40 dae tot hoop. Ronell Bezuidenhout

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 40 dae tot hoop - Ronell Bezuidenhout страница 7

40 dae tot hoop - Ronell Bezuidenhout

Скачать книгу

jou vandag so ’n stilhouplek sodat jy die waarde van jou lewe kan bedink. Sodat jy die lokvalle kan systap en die weg wat God jou wys, kan leer ken.

      Sodat jy môre, met die eerste tree ’n nuwe week in, kan uitroep: “I love traveling this freeway.”

      Gebed: Here, maak my selfs méér opgewonde oor hierdie hartsreis!

      Geloofsgewoonte 4: Die sewe classics

      ’n Geloofsgewoonte is iets wat jou help om jou lewe só in te rig dat jy al hoe meer in jou toewyding aan God en jou diens aan jou medemens kan groei. Deur die eeue heen was daar sewe spesifieke gewoontes wat gelowiges gehelp het om staande te bly.

      Drie van die gewoontes het met ons lewe en ons leefwyse te doen:

      •om te vas

      •om te gee

      •om dikwels ’n geloofsmaaltyd saam met ons medegelowiges te vier

      Nog drie van hierdie gewoontes het met die bestuur van ons tyd te doen:

      •vaste tye vir gebed

      •die viering van ’n rusdag

      •om die lewe volgens seisoene te leef (die Advent-seisoen; die Lydenstyd-seisoen; die Pinkster-seisoen, ensovoorts).

      Die sewende gewoonte raak sowel ons liggaam as ons tyd-bestuur:

      •’n pelgrimsreis.

      Ons vroegste geloofsouers het klaarblyklik met dieselfde dinge gesukkel as dit waarmee ons vandag in die 21ste eeu probleme ondervind, naamlik: Hoe maak ons met die té min ure in ons dag, en hoe leef ons die lewe in ons liggaam?

      Deesdae verwoord ons dit dalk ’n klein bietjie anders, maar die betekenis is presies dieselfde. Ons vra: Hoe maak ek ruimte vir God in my besige lewe? En: Hoe behou ek perspektief in dié tyd wat ek verslaaf geraak het aan die gesig in die spieël, of wanneer ek wens dit was eerder ’n ander gesig …?

      Die uitdaging hier is om hierdie geloofsgewoontes vir jou eie lewe se vorming te gebruik. Daar is immers net een doelwit: om dit wat jy doen, dit waarmee jy jou besig hou, só te doen dat dit “vir die Here” gedoen word. Om die manier waarop jy jou tyd deurbring, en die manier waarop jy jou omgewing en jouself versorg en versier, só in te rig dat dit “vir die Here” gedoen word.

      WEEK 2

      Eerste Sondag in Lydenstyd:

      Gebed as jou intiemste jy

      Dag 5

      Gemaksones

      Geloofsgewoonte 5:

      ’n Oefening in “oorbegin”

      Dag 6

      “Heaven is real!” … Ja, hier op aarde!

      Geloofsgewoonte 6:

      Bedink geloofsgroei

      Dag 7

      Slegte bemarking

      Geloofsgewoonte 7:

      Bedink waarom, dan hoe

      Dag 8

      Ego-bestuur

      Geloofsgewoonte 8:

      Kyk weer … en weer … en bly bid

      Dag 9

      Gister se lesse

      Geloofsgewoonte 9:

      Vyf vrae

      Dag 10

      Gebedsonderbreking

      Geloofsgewoonte 10:

      Bedink die ure in jou dag

      Eerste Sondag in Lydenstyd: Gebed as jou intiemste jy

      Don’t try to reach God with your understanding;

      that is impossible.

      Reach him in love; that is possible.

      Vader Carlo Carretto

      Gebed en liefde is onlosmaaklik deel van mekaar. Soos vir enige twee verliefdes, spoel die liefdestaal aanvanklik vryelik oor jou lippe. En namate dié twee mense mekaar beter leer ken, word hulle gemakliker met stilte. Die weet-van-mekaar begin op ander vlakke as gesels gestalte kry.

      Ek sien dit in my ouers se verhouding met mekaar. Ná ’n huwelik van bykans 60 jaar is die verlange na die ander een se daarwees, se blote teenwoordigheid, belangriker as die behoefte aan ure se gesels. En ek hoor dit by ons Oupa Klonkie wat by die voordeur inkom, en sy eerste woorde is: “Meidjie, waar’s jy?”

      Bloot die neerskrywe hiervan laat my dink aan God se “waar is jy?” in Genesis 3:9. Hierdie vraag laat ons ’n brose God sien. Een wat geselskap soek. Wat ’n ander se teenwoordigheid opsoek. En as jy nie antwoord nie, word dié soeke selfs meer intens: Wáár ís jy!

      In Letters from the Desert help Carlo Carretto ons om dit alles te verstaan. Hy skryf onder meer: “The soul converses with God with a single loving glance, although this may often be accompanied by dryness and suffering.”

      Ek is daarvan oortuig dat dit vir ons nodig is om deur verskillende gebedsfases te gaan voordat ons hierdie “single loving glance” tussen ons en God kan verstaan.

      En die eerste fase begin gewoonlik met die sekerheid dat God ons hoor. Dit sou ek bloot wou noem: Bid deur te praat.

      Gebed is eenrigting-kommunikasie. Nie ideaal nie, nè? Nietemin is dit vir bidders baie bevredigend. Hulle weet: Ek praat met God. Ek bring my behoeftes na Hom toe. Ek leer om ander se nood raak te sien, en ek kan ook dit na God toe te bring. Daar is geen onsekerheid oor die feit dat God na my luister nie.

      Ek kan onthou hoe ek as ’n tiener onseker was of daar ’n regte manier is om te bid, en toe het iemand my dié raad gegee: Praat net!

      Alhoewel Jesus se woorde oor gebed in Matteus 6 ’n eie fokus het, verstaan ons tog dié woorde: “ … gaan na jou kamer toe, maak die deur toe …”

      En praat! Vra. En as jy reg vra, sal daar vir jou gegee word. Hieroor is daar weinig onduidelikheid.

      Maar daar kom ’n tyd dat gebed nie meer so eenvoudig is nie. Jy sou dit goedskiks ontnugtering kon noem. Jou prentjie van God begin ook verander as die “vra” en “gegee word” nie meer met mekaar ooreenstem nie.

      Steeds klink die formule helder op: Bid in my Naam, en vir julle sal gegee word. Maar dié duidelike opdrag-en-gevolg klop nie meer met jou belewenis nie. Dan probeer ons dit – onbeholpe! – verduidelik en sê: God sê soms ja (soos die groen verkeerslig wat sê “ry”). Soms sê God: Wag, nie nou nie,

Скачать книгу