Ikarus. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Ikarus - Deon Meyer страница 21
“And we urgently need a post mortem. Richter went missing twenty-two days ago, but I saw the body last night, and I’m pretty sure he’s only been dead for about a week.”
“Jissis,” sê kaptein Frank Fillander. En dan dadelik: “Sorry, major,” want Mbali duld nie sterk taal nie.
“That’s the kind of thing we have to keep out of the media, please,” sê Cloete. “Don’t discuss it with anybody outside this group. They’ll go ballistic.”
“Yes. That is an order,” sê Mbali.
“Any torture marks on the body?” vra Vusi Ndabeni.
“Nothing obvious, but I only saw the front side of the upper body. It is clear he was strangled with something.”
“I’ll talk to Salt River,” sê Mbali. “You’ll get your post mortem report by tonight.” Met stille selfvertroue.
“Okay, thanks,” sê Cupido. “There’s a hell of a lot of work to be done, so let’s get started. I’ve printed out all the articles on Richter that John sent me. If you could all read them, please.”
Majoor Kaleni knik haar kop goedkeurend. Cupido moet konsentreer om hom nie te vererg nie. Het sy gedink hy is ’n pampoen?
“Willem,” sê hy vir kaptein Liebenberg, “if you could do the interview with the mother, Bernadette Richter. Uncle Frankie, I’d like you and Vusi to get all the forensic stuff to the PCSI, and the cellphone records to Philip. We need a web.” Kaptein Philip van Wyk en sy span van IMC, die Valke se Inligtingsbestuursentrum, gebruik rekenaarprogrammatuur om ’n spinnerak van verbintenis te trek tussen alle selfoonoproepe of SMS’e, vanaf ’n sentrale nommer.
“Right,” sê Frankie Fillander.
“There was a phone found near Richter’s body. The Table View docket says the phone is stone dead. It’s now with Forensics in Plattekloof. If you could get it to Lithpel and see if he can get it going again. If it’s Richter’s phone, we also need Lithpel to look at his Tinder account.”
“What is Tinder?” vra Mbali Kaleni.
“It’s a dating app for phones.”
“A dating app?”
“Yes, major. To meet people, to get a boyfriend. Or a girlfriend.”
“Hayi,” sê Mbali in afgryse.
“Richter met the girlfriend, Cindy Senekal, through Tinder. But there might be other women too …” Hy wend hom weer tot Fillander en Ndabeni: “Also get Lithpel to look at Facebook, Twitter, Instagram, the usual suspects. Richter was in the tech industry, so he’s probably into all that stuff. Bennie and I are going to the Alibi offices now …”
* * *
In die kar, op pad na Alibi.co.za se kantore op Stellenbosch, sê Griessel: “Dit was nie Mbali se skuld nie, Vaughn. Sy’t my eintlik ’n guns gedoen.”
Cupido bestuur. Hy kyk net met ’n skepties geligde wenkbrou na sy kollega.
“Vollie het … as Vollie gedrink het, sou hy nie …”
Cupido maak ’n geluid van volkome ongeloof.
Griessel lig sy hand, ’n gebaar wat sê hy verwag nie dat iemand sal verstaan nie.
Tot sy verstomming reageer Cupido glad nie. Hulle ry in stilte, tot Vaughn sê: “As jy die goed oor Richter wil lees …” Hy beduie na die agterste sitplek.
Griessel wonder wat in Vaughn gevaar het. Maar hy knik net, neem die lêer, maak dit oop en begin lees.
* * *
Die adres wat Cupido by Cindy Senekal gekry het, is in Distillerystraat, anderkant die Stellenbosch-begraafplaas in Bosman’s Crossing. Hulle identifiseer die gebou – ’n ou fabriek wat keurig opgeknap is – toe hulle die kudde mediamense sien wat saamdrom voor die deur. Drie sekuriteitsbeamptes staan met hul rug na die voordeur, arms voor die bors gevou, om die verslaggewers, fotograwe en een TV-kameraman uit te hou. Daar is geen ander, opsigtelike aanduiding dat dit Alibi se kantore is nie.
“Die sirkus is al hier,” sê Cupido. “Send in the clowns.”
Die speurders parkeer voor die Pane e Vino-restaurant skuins oorkant, haal solank hul eieningskaarte uit, en loop dan om die media. Die vrae kom onmiddellik. Is julle van die Valke? Het julle ’n verdagte? Was dit iemand by Alibi? En die onvermydelike Het almal alibi’s? Dan ’n gelag en die geknetter van kamerasluiters.
Hulle stap kop omlaag, ignoreer alles en gaan wys hul kaarte vir sekuriteit. Eers toe hulle by die glasvoordeur kom, sien hulle die klein bronsplaatjie: Alibi.co.za. Head Office.
Binne is dit groot oop ruimtes, ’n mengsel van ou en nuwe fasades, baie glas en die spatsels helder kleure van baldadige abstrakte kuns op groot, spierwit doeke.
En dit is spookagtig stil, net die klein oproer van buite hoorbaar. Hulle kan groepies werknemers – meestal jonk – sien wat gedemp en verslae staan en praat. Sommige huil.
Die ontvangstoonbank is ’n lang, getekstureerde tafel van Oregon-den. Die vrou daaragter lyk of sy nog op skool moet wees. Haar gesig is stroef. Cupido wys sy SAPD-eieningskaart en vra of hulle met Desiree Coetzee kan praat. Sy fluister in die telefoon, vra dat hulle net ’n oomblik moet wag en wys na twee elegante bruin leerbanke. Cupido bedank haar. Hulle gaan sit, daarvan bewus dat al hoe meer van die personeel na hulle begin staar.
“Funny dress code,” sê Vaughn, want dis T-hemde, denims, selfs ’n paar kortbroeke, net waar jy kyk. “Major Mbali’s worst nightmare.”
“Jy behoort tuis te voel,” sê Griessel.
“Sy’t nog nie ’n woord gesê oor my klere nie. En toe maak sy my JOC leader. Ek sweer sy’t ’n scheme. Ek weet nog nie wat dit is nie, ma’ ek sê jou nou, dit gaan nie werk nie.”
Die bruin vrou wat by ’n houttrap afkom, is beeldskoon. Sy dra ’n knielengte kortbroek, ’n wit T-hemp en sandale, haar bene lank en lenig. Gitswart hare hang oor haar skouers. Maar dit is haar oë wat vir Cupido vasvang – skakerings en spatsels goud en koper, soos dié van ’n leeu.
“Ek is Desiree Coetzee,” sê sy en steek haar hand eerste uit na Griessel.
Hoekom werk dit altyd só, wonder Cupido. Almal assume die whitey cop is in charge. Hy moet werk om sy verbasing oor Desiree Coetzee weg te steek. Hy het ’n wit vrou verwag. Soort van ’n middle-aged managerial spinster type, Coetzee is nie ’n vreeslik algemene coloured van nie. En nou hierdie bronze beauty …
Hy wag vir sy beurt, skud haar hand, sien die perfekte tekstuur van haar vel en sê: “Ek is jammer vir julle loss. Ek is die Valke se Joint Operations Command leader op hierdie case. Ek het gisteraand try bel, ek wou nie gehad het julle moet in die koerante lees van die ding nie.”
“Ek het vanoggend die boodskap gekry, maar daar was nog nie tyd …”
“Ek verstaan, miss Coetzee. Kan ons iewers praat?”
Desiree