Jou Romeo. Fanie Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Jou Romeo - Fanie Viljoen страница 5

Jou Romeo - Fanie Viljoen

Скачать книгу

en voorskoot. Een hand op die heup terwyl sy kosmaak. Haar hare is net so rooi soos Yvette s’n, en opgebind in ’n perfekte Franse bolla. Hulle huishulp, Maria, sit by die tafel en koerant lees. Iets oor ’n miljoenêr wat van moord aangekla is. Sy is ook netjies uitgevat, haar hare mooi gedoen in los krulle.

      “Môre, Ma. Sawubona, Maria,” groet Yvette.

      Maria kyk vinnig op, groet en lees dan verder.

      “Môre, skat,” sê haar ma.

      In die verbystap loer Yvette na die stoof waar vaal vegan-worsies in die pan braai. Soos gewoonlik is daar geen olie nie. “Dis gesond,” sê haar ma altyd, dan haal sy vir Shakespeare aan: “Our bodies are our gardens, to the which our wills are gardeners.” ’n Mens kan seker nie met Willem Wikkelspies stry nie, maar hy het seker nie ’n vegan-worsie in sy tyd gesien nie, wat nog te sê van een geëet?

      Yvette stap na die toonbank toe. ’n Gesondheidsbroodjie lê alreeds gesny op die broodplank. Langsaan lê ’n sakkie Pink Lady-appels. Sy kry een. “Ons sien vandag vir meneer Potgieter oor die produksie,” sê sy toe sy die appel vir later in haar skooltas glip.

      Haar ma se perfekte maroen lippe kry ’n streng trek. “Dit is ’n skreiende skande. Ek hoop regtig julle kan tot ’n vergelyk kom.”

      “Suka!” roep Maria skielik hard uit. Ontsteld wys sy na die foto in die koerant waar Yvette se ma buite die hof staan. Sy het haar swart toga aan, maar lig haar briewetas om teen die flitsende kameras te skerm. “You must smile at the camera sometime!” sê Maria asof sy goed vertroud is met die media en paparazzi-peste.

      Yvette se ma trek ’n gesig. Sy draai die stoof af, dan kom sy met die pan toonbank toe en begin die ontbyt in borde skep. “Daardie kamera-mense is soos aasvoëls.”

      Yvette kom sit aan. Haar wenkbroue lig. Sy kry ’n stoute glinstering in haar oë toe sy na Maria oorleun en fluister: “I advokheti nayo iyafana nenqe.” ’n Advokaat is eerder soos ’n aasvoël.

      Maria lag sameswerend.

      “Ek kan hoor hoe julle skinder,” sê Yvette se ma.

      Speels trek Yvette haar gesig. Uitgevang! Sy geniet dit om af en toe haar ma se been te trek. Sy is altyd so ernstig.

      “Daar’s hy, bon appétit!” roep haar ma uit en sit die kos voor hulle neer. Die borde klink op die graniettoonbank.

      Yvette loer onderlangs na Maria. Hulle huishulp se oë rek. Sy steek die vaal, vleislose worsie met haar vurk, klap haar tong. “Twenty-seven years in jail for vegan sausage?” Sy tik Yvette op die arm. “Ai, the struggle continues, my girl.” Toe lag sy lekker uit haar maag uit.

      Dis die slegste tyd van die dag vir Marko Marais. Wiskunde. Moeiliker as om ’n opwipbal te trotseer.

      Juffrou Goosen, die wiskundeonderwyser, stap paraat in die gangetjie tussen die lessenaars af. ’n Mens moenie toelaat dat haar mooi blonde hare, die pêrels om haar nek of die vintage-geïnspireerde rok jou mislei nie. Sy het so ’n G.I. Jane-klap weg. Dit maak haar scary.

      Vandag deel sy gemerkte toetsvraestelle uit. Een daarvan land op Mildred se lessenaar.

      Marko vou sy hand om ’n krieketbal. Hy wil liewers nie met die onnie oogkontak maak nie. Sy beurt kom nog …

      “Minder boer op sosiale media, Groenewald. Minder!” sê juffrou Goosen streng.

      Mildred is soos gewoonlik op haar eie planeet. Sy karring steeds met haar selfoon. Die ander leerders onderdruk ’n laggie.

      Dan is juffrou Goosen by Marko. “Marais,” sê sy hard.

      Die noem van sy naam stuur ’n koue rilling langs Marko se rug af. Hier kom dit.

      Die vraestel land met ’n plof op sy lessenaar. Juffrou Goosen pers haar lippe ontevrede saam.

      Marko loer bang na die rooi skrif. 33%, staan boaan in ’n sirkel.

      Dit voel of ’n krieketbal sy paaltjies tref. Maar hierdie paaltjies is in sy borskas. Flippit, dink hy.

      Die ander leerders lag weer. Brink sit by die lessenaar langs Marko. Hy loer onsimpatiek na die skade. Marko haal sy skouers op, skuif die vraestel weg en speel verder met die krieketbal asof die lae punt hom nie pla nie.

      Maar juffrou Goosen se oë pen hom steeds vas. “Jy sal moeite moet doen as jy deur matriek wil kom.”

      Die woorde sny deur Marko. Dit gaan hy ook nie wys nie.

      Skelm leun Brink oor na hom toe. “Jis, bra, is jy oukei daar?” vra hy spottend. Dan kyk hy vir die onnie. “Hy’t nie nodig om deur matriek te kom nie, juffrou. Ons gaan tog vir die Proteas open.”

      “Presies,” sê Marko vol nuwe moed. Hy en Brink vuisstamp triomfantelik. “ ’n Paar seisoene van die IPL en ons is set for life!” Daar voor in die klas vang hy Yvette se oog. Dit lyk of sy prentjies teken in haar wiskundeboek.

      Juffrou Goosen sit haar hand op haar heup. “En wie gaan julle finansies behartig as daai miljoene eers inrol?”

      “Bestuurders,” staan Brink reg met die antwoord. “Finansiële bestuurders!”

      “Aa-aa-aa! En wie gaan julle bestuurders bestuur as jy nie eens twee en twee bymekaar kan tel nie, piesangbrein?” vra juffrou Goosen uit die hoogte. Marko laat sak die krieketbal op die lessenaar. Hy het nie daaraan gedink nie. Juffrou Goosen se kop is weer superskerp vandag. Nes haar tong. “Fokus net vir een dag daarop om ’n merkwaardige mens te wees, nie net ’n beter krieketspeler nie. Jy sal verstom wees, elke dag.”

      Marko loer stil na sy pel. Brink lyk ook skielik onseker.

      Gelukkig gaan soek juffrou Goosen nou ’n ander prooi. Sy hou aan met vraestelle uitdeel. By Yvette se lessenaar steek sy vas. Marko hou hulle dop, bly dat sy tongloesing verby is.

      “Ek wil graag ons topkandidaat uitsonder,” sê juffrou Goosen. Sy laat val die vraestel op Yvette se boek. Marko hou sy asem op. Waarmee gaan juffrou Goosen hierdie keer fout vind?

      “Verwey, jy het soveel talent,” sê die onnie en sug. “Ek hoop jy vind jouself, eerder vroeër as later.”

      Yvette glimlag. Marko ook. Terwyl juffrou Goosen na die ander leerders toe stap, waag hy ’n laaste kyk in Yvette se rigting. Sy het haar boek weer oopgeslaan en is terug by haar skets.

      6

      #Konsertjie

      ’n Ongemak krap aan Yvette waar sy in meneer Potgieter se kantoor sit. Om Tyler langs haar te hê help al, maar steeds wens sy sy kon eerder op ’n verhoog wees, of in haar kamer lê en woorde leer.

      Haar blik dwaal deur die kantoor. Dagboeke, lêers en ’n bos sleutels lê op die lessenaar. Daar is ook ’n klein metaalaardbol op ’n houtstaander. Weerskante van die lessenaar staan twee lewensgrootte kartonfigure van krieketspelers. Yvette herken nie een van hulle nie. Krieket is nie haar ding nie. Soos fotografie duidelik nie meneer Potgieter s’n is nie. Kyk net daardie twee foto’s van hom teen die muur. Hy het ’n breërand-kriekethoed

Скачать книгу