Sêgoed met slaankrag. George Claassen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sêgoed met slaankrag - George Claassen страница 19

Автор:
Серия:
Издательство:
Sêgoed met slaankrag - George Claassen

Скачать книгу

aansienlik meer is as uitspattige verftegnieke, duur ingevoerde afwerkings en toebehore; dat ware, tydlose argitektuur nie stilisties gebonde is nie, maar poëties gedrewe.

      ORA JOUBERT, Pretoria, 18 November 2004

      Johannesburg is nie die mooiste stad in die land nie, maar wel die mees dinamiese – ’n Wilde Weste-dorp met argitektuur wat daarby pas. Die ge­boue waarvan ek hou, is dié wat die ons-kan-houding van die stad reflek­teer . . . Die geboue wat ek verafsku, is die virusagtige uitslag van Toskaanse/Balinese/Provensaalse ontwikkelings wat niks anders is as Potjomkin-dorpies nie.

      HUGH FRASER, argitek, Times Live, 19 Augustus 2010

      Groot werke, soos byvoorbeeld die Uniegebou, kan nooit deel

      vorm van ons nasie nie.

      GERARD MOERDIJK, argitek wat die Voortrekkermonument in 1936 ontwerp het, met verwysing na ’n eie Afrika-styl in argitektuur en in ’n poging om die invloed van SIR HERBERT BAKER te vermy

      Armoede en rykdom

      Op die tafel lê die skamel beursie

      van ’n hardwerkende vrou

      en op hom sit ’n mot.

      Ek weet nie wat hy van ekonomie

      af weet nie maar ek dink

      die wete wat hom gestuur het

      om verskoning daarvoor te vra is God.

      SHEILA CUSSONS, digter, “Die beursie”, Die sagte sprong, 1979

      Gewoond aan ontbering in elke vorm, onverskillig vir hitte of koue, ru grootgebring in die onmaatskaplikste bandeloosheid, is die rus vir daardie Afrikanerkind ’n verlossing uit die groot hartseer van sy klein lewe . . . Vreemde toestande het hom en sy huisgesin afgestoot langs die hange wat opklim uit die moerasse van die armblankedom.

      JOCHEM VAN BRUGGEN, skrywer, Ampie: Die natuurkind, 1924

      Naby, onder die hoogte, lig ’n voordorpie hom uit die newels uit. Verpotte sinkkamertjies en met blik toegelapte huisies, langs mekaar geplak, is ’n broeiplek van ons armblanke.

      JOCHEM VAN BRUGGEN, Ampie: Die natuurkind, 1924

      Meester, ons boere raak klaar. Die regering moet ons help.

      JOCHEM VAN BRUGGEN, ibid.

      ’n Volk red homself.

      J.D. (VADER) KESTELL, kerkleier, in ’n oproep in die 1930’s om arm Afrikaners deur ’n reddingsdaad op te hef

      . . . die kommando van die sukkelaars . . .

      C.M. VAN DEN HEEVER, skrywer en digter, oor die armblankes wat van die plase na die stede getrek het, Gister, 1941

      Ons hele swart bevolking is ontwortel. Hulle is geproletariseer, verarm en gedemoraliseer. Die tot nou toe klein minderheid wat ’n mate van onderwys gekry het, word werkgeleenthede en effektiewe burger- en politieke regte ontsê. Hulle gevolglike bitterheid voorspel niks goeds vir toekomstige verhoudings tussen swart en wit nie.

      DONALD MOLTENO, politikus, 1946

      Dit behoort nooit te gebeur dat die woede van die armes die vinger van beskuldiging word wat na almal van ons gewys word omdat ons nie op die krete van die mense vir voedsel, vir skuiling, vir die waardigheid van die individu gereageer het nie.

      NELSON MANDELA,

      eerste president van ’n demokratiese Suid-Afrika (1994–1999)

      In hierdie eeu bly miljoene van die mense in die wêreld se armste lande gevangenes, slawe en in kettings. Hulle is vasgevang in die tronk van armoede. Dit is tyd om hulle vry te laat.

      NELSON MANDELA,

      Trafalgar-plein, Londen, 3 Februarie 2005

      Ons leiers moet pasop vir die sirenesang van weelde,

      reuse-herehuise en groot motors, terwyl die meeste van ons mense steeds in liederlikheid leef.

      DESMOND TUTU, geestelike leier en Nobelpryswenner,

      met verwysing na die ANC-regering wat in 1994 aan bewind gekom het

      ’n Risiko om enigiets te besit: ’n motor, ’n paar skoene, ’n pakkie sigarette. Nie genoeg om te versprei nie, nie genoeg motors, skoene, sigarette nie. Te veel mense, te min dinge. Wat daar is, moet gesirkuleer word sodat elkeen die kans kan hê om vir ’n dag gelukkig te wees.

      J.M. COETZEE, skrywer en Nobelpryswenner, Disgrace, 1999

      Elke dag, en gedurende elke uur van ons tyd wanneer ons nie slaap nie, gee die duiwels ingeburger in ons samelewing ons met ritmiese en hipnotiese gereeldheid die raad, ‘word ryk, word ryk, word ryk’.

      THABO MBEKI,

      Suid-Afrikaanse president, tydens die NELSON MANDELA-gedenklesing, Johannesburg, 2006

      Ek het nog nooit gehoor van wittes wat behoeftig is nie.

      THABANG MAKWETLA, adjunkminister van verdediging en militêre veterane, tydens ’n debat in die Nasionale Vergadering oor die voorgestelde Wet op Militêre Veterane, 16 Augustus 2012, aangehaal in Die Burger

Скачать книгу