Koeke en terte. Susan Coetzer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Koeke en terte - Susan Coetzer страница 3

Автор:
Серия:
Издательство:
Koeke en terte - Susan Coetzer

Скачать книгу

Nou

      Dress code: Liefde

      Bestemming: Vrede

      Missie:

      Die bou van vredesbrûe

      tussen jou en dié

      wat anders as jy is

      Toerkoste: Gratis

      Kom toer saam!

      Lééf jou geloofsreis!

      1

      Degies

      Ek en my half-dogtertjie Ena bak graag saam. Die deeg wat ons aanmaak vir ons verskillende eetgoed soos pannekoeke, vetkoeke, cupcakes, koeksisters, skons, beskuit, soetkoekies, groot koeke, brode, terte, tertkorse en gebakte poedings lyk nogal baie dieselfde, het ek op ’n dag agtergekom. Die meeste bevat ook dieselfde basiese bestanddele soos meel, suiker, eiers, melk, sout en geursel, maar in verskillende verhoudings tot mekaar.

      Eers wanneer die produk klaar gebak het en uit die oond of pan kan kom, kan jy dit identifiseer en ’n naam daarby sit. As jy net na die mengbak met die slap (of stywe) en vormlose deeg kyk, is dit moeilik om vas te stel wat die eindproduk sal wees.

      Dit is hoekom jong skooldogters dikwels degies genoem word. Hulle het nog nie liggaamlik, emosioneel, intellektueel en geestelik klaar gegroei nie. Hulle is nog nie volwasse nie. Nog nie klaar gebak nie. Hulle persoonlikheid, karakter, gawes, kennis van hulle sterkpunte en swakhede, en dikwels ook hulle geloofspad, het nog nie werklik gestalte gekry nie. Degies het hulleself nog nie werklik ontdek nie. Hulle is nog op soek na hulle ware identiteit en nog nie seker wie of wat hulle is nie, veral nie in verhouding tot die Pottebakker se Groot Plan met hulle lewe nie.

      Hulle is nog vormlose deeg op soek na iets om hulle te omlyn en te vorm … of te laat verdwyn. ’n Degie op soek na haar identiteit en doel kan in enige rigting beweeg. Sy kan iemand word wat ander inspireer. Of sy kan ’n afbrekende pad kies. Sy kan ook ’n ongedefinieerde, kleurlose, geurlose Degie bly totdat sy die dag sterf en met haar potensiaal en talente en al begrawe en vergeet word. Sy het dan haar doel gemis. She missed the mark.

      Ek is seker in ons begraafplase lê daar ’n rykdom van onontginde talente; degies wat begrawe is sonder om ooit hulle volle potensiaal te bereik en hulle doel op aarde uit te leef. Groot skilders lê daar begrawe, ook skrywers, musikante, dansers, kokke, sakevroue, atlete, beraders, dokters. Die lys is lank.

      Ek self was baie jare lank ’n soekende degie in die mengbak van die lewe. Ek het op baie kronkelpaaie gestap in my soeke na wie en wat ek is en waar ek regtig inpas en sal blom. Ek kom nie uit ’n Christelike agtergrond nie. My ouers was teen die kerk en het nie geskroom om dit te sê nie. Hulle het my nie aangemoedig om ’n geestelike pad te volg nie. My ouma was wel diep gelowig. Sy het my dikwels saamgenooi kerk toe. Ek kan nie meer die eredienste en boodskappe onthou nie, maar ek kan wel haar voorbeeld onthou: hoe sy haar naasteliefde prakties uitgeleef het. Dit het ’n diep indruk op my gemaak en bly vandag steeds ’n lig op my pad. My ouma het naasteliefde betoon aan almal op haar pad – van die fancy ryk mense tot by die arm tuinier wat onkruid uittrek. By haar het ek onvoorwaardelike liefde en aanvaarding leer ken. Ek was altyd welkom in haar ruimte. Welkom om net myself te wees.

      Dit het baie jare gekos voordat ek by die Pottebakker aangemeld en toegelaat het dat Hy die bak deeg in sy hande neem en ontslae raak van die vergiftigende eienskappe in die deeg, om dit te vervang met beter en flopvrye bestanddele.

      As tienerdegie en jong soekende vrou het ek minder aangename eienskappe met my saamgedra. Ek onthou dit nog so goed. Dalk kan jy jou daarmee vereenselwig?

      Onsekerheid en twyfel was die hele mengbak vol. Ek was onseker van my talente en gawes. Ek het myself as die stert beskou, nie die kop nie – al was ek akademies altyd onder die voorste leerders.

      Daar het ’n ongesonde skaamheid aan my gekleef, wat my potensiaal en die ontwikkeling van my unieke persoonlikheid ondermyn het. Ek was jare lank te skaam om my mond voor ander mense oop te maak. Op universiteit was ek die een wat niks gesê het nie. Later, as jong aktrise, was ek bewend, blosend en ongesond senuweeagtig tydens oudisies. Regisseurs was bang om hierdie senuwrak in ’n groot rol te cast. As ek self nie in my potensiaal geglo het nie, hoekom sou húlle wou inkoop en my ’n rol aanbied?

      ’n Minderwaardigheidsgevoel is direk gekoppel aan ’n swak selfbeeld en ’n gebrek aan selfvertroue en selfliefde. Ek was rigtingloos, angstig, stotterend. My lewe was ongestruktureerd en deurmekaar. Mense kon nie op my staatmaak nie. My optrede was nie konsekwent nie. Ek was emosioneel aangedrewe, gelei deur my veranderlike buie, in plaas van ’n goddelike karakter en beginsels.

      As tiener, student en later jong aktrise was ek die slagoffer van eetsteurnisse. Ek was óf oorgewig weens ’n onversadigbare “honger” óf ondergewig weens my skuldgevoelens en gevolglik selfopgelegde strafmaatreëls. Ek sidder vandag as ek terugdink aan die eetstakings, die streng en onuitvoerbare dieetplanne, die hande vol eetlusdempers!

      Ek het dikwels moeg, swaarmoedig en depressief gevoel, allesbehalwe soos ’n borrelende, bruisende persoon. Ek het hierdie swaarmoedigheid soos ’n sak klippe met my saamgedra. Ek het bly soek na dinge buite myself om my na groter blydskap en blywende vrede te lei. Sonder sukses. Die klippe het altyd maar weer iewers my gees gedemp en my blydskap gesteel.

      Hoe het ek van ’n onseker en vreesbevange degie verander in ’n kleurvolle en selfversekerde koek-tert wat met haar kop omhoog kan loop? Deur in te skakel by die Bron van alle oorwinning. Ek het die Here persoonlik leer ken – nie net op ’n stukkie papier of in die kerk nie. Ek het ’n pad saam met Hom aangepak en sy voorskrifte en padaanwysings begin volg. My transformasie het egter nie oornag gebeur nie. Ek klim ook nog gereeld terug in die oond om verder gevorm en gebak te word.

      Wees dus gewaarsku. Maar hou ook goeie moed.

      My groot deurbraak was egter toe ek bevry is van die swaar emosionele klippe in my wat my groei gestuit het. Mettertyd het ek elke klip verruil vir die nuwe en veerligte bestanddele wat die Here aanbeveel het. Só het Hy ruimte in my gees geskep vir nuwe eienskappe. Geleidelik het ek nuwe denkpatrone, ’n nuwe karakter en nuwe leefstylgewoontes aangeleer. Ek het my talente en gawes begin ontwikkel onder leiding van die Heilige Gees. Terselfdertyd het ek ’n nuwe identiteit as oorwinnaar in Jesus begin ontwikkel en ’n nuwe borrelende seisoen van oorwinning begin ervaar.

      Ek was nie meer ’n soekende degie nie. Ek was ’n sterk vrou wat haar potensiaal begin uitleef en nader aan haar Groot Doel begin beweeg het.

      Voel jy soos ’n degie op ’n dwaalpad terwyl jy hier lees? Is jy moedeloos en sonder motivering? Skep moed! Daar is hoop.

      Bemoediging en wenke vir Degies

      In ’n referaat oor die ontwikkeling van begaafde kinders wat by ’n internasionale konferensie gelewer is, bied die opvoedkundekenner prof Sidney Moon die volgende hulpmiddels aan vir ouers en onderwysers van hierdie kinders om hulle te help om selfbewussyn aan te kweek. Alle mense kan egter hierdie hulpmiddels gebruik om hulle gawes en talente te ontwikkel, ook jy as Degie:

      •Stel vas watter soort persoonlikheid jy het.

      •Suiwer

Скачать книгу