Sonnet sonder woorde. Ettie Bierman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Sonnet sonder woorde - Ettie Bierman страница 2

Sonnet sonder woorde - Ettie Bierman

Скачать книгу

enjin raas reg hier onder my, ek kan niks hoor nie.”

      In antwoord trek Fiela haar wysvinger oor haar keel en klou vir lewe en dood aan haar sitplek.

      Ná die soveelste klipkerkie en kroespelsdonkie kom die taxi in ’n stofwolk tot stilstand voor ’n platdakgebou met twee sipresbome weerskante. Aan die voorkant is ’n wye stoep en ’n vet man met ’n vuil voorskoot.

      “My cousin,” kondig die taxidrywer aan. “Giorgio make special price for pretty signorinas.”

      “Cheep-cheep,” tjirp die vet een soos ’n kanarie en staan nader om hul bagasie af te laai.

      “Nou is hulle twéé! En hulle is groter as ons,” fluister Fiela benoud. “Onthou jy die storie van die prostituut op die straathoek wat ‘cheap-cheap’ roep?” Haar oë is so groot soos sopborde. “Is dié nie dalk ’n bordeel nie? ’n Komplot om meisies te vang?”

      “Moenie laf wees nie! Mens kan sien jy speel in sepies, ’n drama queen wat als altyd oordryf. Dié is sommer twee kansvatters en ek gaan nie dat hulle ons geld inpalm nie, ek het te hard gewerk daarvoor.” Sy pluk haar rugsak uit Giorgio se hande en takel die taxidrywer.

      “Quanto costa? Hoeveel lire?”

      Hy noem ’n bedrag wat soos miljoene klink. Sy buk nader om self die meterlesing te bekyk. In groot, ronde syfers, swart op wit, lyk die bedrag selfs erger.

      “Jy’s van jou trollie af, ou! ’n Opperste boef, ’n uitbuiter van onskuldige toeriste,” beskuldig Valdi hom, stadig en afgemete, terwyl sy hom vas in die oë kyk. “Jy behoort jou te skaam! Hoekom kry jy nie vir jou ’n eerlike, respektabele werk nie?”

      Hoewel hy nie die woorde verstaan nie, kry Romeo die boodskap. Hy skuifel ongemaklik rond en kyk anderpad. Neef Giorgio is egter van taaier stoffasie gemaak. Hy laat hom nie deur ’n snip van ’n meisiekind, skaars twee bakstene hoog, voorskryf nie, en sy prooi sal nie so maklik ontsnap nie. Hy pluk die rugsak terug en klou vas toe Valdi dit by hom wil afneem.

      “Los!” sis sy. “Lossit! Dis myne!”

      “I make special price,” hou hy vol.

      “No!”

      “Cheep-cheep!”

      “As jy dit nog een maal sê, slaan ek jou met ’n klip!”

      “Half price …”

      “No!”

      Dit raak ’n regte toutrekkery, ’n geruk en pluk aan die sak, en Valdi raak opgewerk.

      “Kry die boodskap: Ons wil nie in jou simpel hotel bly nie! Ek is seker dis vuil en vol kokkerotte!”

      “You come see …” Giorgio kry ’n greep op haar arm en rem haar na die voordeur toe.

      Nou raak dit ernstig. Fiela blaai desperaat deur haar fraseboekie en leer ’n agtste woord by: die Italiaans vir “polisie”. “Polizia! Polizia!” skree sy skril, so hard as wat sy kan.

      Uit die hoek van haar oog het sy ’n figuur ’n ent weg onder ’n sipresboom sien sit, met sy rug na hulle, besig om te skryf of iets. Toe sy skree, kyk hy egter om en sy lang lyf rank orent. ’n Jong ou, gelukkig groot en sterk, met breë skouers en fris boarms.

      “Help, presto!” gil Fiela weer en swaai woes met haar arms in die rigting van Valdi en die vet Italianer. “Hulle wil ons geld en ons goed steel!”

      Die man reageer nie. Hy frons en bly soos ’n standbeeld staan, lig net sy donkerbril om beter te kan sien, terwyl hy in ongeloof na haar en die blonde meisie staar.

      Kan dit wees? Nee, hy misgis hom. Dis té toevallig, sommer wensdinkery …

      “Was jou pa van sement gemaak, of is jy lam? Moenie net daar staan nie, kom by! Doen iets! Présto-présto!” por Fiela hom aan. Sy kry ook ’n punt van die rugsak beet en skop die vet Italianer op die maermerrie.

      Giorgio uiter ’n woord wat nie in fraseboekies voorkom nie. Maar pleks van die sak te los, gee hy die skouerband ’n woeste ruk. Valdi verloor haar balans en val vooroor teen die stoeptrappies. Haar kop tref ’n hoek met ’n slag wat haar sterretjies laat sien. Sy is ’n paar tellings lank duiselig en toe sy bykom, raak sy bewus van ’n sterk arm wat besig is om haar op te help. Seker die taxidrywer, dink sy dofweg en vryf met ’n onvaste hand oor die knop aan haar voorkop. Seker haar sedepreek van netnou wat hom skaam maak omdat hy hulle wou verneuk, en nou probeer hy vergoed.

      Sy kyk op in sy gesig, maar in plaas van twee halfmas ooglede kyk sy teen ’n donkerbril vas, een met swartgroen lense. En in plaas van ’n gejelde swart kuif, is die hare donkerblond en skoon gewas. Dit lyk vaagweg bekend – die heuningkleur met die ligter sonstrepies tussenin – tesame met die hoekige, hardkoppige kakebeen. ’n Klokkie lui en iets woel in haar geheue, sonder dat sy dit kan plaas. Haar kop klop en sy kan nie nugter dink nie. Sy hou aan die stewige voorarm vas om te keer dat sy omval en weer haar kop stamp.

      Valdi kyk weer, verby die swartgroen bril, na die res … Sy knyp haar oë styf toe. Dit voel of die Melkweg voor haar oë verbybeweeg en die wêreld om haar draai soos ’n mallemeule. Sy moet asseblief nie weer naar word soos gister op die boot nie. Gister? Of was dit vandag? Haar kop voel vol saagsels, sy kan nie onthou nie.

      Deur die newels hoor sy luide stemme. ’n Stortvloed Italiaans, ontstoke en beskuldigend. ’n Half bekende stem, en tussenin die taxidrywer en sy vet familielid s’n: een verontskuldigend en vol verduidelikings, die ander nukkerig. Dan weer dieselfde diep stem wat sy van ’n ander, ver plek af onthou; wat sy ken, maar nie op hierdie oomblik met sy eienaar kan verbind nie. Sy een hand hou haar met ’n ferm greep op haar voete en die ander een is in ’n dreigende vuis gebal terwyl hy die twee boewe beswadder, hulle so slegsê dat nie eens die Middellandse See hulle sou kon afwas nie. Skurke soos hulle hoort agter tralies, in die duisternis van ondergrondse katakombes, waar rotte hulle sal opvreet en hul gebeentes verrot …

      Hy vaar uit totdat sy asem en sy Italiaans opraak, dan oorhandig hy Valdi in Fiela se sorg. Hy stryk met lang hale na die taxi toe, leun na binne en gee die meter ’n dwarsklap, sodat dit skuins kantel en die lesing kanselleer.

      Die drywer wil kapsie maak, maar bedink hom toe hy skielik agterkom hy staan alleen. Sy oorgewig neef het hom veiligheidshalwe skaars gemaak – ver weg, voor dieselfde lot as die ritmeter s’n hom tref.

      Fiela blaas in ’n verligte sug haar asem uit. “Grazie! Baie grazie, signor,” bedank sy hul weldoener en staar bewonderend na sy breedgeskouerde lyf. Op die regte plek, op die regte tyd … Wat sou gebeur het as ’n romantiese ridder nie nou tot hul redding gekom het nie? As hy nie al daardie bultende spiere gehad het nie? Gebou om te hou, en dan nog filmstermooi daarby …

      Fiela dwing haar begerige gedagtes op die agtergrond en onthou van haar arme niggie wat seergekry het.

      “Jy bloei!” roep sy ontsteld uit. “Daai’s ’n lelike sny bo jou oog, ai!”

      Valdi tas na haar voorkop en is verbaas toe haar vingers nattigheid voel.

      “Het ek … geval?” mompel sy dof.

      “Ja, met jou kop teen die trap, toe jy ons bagasie wou red.” Fiela haal ’n snesie uit haar mou en druk dit teen die sny. “Foei tog, dit was ’n harde stamp. Hoe voel jy? Is dit al waar jy

Скачать книгу