100 dae van dankbaarheid. Francine Prins
Чтение книги онлайн.
Читать онлайн книгу 100 dae van dankbaarheid - Francine Prins страница 8
Paulus skryf onder meer aan die jong Timoteus: “Die godsdiens is ’n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het” (1 Tim 6:6).
En in sy volgende brief aan Timoteus skryf hy oor die verskriklike verdorwenheid van die laaste dae. Oor hoe mense “liefhebbers van hulleself (sal) wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig …” (2 Tim 3:2 – 1933/1953-vertaling).
Hierdie mense “sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie,” skryf hy. En, voeg hy by: “Bly weg van sulke mense af” (vgl. 2 Tim 3:5).
Dan moet Timoteus die volgende aanhoor: “Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo … jy ken van kleins af die heilige Skrif … (wat) groot waarde (het) om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk” (2 Tim 3:14-17).
Timoteus word dus geleer om ook ondankbaarheid te sien vir die aakligheid wat dit is, en dit deur die Skrif reg te stel.
Here, laat u Woord my onderrig en my leer om tevrede te wees met wat ek het.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.