Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning. Elmer L. Towns
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу Die Daniël-vas vir geestelike oorwinning - Elmer L. Towns страница 7
6.Lê ’n gelofte af. Weer eens, onthou dat vas ’n persoonlike gelofte is wat jy aflê. Selfs al vas jy saam met ander mense in jou gemeente (of selfs net saam met een ander mens, soos jou lewensmaat), moet jy eers persoonlik met God daaroor praat voordat jy dit aanpak.
Om ’n kontrolelys vir jou vas in te vul sal jou help dink aan al die fasette van wat jy op die punt staan om te doen. Let daarop dat jy nie jou gelofte hoef te onderteken nie, maar dis tog ’n goeie ding. Wanneer jy ’n kontrak met die wêreld sluit, verbind jy jou aan ander mense en aan wat jy saam met hulle sal doen. Wanneer jy saam met ander mense vas, verwag hulle van jou om jou kant te bring. Teken daarom die kontrolelys as ’n belofte aan God en aan jouself. Daarmee verklaar jy: “Here, dit is wat ek sal doen.”
Nou is dit jou beurt. Wanneer jy jou kontrolelys opstel vir die projek waarvoor jy wil vas en bid, kan jy gerus ook na die bylaes agter in hierdie boek kyk. Dit gee nuttige inligting oor die redes vir vas, die verskillende soorte vas waarvan ons in die Bybel lees en praktiese hulp ten opsigte van jou gesondheid terwyl jy vas. Ek beveel aan dat jy jou kontrolelyste hou as ’n verslag van jou geloofsreis. Hopelik sal jy ook met ’n joernaal begin waarin jy hierdie dokumente kan bêre, bewysstukke van hoe jy jou lewe lank op God vertrou en na ’n hegte verhouding met Hom streef.
Here, ek wil ’n groot behoefte voor U neerlê. Help my om te vas terwyl ek vir hierdie behoefte bid.
Here, my geloof is nie altyd sterk nie en ook nie altyd standvastig nie. “Ek glo . . . Help my in my ongeloof” (Mark 9:24).
Here, ek belowe om te vas volgens die kontrolelys wat ek opgestel het. Help my om my gelofte na te kom, en verhoor asseblief my gebed.
Amen.
Deel 2
’n Leesgedeelte vir elke dag
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.