Proteus. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Proteus - Deon Meyer страница 20

Автор:
Серия:
Издательство:
Proteus - Deon Meyer

Скачать книгу

die oproep om 21:59 van genl. Ben van Rooyen by Lugmaghoofkwartier kom vir twee Rooivalke om, met bykomende brandstoftenks wat die reikafstand tot 1 260 km verhoog, op te styg en na Beaufort-Wes te vlieg as deel van ’n werklike operasie (en nie die gesimuleerde oorlogvoering van die afgelope 36 maande nie), is die bevelvoerder van 16 Eskader se grootste probleem hoe hy aan die nie-verkose vlieëniers en kanonniers gaan verduidelik hoe hy sy keuse gemaak het.

      * * * * *

      “Hoe is dit moontlik dat die MK-rekords hom nie wys nie, Rahjev? As sy reg is en hy was in Rusland en Angola. Hoe is dit moontlik?”

      “Mevrou, ons weet nie. Ons kan net kyk na wat daar in die databasisse is. Ons kan dit analiseer, dis al.”

      “Gee vir my ’n persentasie van waarskynlikheid dat ’n MK-lid nie op rekord is nie.”

      Rajkumar trek met ’n pofferhand aan die lang swart poniestert wat oor sy skouer hang. “Hel, mevrou … vyftien persent.”

      “Vyftien persent.”

      “As daar tienduisend MK-soldate was, is soveel as eenduisend vyfhonderd nie op rekord nie.”

      “Nie op elektroniese rekord nie.”

      “As daar vyftigduisend was, is vyftienduisend net weg?”’

      “Ja, mevrou.”

      “Maar hulle kan in Voortrekkerhoogte se lêers wees?”

      Radebe antwoord: “Ek dink die kanse is groter dat hulle hom in die Voortrekkerhoogte-lêers gaan kry.”

      “Hoe lank nog voor ons hoor?”

      “’n Uur of twee. Daar is drie mense in die argief besig.”

      “En die Boere se mikrofiche-biblioteek?”

      Radebe haal sy skouers op. “Dit hang af hoe hard van bo af gepraat is.”

      Sy loop ’n draai deur die vertrek. Om van ander afhanklik te wees, is haar groot frustrasie. Sy skud dit af.

      “Wat maak ’n motorfietswinkel-handlanger by ’n konsultant van Absa?” vra Janina vir die Opskamer in die algemeen.

      “Sê vir my ek kan in Absa se stelsels gaan rondkrap, mevrou. Asseblief.” Rajkumar strek sy saamgevlegte hande voor hom uit en die litte kraak in antisipasie.

      “Hoeveel tyd het jy nodig?”

      “Gee my ’n uur.”

      “Jy het dit.”

      “Dankie, dankie, dankie.”

      “Wat is die situasie op die pad?” vra sy vir Radebe.

      “Die tolhek sê geen groot motorfietse is vanaand deur na die noorde nie – ’n paar het suid ingekom, maar nie ’n swart man nie. Ons werk deur die polisie se streekhoofkantoor. Hulle sê die plaaslike wetstoepassers en vulstasies tot by Touwsrivier is reeds laat weet. Hulle gaan nou Laingsburg, Leeu-Gamka en Beaufort-Wes bel. Maar as hy nie die N1 vat nie …”

      “Hy sal.”

      Hy knik.

      Sy kyk na hulle. Ywerig. Om tevrede te stel.

      “Maak ons vordering met die mense wat Kleintjes se kollegas was, wat gehelp het met die rekenaarintegrasie?”

      “Daar kom ’n transkripsie, mevrou.”

      “Dankie.”

      Dit is die een, dink sy. Dit is die een waarop sy wag. Sy kyk oor die vertrek heen. Hulle weet nie alles nie. Net sy het al die stukke van die legkaart.

      Soveel fynbeplande werk. Soveel uitsonderingsbestuur. Die ratjies van dié horlosie oor versigtige, geheime maande een vir een op sy plek gesit. Opgewen. En nou moet sy dit verstel, danksy ’n middeljarige motorfietshandlanger.

      10

      Miriam lê op die dubbelbed in die donker kamer, haar hande op haar bors gevou, haar oë starende na die dak. Sy hoor nie die oorbekende naggeluide van Guguletu nie, die ewige geblaf van honde, die uitroepe van groepies wat van die sjebeen af huis toe gaan, ’n laaste uitbundigheid voor die week weer begin, die wen van ’n motorenjin in ’n agterplaas-herstelplek, die insekte, musiek wat iewers net in die laagste basregister hoorbaar is, die sug en kraak van hul huisie wat regskuif vir die nag.

      Haar gedagtes soek na Tobela en kom elke keer terug na die wete: Hy is ’n goeie man.

      Waarom jag hulle hom?

      Hierdie land. Sal hierdie land nooit ophou om in die laatnag aan jou deur te kom klop nie? Sal hierdie land nooit die boek van die verlede kan toemaak nie?

      Doen hy iets verkeerds? Is Tobela iemand anders as die man wat sy ken?

      “Ek was anders,” het hy een middagete gesê, vroeg in hul verhouding, toe hy nog moes veg om haar vertroue te wen.

      “Ek het ’n ander lewe gehad. Ek is nie skaam daaroor nie. Ek het gedoen waarin ek geglo het. Dis verby. Hier is ek nou. Net soos jy my sien.”

      Sy het daardie eerste dag in die konsultant se kantoor hom nie eens raak gesien nie. Net nóg ’n kliënt. Sy het die teebestelling van die trollie op die skinkbord gepak en die skinkbord op die lessenaar ingeskuif en geknik toe die konsultant en die kliënt dankie sê. Sy het die deur agter haar toegetrek, onwetend dat dié aflewering haar lewe sou verander. Hy het tot in die kombuis na haar kom soek, glo die konsultant se sekretaresse laat verstaan hy wil kom sê hoe lekker die tee was. Hy het sy hand na haar uitgesteek en gesê: “My naam is Tobela Mpayipheli,” en sy het gedink dit is ’n mooi naam, ’n eerbare naam. Tobela beteken “met respek”, maar sy wou weet wat hy wil hê. “Ek het jou daar in Van der Linde se kantoor gesien. Ek wil met jou gesels.”

      “Waaroor?”

      “Enigiets.”

      “Vra jy my uit?”

      “Ja, ek vra jou uit.”

      “Nee.”

      “Is ek te lelik?” Sy glimlag, en sy breë skouers.

      “Ek het ’n kind.”

      “’n Seuntjie of ’n dogtertjie?”

      “Ek kan nie nou staan en gesels nie. Ek moet werk.”

      “Sê my jou naam.”

      “Ek moet werk.”

      “Net jou naam, asseblief.”

      “Miriam.”

      “Dankie.” Hy het geen van die populêre Township-woorde gebruik nie, geen van die kwasi-Amerikaanse cool van die pierewaaiers nie. Hy het omgedraai en sy het aangegaan met haar werk, en twee dae later was daar telefoon vir haar. Niemand bel haar by die werk nie, sy het gedink daar is dood in die familie.

Скачать книгу