopgehou. Hy was maklik ’n kwartier lank in die winkel voor hy ’n boek van die rak afgehaal en oopgemaak het. Sy lang, dun vingers het dit met die grootste respek en liefde gedoen. Hy het weer die boek gebêre en ’n volgende een geneem. Maar Frikkie Cornelissen het nie dié dag iets gekoop nie. Ook nie die volgende of die een daarna nie. Op die vierde dag het hy doelgerig by die deur ingekom, reguit op haar afgestap waar sy agter haar lessenaar gesit en lees het, en in sy sagte stem gesê: “Ek moet hier werk.”

      Sy het nie regtig iemand nodig gehad nie. Dit was ’n instinktiewe aanstelling, uiteindelik ’n slim een.

      Frikkie Cornelissen het ná matriek homself uitgemergel agter die stowwerige lessenaar waar hy bouplanne vir die streeksdiensteraad moes sorteer. Hy wou met boeke werk. Vandat hy kon onthou. Hulle was sy ontvlugting, sy enigste ware vriende, sy toevlugsoord in boekrakke en biblioteke. Net ’n droom – tot hy voor Ragel gaan staan en sy groot begeerte in een, taktlose sin uitgeblaker het.

      Hy het gou geleer. Binne enkele maande het hy elke boek op die rak geken, geweet wat elkeen se geskiedenis is.

      Wanneer iemand inkom met ’n boek wat hulle wil verkoop, kon hy gou net so vinnig soos sy die waarde bepaal op grond van die toestand, uitgawe of die gesogtheid daarvan. En ná ’n jaar het hy meer geweet as sy. Vandag is hy ’n kenner, buite die akademie een van die mees ingeligtes oor klassieke boeke en Africana. Sy is nie jaloers nie – eerder trots, soos op ’n kind.

      Sy is steeds die een wat private versamelaars se huise soms moet besoek of, soos vandag, ’n veiling moet bywoon. En haar persoonlikheid bly steeds een van die redes waarom sommige gereelde kliënte terugkom na Bergh Boeke in Langstraat.

      “Jy is in ’n opgewekte bui vanoggend,” groet sy hom met verwysing na die musiek. Hy is by die werkbank besig om ’n boek te restoureer.

      “Dis veilingsdag,” sê hy fronsend. “Skeba-dag. Ek kan nie wag om daaraan te vat nie.” Sy hoor sy geesdrif. Wanneer laas het sý so opgewonde oor ’n boek geraak? So opgewonde oor énigiets geraak?

      Sy gaan weer met Frikkie deur die veiling se katalogus en bespreek die pryse wat sy moontlik vir van die werke kan betaal. Dan is dit tyd om te vertrek.

      Die afslaers het die groot saal van die Kasteel vir die veiling bekom. Toe Ragel instap, is daar al heelwat mense wat die goedere inspekteer.

      Sy kyk net vlugtig na die skilderye en beeldhouwerk wat ook opgeveil word. Die boeke staan eenkant op ’n swierige tafel.

      Haar oog soek die Du Toit. Dan sien sy dit. Die bruin leeromslag is nog blink en sterk. Die oorspronklike buiteband is goed beskerm. Sy maak die boek oop en herken die swaar skreeflettertipe uit die vorige eeu. En die vreemd bekende skryf-soos-jy-praat-Afrikaans. Skielik wil sy dit hê, met dieselfde bruisende begeerte van Frikkie Cornelissen.

      Haar oë soek die publikasiedatum op die titelbladsy – 1898. “Maar dit is nie die ouderdom nie. Di Koningin fan Skeba was ons eerste roman, ons eerste prosa. Dit was Du Toit se soenoffer. Dis . . . dis . . . manjifiek,” het Frikkie Cornelissen gesê, sy oë groot agter die dik lense.

      Sy maak die boek versigtig toe en sit dit neer. Sy hoop niemand anders by die veiling gaan haar gevoel deel nie.

      Die afslaer het ’n snyerspak aan. Hy verhef nie sy stem nie, maar dit dra gemaklik deur die vertrek. Die skilderye is eerste aan die beurt en hoewel Ragel ’n vinnige flirtasie met ’n Maggie Laubser aanknoop, verloor sy belangstelling toe twee kunshandelaars die prys verby R3 000 druk.

      Maar dit is asof die veiling nie regtig aan die gang kan kom nie. Sy weet sommige het van meet af aan ’n tasbare spanning, ’n atmosfeer van afwagting en strawwe mededinging. Maar nie dié een nie.

      Die beeldhouwerke sorg vir ’n bietjie opwinding wanneer ’n nuwe swart kunstenaar se twee dierebeelde meer as R10 000 elk behaal. Dit is asof die veiling wil vlam vat en Ragel begin onrustig raak. Bie-koors. Wanneer byna elke mens wat dit bywoon skielik in die euforie van die oomblik ’n hand in die lug steek en die prys laat klim en klim. En dié boeke moet sy weer herverkoop teen realistiese pryse, anders gaan die winkel sy geloofwaardigheid by versamelaars verloor.

      Sy bie nie vir ’n vroeë stel van Langenhoven se versamelde werke nie, hou uit om R750 vir ’n getekende eerste uitgawe van ’n Jan Smuts-biografie te betaal en kry ’n winskoop met ’n oorspronklike Story of an African Farm.

      Dan kom S.J. du Toit se Skeba aan die beurt. Die afslaer lees die geskiedenis van dié boek af en gee agtergrond oor die skrywer. Die vertrek begin saggies gons terwyl mense die uitsonderlikheid van die werk bespreek.

      ’n Paar kyk in haar rigting, asof hulle weet sy gaan een van die hooffigure wees in die stryd wat voorlê. Dan vra die afslaer vir ’n openingsbod. Die Joodse boekwinkeleienaar net ’n straatblok van Bergh Boeke af laat haar hart onmiddellik vinniger klop wanneer hy met R500 oopmaak.

      Dis te hoog, dink sy. ’n Gryskop man steek sy vinger in die lug vir R50 ekstra. Ragel ken hom nie en vermoed dit is ’n akademikus of private versamelaar. ’n Lang, skraal boekwinkeleienaar van Houtbaai knik sy kop onseker. So suinig soos altyd, dink Ragel, maar sy bie nie. Laat die koring eers van die kaf geskei word. Dan sal sy optree en ’n vinnige einde aan alles maak.

      Skeba se prys klim stelselmatig, maar nie dramaties nie, tot op R1 000. Dan val Suinig uit.

      Ragel besef

Скачать книгу