Speurhond Willem en die seerowers. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Speurhond Willem en die seerowers - Elizabeth Wasserman страница 3

Speurhond Willem en die seerowers - Elizabeth Wasserman Speurhond Willem

Скачать книгу

die middel van die nag word ek wakker. Willem se mandjie is leeg. Ek sluip stilletjies af met die trap om hom te gaan soek. Dalk het hy honger geword. Die gedagte aan koekies en melk laat my maag ook grom.

      Willem is nie in die kombuis nie. Ek hoor sy stem in my pa se studeerkamer. Hy praat oor die telefoon.

      Ek druk my oor teen die deur. Willem praat Engels, op ’n fluistertoon. Ek hoor hy sê iets van die operasie wat op koers is.

      Watter operasie? Wie is siek?

missing image file

      Voor ek verder kan wonder, hoor ek hoe hy aflui. Ek maak dat ek wegkom kombuis toe, voordat hy my vang en daarvan beskuldig dat ek hom afluister.

      Hy kry my by die yskas, besig om ’n stuk melktert sommerso met my hand uit die bak uit te eet.

      Hy swaai sy stert. Willem is mal oor melktert.

      Sonder om ’n woord verder te sê oor sy middernagtelike telefoongesprek, eet ek en Willem die hele melktert op.

      * * *

      Die volgende oggend vroeg, toe die mis nog oor die see lê, vat my pa ons hawe toe. My ma het ’n nuwe rok aan. Ek het my drasak oor my skouer. Dit het ’n gaaspaneel bo langs die ritssluiter wat sorg vir genoeg vars lug vir Willem, en hy kan daardeur uitloer as hy wil.

      Die Sonata oortref al my verwagtinge. Dit lyk soos ’n reuse, luukse hotel wat op die water dryf. Oral skarrel matrose in wit pakke rond, en toeriste in bont vakansieklere staan op die dekke en gesels.

      ’n Netjiese dame ontmoet ons op die dok. My ma wys haar ons kaartjies en paspoorte, en sy merk ons name op die lys af. Iemand laai ons tasse op ’n trollie.

      My pa lyk klaar haastig om terug te kom by sy kantoor. Hy gee ons elkeen ’n druk en ’n soen, en ons stap met die loopplank op.

      5

       Op see

      My oë rek al hoe wyer en my mond hang oop. Alles op die Sonata is verskriklik mooi en weelderig. Die houtdekke glim, daar is varings in silwer potte en wit seilstoele staan netjies in ’n ry op die dek. ’n Kelner met ’n skinkbord vol bont drankies wag ons in.

      “Welkom aan boord, mevrou Senekal en . . . Maar waar is meneer Senekal dan?” vra hy. Sy vals glimlag sak skeef toe hy my sien. Ek dink nie hy hou baie van kinders nie.

      “Hy kon ongelukkig nie kom nie. Hierdie is my seun, Adriaan,” stel my ma my voor.

      “En Willem!” fluister Willem moedswillig uit my skouersak.

      “’Skuus, mevrou?” vra die kelner. “Is u seun se naam Adriaan of Willem, of dalk Willem-Adriaan?”

      My ma, wat niks gehoor het nie, lyk verbaas. “Adriaan!” sê sy ferm.

      Ek kyk die kelner op en af. Ek hou sommer dadelik nie van die vent nie. Sy kuif is effens olierig, en dit hang slap

missing image file

      oor sy linkeroog. Hy sukkel ’n bietjie met aknee en sy adamsappel spring op en af soos ’n klimtol wat in sy lugpyp vassit.

      Hy dra ’n naamplaatjie wat aankondig dat hy “Preston” heet.

      Wat ’n simpel naam!

      Preston gluur my aan.

      “Kinders ouer as elf is natuurlik welkom op die boot. Ek is seker u weet van ons reël vir kinders jonger as dit?”

      Dit is ’n oorlogsverklaring.

      Natuurlik is ek al elf. Die kêrel soek skoor!

      Uiteindelik kom ons verby die vent se sogenaamde verwelkoming. Ek en my ma deel ’n kajuit op die middelste dek. Ons bagasie is reeds daar. Daar is twee gemaklike enkelbeddens met laaikassies, ’n tafel met ’n yslike bos blomme, ’n beknopte hangkas en ’n klein badkamertjie met ’n stort.

      My ma smyt net haar handsak op ’n bed neer en haas haar weer uit.

      “Kom kyk, Adriaan, die boot gaan vertrek! Ek wil Tafelbaai van die see af sien.”

      “Ek kom nou, Ma.”

      Sodra die deur toeklap agter haar, trek ek die ritssluiter van my drasak oop.

      “Willem, ons moet jou hier wegkry! Dit gaan nooit werk nie.”

      Ek is doodbenoud. Hoe onnosel kan ’n mens wees? Hier is nêrens plek om my hond weg te steek vir ’n hele week nie. Ons gaan verseker in groot moeilikheid beland. Ek sien al hoe smyt hulle ons twee oorboord en hoe grynslag daai mislike kelner van vreugde om van my ontslae te raak!

missing image file

      Willem strek hom doodrustig uit en skud sy lippe. Dan gaan sit hy op die deken en krap sy oor.

      “Hou op stres, Adriaan,” paai hy. “Ek is honger. Hoekom kry jy nie eerder vir ons iets om te eet nie?”

      Ek gluur hom aan. Hy het bietjie gewig opgetel die laaste maande. Mens sal hom selfs kan beskryf as ’n vet hondjie. My skouer voel nog lam van sy gewig in my sak.

      “Jy dink deesdae gans te veel aan kos!” snou ek hom toe. “Dink eerder wat ons met jou gaan maak in hierdie klein kajuit!”

      “O, maar ek gaan nie hier bly nie. Drie deure van hier af is daar ’n klein linnekamertjie, net reg vir my. As jy nou klaar gekerm het, kan jy my soontoe neem. En vir my ’n paar hamtoebroodjies bring, en ’n bottel water. En maak tog seker dit is nie van daai water met die borrels in nie!”

      Die arrogansie van my hond verstom my. Hy sê nie eens asseblief nie.

      “En hoe weet jy van dié linnekamer?”

      Hy staar my net oor sy neus aan.

      Ek gaan doen inspeksie. Daar is inderdaad ’n linnekamer drie deure in die gang af. Dit lyk heel skaflik. Daar is rakke vol wit handdoeke, ’n paar emmers met skoonmaakgoed en selfs ’n ronde venstertjie. Ek kyk daardeur uit en sien hoe ’n vet rob in die water van die hawe rondspeel. Hy loer vriendelik vir my terug.

      Die deur van die linnekamer kan van binne af toesluit met ’n knip. Dit is nogal vreemd, dink ek. Boonop lyk dit of die slot onlangs ingesit is. Die merke van die ou slot is nog sigbaar in die verf. So asof die plek presies reggemaak is vir Willem.

      Maar hoe kan dit wees?

      Ek sug en gaan soek hamtoebroodjies.

      6

       Vreemde gebeure

      Ek kry gou my seebene. Die skip het absoluut alles waarvan mens kan droom: ’n speletjiesarkade, twee swembaddens en ’n hele paar restaurante met die heerlikste kos.

      Ek geniet

Скачать книгу