Staan in die algemeen nader aan vensters. Loftus Marais

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Staan in die algemeen nader aan vensters - Loftus Marais страница

Staan in die algemeen nader aan vensters - Loftus Marais

Скачать книгу

      

      Staan in die algemeen nader aan vensters

      Gedigte

      Loftus Marais

      Tafelberg

      Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Staan in die algemeen nader aan vensters mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

      Vir my ma

      Dankie aan die volgende mense vir hulle bydraes:

      Marlene van Niekerk, Linda en Liné Marais, Coennie Bezuidenhout, Cor Scholtz, Ronel Foster, Andries Visagie, Marcelle Theunissen, Michiel Botha, Riana Barnard en Francois Smith. Ook aan die Universiteit van Stellenbosch, en spesifiek die Departement Afrikaans en Nederlands. Ek moet dan ook my familie om verskoning vra vir die verdraaiing (en opmaak) van feite.

      “The birds are in their trees,

      the toast is in the toaster,

      and the poets are at their windows.”

      – uit “Monday” van Billy Collins

      Elementêre fisika

      my broer skryf nie gedigte nie

      hy is ’n fisikus

      sy skryfblok is vol somme wat hiërogliewe

      of abstrakte miró-krabbels vir my is

      daar’s een wat onsekerheid presies bepaal:

Vensters.jpg

      en schrödinger het volgens hom ’n gemmerkat

      ongesteweld en noodlottig in algebra vertaal

      tog het sy vergelykings ’n danser se balans

      en saans aan die werk

      weet hy die lig van rekenaars en leeslampe

      is nie noodwendig onromanties nie

      aldus redeneer my broer die fisikus:

      die heelal is: materie wat stadig en volgens reëls

      losfok

      ons albei bemoei ons met die ware onsigbare

      soos gravitasiekrag en nyd

      hy lag as ek sê die sterre kan konfetti

      planete in wentelbane hoelahoep

      maar ons al twee vermoed entropie is ’n soort verdriet

      ek stipuleer dit

      hy impliseer dit

      koelbloedig eksplisiet

      Papiertjie

      aan ’t stry oor die politiek gaan sit almal aan tafel, maar

      als kantel, eetgerei kletter, glase mors wyn

      gaste kyk agterna soos ek die trappe op verdwyn

      na my lessenaar, gedek vir skryf, chaoties deurmekaar

      ek vat ’n halfklaargedig, vou dit ’n paar keer

      stoot dit onder die poot sodat als stabiliseer

      die mense glimlag, klink ’n glasie op my

      ek dink: ai, papiertjie, dís ware littérature engagée

      Akademiese graffiti

      hy gaan na die toilette

      in die merensky-gebou vir fisika.

      in die hokkie

      op die wit muur

      en op die deur

      is gegraveer:

      “relativity is the pornography of the educated mind”

      “who needs viagra when Planck will do”

      “all matter strives to a chaotic ideal

      state of nature”

      hy trek die toilet.

      die kak in die bak

      spoel weg.

      hy kyk na homself

      in ’n spieël

      terwyl hy sy hande was

      en die water in die drein

      verdwyn.

      buite op kampus

      is dit vroegdag.

      almal loop helder en lig op die teer.

      hy loop

      oor ’n mangatdeksel

      ’n Gedig vir M

      selfs ná alles wat gebeur het

      sien dit nou nog só daaruit:

      iets oor siel (-salleen, -dodend, ens.)

      iets oor hart (-seer, -stog, ens.)

      nog iets hier

      jy het verhard tot spier en stoppelbaard

      jy krap aan my met punte, kommas en ellipse

      … en ons het eens soos enjambement

      saamgevloei/saambeweeg (?)

      ons rym ook lankal nie meer nie

      hakkel net, stotter

      aan assonansies en alliterasies

      as ons deesdae met mekaar praat

      ook: te veel stiltes

      nou is dít al wat oorbly

      (bedoelende: klanke

      merke op papier

      strepies krulle kolletjies

      vryeversverstrengel)

Скачать книгу