Flentermens word heelmens. Helena Olivier

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Flentermens word heelmens - Helena Olivier страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Flentermens word heelmens - Helena Olivier

Скачать книгу

ection>

      

      Flentermens word

      heelmens

      Helana Olivier

      Lux Verbi

      Flentermens …

      word heelmens.

      Flentermens …

      word bemagtig om …

      ná die verlies wat jy ervaar het weer op jou eie bene te staan

      en ander te help om God deur hul verlies opnuut te herken

      sodat ons ’n nuwe storie van liefde in ons lewe kan skryf.

      Serenity Prayer

      God, grant me

      the serenity to accept the things I cannot change,

      the courage to change the things I can,

      and the wisdom to know the difference.

      Woord van die skrywer

      Flentermens word heelmens is nie ’n handboek nie, want ek is nie ’n deskundige nie. Met hierdie boek probeer ek jou net help om deur jou pyn te werk en weer beheer oor jou lewe te neem.

      Dit is ’n groot uitdaging vir mense oor die wêreld heen om hul verlies te verwerk, watter aard die verlies ook al aangeneem het. Dit is ook nie maklik om ander mense se ware seer raak te sien en hulle in hul hartseer te ondersteun nie. Tog glo ek ons moet probeer om ’n samelewing te skep waarin ons nie net vinnige antwoorde en oplossings gee nie, maar onsself en ander mense werklik die tyd en ruimte gun om tydsaam te herstel; ’n samelewing waarin ons liefde, genade en vergifnis uitdeel.

      Kortom, ons moet probeer om meer empaties te wees deur ’n hele ent in die gebroke mense rondom ons se skoene te loop.

      In hierdie boek probeer ek daarom nie antwoorde gee op die hoekom van verlies nie, maar wenke bied hoe ons mekaar in ons verlies kan ondersteun en bemoedig. Ek gee ook voorstelle hoe ons met groter deernis, liefde en empatie kan leef saam met dié wat ’n moeilike pad moet stap.

      Só het ek te werk gegaan om hierdie boek te skryf

      Ek dra altyd notaboeke en ’n pen met my saam, waarheen ek ook al gaan. Ek het geleer dat ek dikwels op die mees onverwagte oomblikke van die lewe of op die vreemdste plekke of in die verrassendste situasies iemand ontmoet wat later deel van my stories kan word. Terwyl ek hierdie boek geskryf het, kon ek na my notaboek toe teruggaan.

      Omdat ek wou uitkom by die hart van mense wat ’n verlies ervaar het, het ek talle onderhoude, oor Skype en persoonlik, met mense gevoer. Ek het ook saans ondersteuningsgroepe bygewoon en ’n vraelys opgestel wat ek vir talle mense per e-pos aangestuur het. Oor ’n tydperk van drie maande het ek die inligting saamgevoeg en verwerk.

      My ondervinding as studiekoördineerder vir mediese navorsing in my man se praktyk het my hier goed te pas gekom. Deeglikheid is immers ’n voorvereiste vir hierdie soort navorsing. Ek kon ook gebruik maak van my ervaring as berader, en van al die notas en kursusse wat ek bygewoon het.

      Ek het jarelank ’n dramastudio gehad en het dikwels te doene gekry met kinders met allerlei probleme. Dit het my altyd fassineer hóé kinders met behulp van die kreatiewe tog vir ’n wyle as deel van ’n groep goed kon funksioneer en daardeur selfwaarde kon ervaar.

      Ek stel opreg belang in mense. Eerlikheid is ook vir my ’n topprioriteit. Daarom was ek altyd deursigtig en het ek aan almal verduidelik waarmee ek besig is. Dit is vir my belangrik om mense se vertroue waardig te wees. Ek haal dus niemand by name aan indien ek nie hul toestemming daarvoor het nie. Skuilname word aangedui met ’n asterisk.

      Vir die doel van hierdie boek moes mense my vertrou om hul diepste gevoelens met my te deel. Ek het dikwels oneindig nederig gevoel omdat ek besef het ek betree hierdie mense se persoonlike ruimte. Ek is ongelooflik dankbaar teenoor hulle elkeen.

      Ek wou egter ook van die kundigheid van professionele mense gebruik maak.

      Dr Pieter Olivier is die afgelope 33 jaar ’n algemene praktisyn in Natal. Hy kry elke dag te doen met die probleme wat ek in hierdie boek aanraak. Hy self doen mediese navorsing en het ’n spesiale belangstelling in Aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD) en Aspergersindroom. Hy bly op hoogte van die nuutste ontwikkelings op hierdie gebiede. Hy het ’n besonderse deernis met sy pasiënte en sy kundigheid word hoog waardeer.

      Dr Annes Nel woon tans in Noord-Ierland. Hy is ’n predikant en die skrywer en medeskrywer van 20 boeke. Hy het ook drie boeke vertaal. Annes glo elke mens het ’n plek in God se hart en hy wil graag mense bewus maak daarvan dat die kerk ’n plek vir gebrokenes is. Daarom skryf hy graag oor gebrokenheid en wanhoop. Sy boeke dien as instrument om genesing in die wêreld te bewerkstellig.

      Ek hoop ek het oral erkenning gegee aan alle skrywers wat ek aangehaal het. As ek nie toestemming gevra het nie, vra ek om verskoning.

      Helana Olivier

      Inleiding

      Die oproep

      Dit is vroeg Donderdagoggend toe die telefoon lui. Ons is nog half aan die slaap onder die winterduvet. Ek in my pienk slaapsokkies wat ma Lena in plein en purl vir my gebrei het.

      My man antwoord die telefoon. ’n Grysheid kruip oor sy vel. Ek weet instinktief iets is fout. Uit sy vrae en antwoorde lei ek dinge af wat ek eintlik nie wil hoor nie.

      Sy ma, 86, is twee weke tevore geopereer. Ons het geglo sy sou nog minstens tien jaar rustig kon leef. Hy sit die telefoon neer, draai sy kop stadig na my toe.

      “Ma is so pas oorlede.”

      Ek weet nie wat om te sê nie. Ek is nog nie dikwels met die dood gekonfronteer nie. My ouers leef nog. Ek kan nie sê: “Ek verstaan” nie, want ek dink nie ek weet regtig presies hoe hy op daardie oomblik voel nie. Hy lê doodstil langs my.

      Ná ’n rukkie bel ek my ouers. Toe SMS ek ons beste vriende. Dit voel so onwerklik om die boodskap te tik, maar ek weet nie eintlik wat anders ek moet doen nie.

      Ek staan op en skuif die slaapkamergordyne oop sodat ek op die tuin kan afkyk. Die tennisbaan is nat. Daar moes vroëer ’n bui reën geval het. Die blare roer nie. Ons jongste dogter is vir ’n paar weke by die huis. Sy kom lê in haar pa se arms en snik sag.

      Hoe gaan ons die nuus oordra aan ons ander dogter wat oorsee woon? Sy is daar ver, alleen. Ek whatsapp haar: “Skype my so gou jy kan.”

      Onmiddelik reageer sy.

      “Wat is fout?” En ek weet ook sy weet instinktief iets het gebeur. Sy is seker nog besig om klas te gee.

      “Sal jou sê wanneer ons skype.” Kort daarna hoor ek die Skype-luitoon op my rekenaar.

      “Wat is fout, Ma?” Sy is ’n vrou. Sy weet as daar iewers fout is.

      In my kop soek ek na die regte woord. “Oorlede” klink so formeel. “Gesterf” ook.

      “Ouma Lena is vanoggend dood.”

      Die

Скачать книгу