Sara. Maretha Maartens

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sara - Maretha Maartens страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
Sara - Maretha Maartens

Скачать книгу

het Abraham haar vertel, “het ook ek hulle geantwoord. Ek was ’n ywerige leerling. Ek het gou en luidkeels geantwoord, ek wou een van hulle gunstelinge wees.”

      “Al het jy toe van tyd tot tyd saam met abum Tera na jou groot-groot-grootjiegroot Noag gegaan? Al het jy hom met abum Tera en met jou oor God se groot openbarings aan Henog, die Oue, hoor praat?”

      “My vader het die gesprekke met abum Noag ongemaklik gevind,” het Abraham daardie dag vir haar gesê. “Ons het min besoeke aan hom afgelê. Die keer ná ons troue, toe al drie van ons na hom is, was abum Tera se guns aan my en jou. En ’n bittere opoffering vir hom.”

      Abum Tera wou hê dat Abraham ’n skribent kon word, een van dié wat die geskiedenis van die land tussen die riviere, die veldslae en die handelsooreenkomste van Sumer kon neerskryf, sodat dié wat ná hulle kom, sou weet wie hulle is en waar hulle vandaan kom. Maar bo alles ’n priester, ’n priesterskrywer. Ja, gedurende sy twaalf jaar in een van die grootste edubbas van Ur moes hy toegewyd genoeg studeer om toegelaat te word om ook in sterrekunde, medisyne of Sumeriese regspraak onderrig te word.

      Maar die belangrikste was dat hy hom vir die priesterskap in diens van die maangod Sin moes bekwaam, vir die posisie van alle beheer oor grond en water en handel.

      En toe gebeur wat gebeur het.

      Hy wat Hom as El Shaddai aan Abraham bekend gestel het, het alle bedoelings wat Tera met Abraham se twaalf jaar in die edubba gehad het, ongedaan gemaak. Abraham sou sy seuns anders as die Sumeriërs onderrig, eers vir Ismael, toe vir Isak. En hy sou sy seuns onderrig in ’n ver land waarin hy hoogstens oor die aankoop van ’n grot as grafkelder sou kon onderhandel. Niks meer nie, nie die grootte van sy handpalm as eie grondgebied nie.

      “Wat is ’n spiraal, Ismael, Isak?”

      Isak was skaars drie jaar oud toe hy die spiraalvorm met die middelvingers en duime van sy twee seunshandjies vir Abraham gemaak het: “Dit lyk só, Abum. Maar dit moenie naels hê nie.”

      “Jy is reg. Jou naels is baie vuil. Was jy dan nie jou hande nie?”

      Hoe het hulle saam gelag wanneer Isak Abraham se hand tussen sy twee handjies gevat en op sy bobeen laat lê het, palm ondertoe, elke brokkelrige ou vingernael oop en bloot. “My naels lyk soos my abum s’n.”

      Dan het hulle daar gesit, haar ouman, met Isak teen hom, so dig teen hom asof hy soos ’n kuiken onder die ouer se vlerk ingekruip sit, met net ’n voëlpootjie wat uitsteek.

      Hoe sag het Abraham gepraat, hy wat volgens hierdie Amoriete ’n stem het wat in die tyd toe hulle hier gewoon het, tot bo in die rante gehoor kan word: “Jy antwoord reg. Jy maak ’n mooi spiraal met jou vingers. Maar waar is die spirale wat El Shaddai gemaak het, my seun?”

      Isak het nie sommer net geantwoord nie, altyd eers boontoe gekyk. Alles word mos van kleins af stil deurdink.

      “Die spirale is nie nou daar nie, Abum.”

      “Maar jy dink dit is daar, al kan jy dit nie in die dag sien nie, nè?”

      “Ek dink nie, Abum. Ek weet.”

      “Vertel mooi vir my wat jy weet?”

      Hy het so ’n soet stemmetjie gehad, Isak. Soos die soet gezoem van heuningbye waar soet nektar in oorvloed te vind is.

      Sara het dikwels op haar tone van agter af nadergegaan om te luister.

      “Ek weet ons familie gaan so baie wees soos … soos al die sterre in al die spirale.”

      “En so baie soos …”

      “… die sand van die see.”

      “Jy sê reg, my seun,” het sy Abraham hoor sê. “Hoekom is jy so seker dat dit sal gebeur?”

      Dan raak Isak stil en nestel die vingertjies met die vuil vingernaels maar net tussen Abraham se oumansvingers in, asof hy hom aan sy vader vasknoop.

      Abraham was nog altyd so; maak tiendubbeld seker van alles. Oor en oor. Hoe moedeloos maak hy sy manne nie, maar só is hy. Hamer alles in, oor en oor. Só was hy al die jare met Isak en ook met Ismael.

      “Meneer Abraham is soos Tamâm wat Amira se sieklike enetjie drie mantels oormekaar laat aantrek sodat hy tog net nie koud moet kry nie,” het Rahel eenkeer gesê. “Daar is nou vir jou ’n bemoeisieke ouma, Mevrou.”

      Dus, die drie-mantel-seker-maak-vraag aan die vierjarige Isak vir wie die besnydenis van elke pasgebore seuntjie in die nawûm nog maar net op een ingenome asemstootjie uitloop: “Nou is hy ook die Here s’n!”

      Dít het Abraham hom geleer, en dit kon hy verstaan. “Soos wat Abum die bokkies en lammertjies merk, so het Here gesê dat Pappa sy mense vir Hom moet merk, my seun.”

      Die belofte van die seesand het Isak die moeilikste van alles verstaan. Hy wou weet wat die see is, of die sand van die see anders as die sand van Berseba en die klipwoestyn is. Dan het Abraham vir hom gesê dat hy hom eendag na die groot see sou neem, sodat hy seesand kan opskep en na die korreltjies kan kyk. Maar dat hy tog die belangrikste vraag moes beantwoord: “Hoekom is jy so seker dat ons familie so baie sal word soos al die sterre in al die spirale in die naghemel? So baie soos die sand van die see wat Pappa nog vir jou sal gaan wys, my seun?”

      Die heuningbystemmetjie, in salige onwetendheid dat dié ontsaglike menigte uit sy lendene verwek sou word: “Ek weet mos.”

      HOOFSTUK 6

      Hebron – Kirjat-Arba – is die kern van die spiraal van Kanaän. Hier is alle ou mense se nagte eenders. Meer as sestig jaar gelede het ons Sigem van Damaskus se kant af bereik, maar hier verbygetrek, Egipte toe. Ons was kinderloos, Abraham, maar nog hoopvol. Van Egipte af het ons hier inspiraal, jare lank hier op gehuurde grond gebly. Toe weer uitspiraal: Gerar toe, Berseba toe: swerwers, huurders. Nou is ek sonder jou terug in die kern, met oues van dae vir naggeselskap en nie ’n handbreedte eie grond vir ’n graf waaroor mense nie sal loop nie.

      Een van die twee ou vroue het laas nag lank in die verste hoek van die tent bly vroetel en geluide maak.

      Is dit hoe hoog bejaarde Amoriete snags tot rus kom: so selfbehep en luidkeels aan die kerm oor die nagellendes van die ouderdom: rugpyn, heuppyn, buikpyn, krampe in die kuite, pyn in die bors, pyne tot in die vingerpunte?

      Snags het ons almal eenderse pyne.

      Die ander bejaarde was so wakker soos ’n uil. Sy het die Baäl-fees saam met die Amoriete anderkant die bokseile beleef. Hande dan teen die gesig, dan weer in die lug, het die ou vrou ook gegil en geroep, skor soos iemand wat byna nie meer stembande het nie: “Amurro! Ilu Amurro!”

      Sigem is maar vier dagreise van hier af. Maar toe hulle getrek het met die waens en die vee, die slawe uit Haran, hulle gesinne en hulle bondels, die tente en ’n trek asof hulle die hele Sumer, Akkad, Ur-Ma en groot gedeelte van Aram saambring, het die tog ’n seisoen lank geduur. Herfs het verbygegaan. Winter, met reën wat halfpad verys was, het op hulle neergegiet. By Sigem het Abraham sy eerste altaar in Kanaän gestapel,

Скачать книгу