Plante kan praat. Jeanne Goosen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Plante kan praat - Jeanne Goosen страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Plante kan praat - Jeanne Goosen

Скачать книгу

my, die natuur roep.”

      Marna volg haar badkamer toe, maar Andrea sluit die deur voordat sy kan binnekom.

      Marna luister by die deur. Andrea skeur papier af. Water spoel. Sy was haar hande.

      Sy sluit die deur oop, lag toe sy Marna sien. “Ek het geweet,” sê sy. “Pisfiksasie.”

      “Pisfiksasie,” beaam Marna. “Het jy geweet Havelock Ellis het ook ’n ding gehad oor ander mense wat pie? Hy het tot sy antie afgeluister.”

      “Ja,” sê Andrea. “Nee. En jy het my dit ook al ’n honderd maal gesê. En dat hy met ’n ou let getroud was.”

      Hulle kry nog chardonnay. Weer Kippie. Zambezi.

      Hulle gaan lê weer op die bed.

      Andrea draai na Marna. “Ek is randy,” sê sy. “Wat gaan jy daaromtrent doen?”

      Marna steek haar hand by Andrea se broekie in, trek dit af tot by haar knieë, voel aan haar. Sy is nie nat genoeg nie. Marna spuug op haar vingers, smeer Andrea se geslag, vryf haar.

      Andrea draai op haar rug. Sy maak haar oë toe.

      “As U Hoogheid maar net weet hóé ’n ordentlike mens ek is,” kla Marna, “en hoe ek verander het.”

      Andrea hoor haar nie meer nie. Sy begin ritmies beweeg. Sy word natter, sug, spin soet soos ’n kat.

      “U Hoogheid is verlief op ’n kat,” huil Marna.

      “Vinniger!” beveel Andrea. “Wees rof met my.”

      Marna lê teen haar sagte lyf. Haar vingers gly by haar in.

      Andrea kom oombliklik. Sy gil. Die dobermann spits sy ore op die voetenent van die bed.

      “God!” roep Andrea uit. “God . . .”

      “ ’n Sondaar soos ek het nie ’n kat se kans teen ’n kat nie,” sê Marna.

      Andrea druk haar gesig in Marna se nek. “Jy is al een wat verstaan,” sê sy, “dat ’n mens dit net soms só wil hê: rof en vinnig.”

      Marna kom orent, begin nog ’n zol draai.

      “Wat van jou?” vra Andrea.

      “Ek is orraait,” sê Marna en lek aan die zolpapier. “Ek het jou mos gesê ek het tot bekering gekom.”

      “Baby, you’re fucked for life,” sê Andrea voordat sy insluimer.

      2. Lemoene

      Lemoene

      Hy sit in die kombuis, kyk by die agterdeur uit, kyk na die lemoenboom wat hy geplant het. Dis vol met die eerste drag. Hy kyk na die grasperk wat hy elke Saterdag sny, die plante, die struike, die buitegeboue. Hy buk vooroor op sy stoel, sien die posbus voor by die hek; hy kyk na alles wat hulle opgebou het.

      Die kombuis ruik na hoender. Sy staan voor die stoof met ’n vadoek oor haar een skouer, prik met ’n lang vurk in die kastrol.

      Die kerk in Stasiestraat se klok lui. Dit moet die eerste gelui wees. Die klok praat met ’n plattelandse stem.

      Sy vrou hou aan prik met die vurk. Sy staan met haar rug na hom, maar hy weet hoe sy nou lyk, hy ken die uitdrukking op haar gesig: ’n frons tussen haar oë, lippe op ’n lyn getrek.

      “My ma het my gewaarsku,” begin sy. “Maar nee, ek wou nie luister nie. God!” roep sy skielik uit. Net so: “God!”

      Sy sê: “Ek het jou liefgehad! Ek wou jou graagter as enigiemand of iéts op hierdie aarde hê!”

      Hy maak die vol bottel Three Ships oop, gooi daarvan skoon in ’n waterglas, drink dit leeg en vul weer sy glas.

      “Ek wou nie luister nie,” gaan sy aan. “ ‘Die Barnards is nie ons soort mense nie,’ het my ma gesê. ‘Onstabiel. Maak niks bymekaar nie, gedurig aan die trek. Trek van die een dorp na die ander agter die here weet wat aan.’ ”

      Sy roer nou met ’n lepel in die kastrol, skakel die plaat op laag. Sy skep van die sous in ’n piering, proe. Sy strek, kry die soutpot op die rak skuins bokant die stoof, strooi sout oor die hoender. Daar is ’n rooi tulp op die soutpot.

      Peper. Sy kry peper, strooi daarvan oor die hoender. Die peperpot pas by die soutpot, albei met ’n rooi tulp op.

      Hulle het die stel een Saterdagoggend gekoop pas nadat hulle hier ingetrek het. ’n Pick n Pay special. Sy het daarvan gehou. “Dit pas by die gordyne,” het sy gesê. “Dit sal die kombuis verder opvrolik.”

      “Dan sal dit rooi tulpe wees,” het hy gesê, die stel geneem en dit in die trollie gesit.

      “Lief vir jou,” het sy gesê en hom op die wang gesoen.

      Hy kyk by die agterdeur uit, kyk na die jong lemoenboom. Wanneer hy sy een oog toemaak, verdwyn die boom. Dis net met albei oë oop dat die boom en sy vrugte in sig is.

      Hy het die boom in Junie geplant, pas nadat hulle hier ingetrek het. Hy het ’n sirkel in die grasperk afgemeet en begin grawe.

      “Jy bederf nou die grasperk,” het sy hom betig, maar hom nie probeer keer nie.

      Hy wou die boom reg voor die agterdeur hê. Sodat ’n mens dit van alle kante af kan sien, soos wanneer jy by die garage inry en ook wanneer jy by die voorste hekkie inkom. Hy het die hele oggend aan die gat gewerk, die arm grond uitgespit en dit met nuwe, ryk grond vervang. Hy het die kompos met ammoniumsulfaat gemeng.

      “Dis teen krulblaar,” het hy verduidelik.

      Sy het gelag, in die huis verdwyn en met die polaroid teruggekom en ’n foto van hom geneem by die jong boompie. “Van wanneer af weet jy so baie van lemoenbome af?” het sy tergend gevra.

      “Alles,” het hy geantwoord en die graaf neergesit. “Ek weet alles van lemoenbome af. Hierdie een is ’n navel. Die vrug is soet en pitloos en die boom is taamlik bestand teen swamme. Nog iets? Dit moet twee maal per week water kry, maar nie sommer op enige twee dae nie. Vasgestelde tye, sê byvoorbeeld op Dinsdae en Vrydae. En die put rondom die boom moet stadig vol loop. Die put self moet tot by die verste takke uitkring. En hoe groter die boom word, hoe wyer moet die put gemaak word.”

      Sy hande bewe. Hy maak sy glas leeg, skink nog whisky, krap met ’n vuurhoutjie in die Goodyear-asbak.

      Sy vrou sit rys op. Sy raas met die gereedskap. Sy meet ’n teelepel sout af en gooi dit by die rys.

      “Nou is my ma dood!” roep sy uit. “My ma is dood sonder dat ek by was!”

      Sy swaai skielik om en begin skree: “Het jy gehoor wat ek gesê het? My ma is dood sonder dat ek by haar was! Is daar enigiets wat ek sê wat jy ooit verstaan? Weet jy wat dit beteken? Wat dit vir mý beteken? Antwoord my!”

      Sy begin droewig huil, kap met die houtlepel teen die kastrol.

      Hy draai sy gesig weg, maak sy

Скачать книгу