Die kolonel. Esta Steyn
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Die kolonel - Esta Steyn страница 2
Konstabel Bongani en sersant Sol verskyn op die toneel. Hulle rig hulle wapens op die twee inbrekers wat magteloos onder die Kolonel se wakende oë lê.
“Gedink julle kan julle sakke vol stop en laat spat, nè!” skreeu die konstabel opgewonde.
“Ons hét julle! Danksy die Kolonel!” sê die sersant en pluk sy boeie uit. In ’n japtrap is die twee boosdoeners geboei en word hulle na die vangwa gelei.
Die Kolonel stap gedweë agterna. Hy kyk verlangend terug na die agterstoep waar mevrou Meintjies se bossie bokkoms nog steeds hang.
Toe spring hy rats agterin die vangwa en gaan sit op sy plek op die agterste bankie. Die twee skelms kyk skrikkerig na hom.
“Ja,” sê konstabel Bongani, “die Kolonel is nie ’n kat wat sonder handskoene aangepak moet word nie.”
“Hoe . . . hoe . . . het hy geweet . . . van ons?” vra die een dief, nog steeds bleek van skok.
“Hy het ’n sesde sintuig,” antwoord sersant Sol. “Hy ruik en hy sien waar g’n mens kan ruik en sien nie. Onthou dit!”
Die Kolonel gee ’n grynslag. Hy kyk uit die hoogte na die diewe. Ag, nou-ja, al is hy sy bokkoms kwyt, daar sal darem seker ’n piering melk onder sersant Sol se tafel wag. ’n Kolonel se eer is groter as sy eetlus.
Dis met hierdie gedagte dat die Kolonel ’n paar dae later rustig in die sonnetjie voor die deur van die polisiestasie lê, toe mevrou Meintjies binnekom met twee groot sjokoladekoeke. Sy jubel van lof toe sy die konstabel en die sersant sien.
“Ek wou net weer kom dankie sê. Julle was uiters knap. Ek het vir julle elkeen ’n ou koekie gebak. Net om te sê hoe ek julle werk waardeer.”
Die Kolonel strek hom lui uit en loer na mevrou Meintjies met een groot geel oog. Hy sien hoe sy na hom afbuk. “En is dit nou die flinke polisiekat?” vra sy en streel versigtig oor sy lyf.
“Dis die Kolonel, Mevrou,” sê sersant Sol trots.
“Sonder hom sou ons dit nie kon doen nie,” erken konstabel Bongani en glimlag breed met wit tande.
“Ek het hom darem nie vergeet nie,” sê mevrou Meintjies. Sy haal iets uit haar mandjie. “Dis vir die Kolonel,” sê sy en sit ’n bossie bokkoms voor hom neer.
“Miaau,” sê hy, en sy skurwe tong lek behaaglik oor ’n sout bokkom. Die lewe by die polisiestasie is goed, dink die Kolonel.
Veral vir ’n kat. Veral as die kat die Kolonel is.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.