Gesprekke oor die lewe. Izak de Villiers

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Gesprekke oor die lewe - Izak de Villiers страница 1

Автор:
Серия:
Издательство:
Gesprekke oor die lewe - Izak de Villiers

Скачать книгу

tion>

      

      Gesprekke oor die lewe

      Die laaste gedagtes van

      IL DE VILLIERS

      Saamgestel deur

       Amanda Botha

      Lux Verbi

      ’N LEWENSKETS VAN IL DE VILLIERS

      IL de Villiers was, soos hy dit altyd gestel het, ’n Paarliet, ’n Bolander en selfopgelegde Gautenger. Hy was ’n sensitiewe digter en begaafde skrywer. Daarby was hy ’n onkonvensionele prediker, vlymskerp kritikus en realistiese denker. Met sy toetrede tot die joernalistiek in latere jare was hy eers hoofredakteur van SARIE en later van Rapport.

      Izak Louis de Villiers is op 30 Julie 1936 in die Paarl gebore, ’n enigste kind van Stienie en Louis de Villiers, ’n wynmaker by die KWV. Hy het ’n besondere noue band met sy ma gehad. In sy skryfwerk is daar baie verwysings na haar, ’n bewys van hoe ’n groot impak sy op sy lewe gehad het. Vroeg reeds was hy bewus van haar sterk geloof en van kleins af het God en godsdiens die jonge Izak geboei. As sewejarige het hy vyf sjielings met sy eerste gedig verdien wat hy na Die klein Burger stuur het.

      Hy het in 1953 aan Paarl Gimnasium gematrikuleer, toe nog ’n seunskool. Na Paarl Gimnasium het hy verwys as die skool met ’n ellelange tradisie van gestreepte baadjies en grys broeke, verpligte dasdra, regop staan en regop stap, stilbly in die reguit rye, stukke Shakespeare voordra, deelneem aan ernstige debatte en nooit kla nie. Die skool het hom al die jare baie na aan die hart gelê. Met die skool se 150-jarige viering het hy die goue medalje vir uitnemendheid ontvang. Na matriek het hy aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer waar hy die grade BA, BA-Honneurs, MA en die Lisensiaat in Teologie ontvang het – almal cum laude.

      In 1960 trou Izak met Rina Visser. Hulle het twee seuns, Louis en Jacques. Sy eerste gemeente was die NG gemeente Albertinia (1963-1968), waarna hy na die NG gemeente Bonnievale (1969-1972) beroep is. In 1973 skuif hy van die platteland na die NG gemeente Constantia in die suidelike voorstede van Kaapstad. Tien jaar later het hy die ongewone stap gedoen om die preekstoel vir die redakteurstoel te verruil. Hy is as redakteur van die vroue-tydskrif SARIE aangestel. In daardie tyd (1983-1991) het die sirkulasiesyfer ’n rekordgetal van 240 000 bereik. Van 1991 tot 1997 was hy redakteur van die Sondagblad Rapport, wat ook rekordsirkulasiesyfers behaal het – van 50 000 tot 400 000.

      Tog het Izak in ’n onderhoud erken dat hy jammer was dat hy nie ná sy koerantloopbaan terug na die bediening is nie. In ’n media-onderhoud het hy gesê dat “… alleen op ’n preekstoel voel jy dit – soms, nie altyd nie; jy’s besig met heilige dinge. Wanneer jy die nagmaal uitdeel, iets gebeur met jou; wanneer jy ’n kind doop ... dis dáár. En dis ’n ongelooflike gevoel. Jy kan soos Petrus daar afklim en daardie gevoel van verheerliking uitbuit – en daar was tye wat ek het, maar tot my skade. Die teenoorgestelde is eerder waar. Jy stap daaruit en jy voel klein. Onbenullig.”

      Die hoofrede vir sy aftrede was om meer tyd te vind vir eie skryfwerk. Sy eerste digbundel, Leitourgos, het in 1972 verskyn en het dadelik die aandag op sy besondere talent gevestig. Sy ander digbundels was Manna oor die duine (1974), Gelykenisse en ander verse (1975), Leviet en vreemdeling (1978), Jerusalem tot Johannesburg (2005) en Vervreemdeling (2008).

      Sy Christelike lektuur het steeds ’n baie wye leserskring – plaaslik en ook in die buiteland, veral in die VSA. Sy skryfwerk is onder andere bekroon met die Credo-prys vir Christelike Lektuur vir Leviet en vreemdeling en die M-Net-prys vir poësie vir Jerusalem tot Johannesburg. Depressie, die siekte van ons tyd is met die Andrew Murray-prys bekroon.

      Izak het verskeie gesange vir die Afrikaanse Gesangboek berym en vir jare verskeie godsdiensprogramme op die Afrikaanse radiodiens van die SAUK aangebied.

      Hy het vir dekades die agterblad van SARIE behartig, die politieke hekelrubriek Pollux tot 1997 hanteer en ’n godsdiens- sowel as ’n sportrubriek onder die skuilnaam Anton de Waal geskryf.

      Hy was geseënd omdat hy baie erkenning en toekennings vir sy werk ontvang het. Onder dié wat nog nie vermeld is nie, is die Orde van Disa (Offisiersklas) van die Wes-Kaapse regering; die DF Malan-medalje van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (diens aan die Afrikaanse kultuur en joernalistiek); die FAK se Prestige-prys, die Media-prys van die Nasionale Kankervereniging en twee goue toekennings vir die Beste publikasie van die Christelike Boekhandelaarsvereniging van Suid-Afrika.

      Vir Izak was sy geloof in die drie-enige God en sy Afrikanerskap wesensbelangrik. Soos hy ouer geword het, het hy hom meer en meer deur die mistieke spiritualiteit laat betrek. Hy het dit só verwoord:

      Hoe ouer ek word, hoe kleiner word my begrip vir redenasies en hoe groter my aanvoeling vir die “gesprek” wat Iemand met my voer. En wat ek voel en “hoor”, klop met wat ek in die Bybel lees en beleef wanneer ’n lied aangehef of ’n gebed gebid word. Ek weet dit is die nabyheid van Christus. In dié sin wéét ek Hy het opgestaan.

      En na Hy “weg” is, het Hy die wêreld agtergelaat met ’n onbegryplike en misterieuse kennis vir die wat soek, en ’n vreemde sekerheid van ’n Teenwoordigheid.”

      (Uit: Liedjies uit ’n towerfluit, Christelike Uitgewersmaatskappy 2007).

      Izak Louis de Villiers is op 27 September 2009 oorlede nadat hy met motorneuronsiekte gediagnoseer is. Hy was 73.

      Amanda Botha

      IL DE VILLIERS AS PREDIKER

      Izak de Villiers was een van die mees begaafde predikante waarmee die NG Kerk in die laaste aantal dekades geseën was. Sy skerp intellek, sy besondere leierseienskappe en sy vermoë om mense en situasies op te som het ’n diep indruk gemaak op almal wat sy lewenspad gekruis het.

      Dit is veral as woordkunstenaar wat hy onthou sal word. Sy bydrae tot die Afrikaanse Gesangeboek van 1978 en die Liedboek van die Kerk van 2001 is nie net omvangryk nie, maar ook van so ’n aard dat die meeste van sy liedtekste ’n spesiale plek in die hart van derduisende lidmate van die kerk verower het.

      Naas die bydrae tot hierdie sangbundels het hy natuurlik verdere bekendheid verwerf vir sy werk as digter met ’n hele aantal digbundels waarin nie net religieuse temas nie, maar ook temas van die universele kwessies van menswees aan die orde gestel word.

      Sy woordkuns het ook in sy prediking neerslag gevind. Keurige taalgebruik, treffende woordkeuse en helder formulering het van sy preke onvergeetlike geleenthede gemaak. Soos in sy poësie, het die volheid van die lewe en die wye omvang van lewensvrae ook in sy prediking aandag geniet.

      Sy prediking was soos sy persoonlikheid eiesoortig van aard en nie gebonde aan een of ander konvensionele patroon nie. Filosofiese en literêre verwysings is met anekdotes uit sy eie lewenservaring en vertellings uit die geskiedenis van die mensdom afgewissel. Beskrywende beelde het moeilike konsepte op ’n eenvoudig verstaanbare manier aan sy luisteraars oorgedra. Al hierdie verskillende fasette van sy prediking is deur ’n deurleefde insig in die grondverhaal van die Bybel en ’n onwrikbare liefde vir God gedra. In hierdie publikasie word dit aan die woord gestel.

      Die laaste paar jaar van sy lewe was dit my voorreg om ten nouste met hom te kon saamwerk en ook gereeld na sy preke te kon luister. Tot kort voor sy dood het hy gereeld as prediker in sy laaste tuisgemeente, die Aasvoëlkop-gemeente in Johannesburg, opgetree. Ook daar het sy prediking mense geboei en ’n diep indruk gelaat – nie omdat hy ooit probeer het om mense te beïndruk nie, maar omdat hy oor die vermoë beskik het om die evangelie op ’n oorspronklike manier vir mense toeganklik te maak.

      Dit

Скачать книгу