Stiletto. Karin Eloff

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Stiletto - Karin Eloff страница

Stiletto - Karin Eloff

Скачать книгу

n>

      

      My lewe in die sex bedryf STILETTO

      Karin Eloff is ’n Boeremeisie met ’n honneursgraad in sielkunde en ’n Dopper-agtergrond. STILETTO vertel die ware verhaal van die pad wat dié kuis en voorbeeldige skooldogter gestap het om ’n ont-kleedanseres, erotiese masseuse en redakteur van ’n pornografiese tydskrif te word. Haar pad lê besaai met middeljarige mans, Afrikanermeisies met eksotiese Engelse verhoogname, gevaarlike seks en dwelms. STILETTO vertel hoe sy daar beland het, wat sy daaruit geleer het en hoe sy dit oorleef het. STILETTO draai nie doekies om oor die skadubestaan van die seksbedryf nie.

      Die outeurs

      Karin Eloff is ’n voormalige werker in die volwasse vermaakindustrie. Sy werk tans as joernalis by die weeklikse koerant Sondag en woon in Johannesburg.

      Carel F. Cronjé is ’n musikant, joernalis en skrywer van onder ander Sonja Heroldt se biografie.

      Vir Wanya

      Omdat jy my geloof, hoop en liefde is.

      K.E.

      Voorspel

      “Hoekom noem mense dit skaamlippe? Ek’s nie skaam daaroor nie – daar’s niks om oor skaam te wees nie,” verklaar Karin sommer met die intrapslag.

      Carel het nog nooit só aan die betrokke liggaamsdeel gedink nie. “Verwag jy ’n antwoord?” vra hy moedswillig.

      “Nie eintlik nie,” sug sy.

      Carel is terdeë daarvan bewus dat Karin sy gesigsuitdrukking en lyftaal noukeurig bestudeer. Hoe dan anders? Hierdie is ’n noodsaaklike, verkennende gesprek; om die waarheid te sê, albei van hulle weeg mekaar steeds op – besluit of hulle kan saamwerk, of hulle wil. Om die ware verhaal te skryf oor die persoonlike reis van ’n vrou wat in die onderwêreld van die seksbedryf gewerk het, vereis wedersydse vertroue en eerlikheid, maar ook ’n objektiewe, kil Derde Oog. Veral as dele van daardie verhaal soos ’n riller lees.

      “Wat jou vraag oor skaamlippe betref: Dis seker maar erfgoed,” sê Carel. “Ons voorsate was mos ’n erg vrome, godvresende klomp – en dit het oorgespoel in hulle manier van praat en dink.”

      “Hulle’t seker deur ’n gat in die laken genaai,” merk sy op.

      Carel lag. “Was jy nog altyd so uitgesproke?”

      “I call a spade a spade,” sê sy. “In die twilight zone van bordele is mans baie anders; weldeurdagte taalgebruik is nie ter sprake nie – jy kan jou seker voorstel. En ek praat van Afrikanermans. Die meeste van my kliënte was Boerseuns – doodgewone, alledaagse knape. ’n Mens wonder wat hulle ma’s en pa’s sou gesê het. Of hulle vroue …”

      Carel kyk na Karin. Sy het ’n oop gesig en fyn gelaatstrekke. Haar hare is donkerrooi slierte. Sy glimlag maklik en het ’n aansteeklike lag; sy praat in ’n heerlik rammelende stemtoon. Haar bottelgroen oë is groot en vol lewe. Sy beduie wild met haar hande wanneer sy praat.

      “Wat is jou natuurlike haarkleur?” vra hy.

      “Blond. Maar ek wou nooit ’n strooiblondine wees nie.”

      ’n Blondine soos dié in die grappies is sy beslis nie, dink Carel. Hy wonder hoe en waarom Karin in die seksbedryf beland het. Ontkleedansery en prostitusie verg skaars die intelligensie of bekwaamheid wat ’n honneursgraad in sielkunde vereis. Die bedryf dui op ’n angswekkende skadubestaan vol dwelmmisbruik en geweld; dit staan beslis nie op die algemene lys van aanbevole loopbaankeuses nie. Wat het ’n geleerde Boeremeisie daar gaan soek? En watter pad het sy gestap toe sy Zoë die ontkleedanseres geword het – en daarna ’n erotiese masseuse in die Streelkasteel, wenner van die titel Mej. Hustler, redakteur van Loslyf, joernalis en ma van ’n dogtertjie?

      “Wat kyk jy so vir my?” vra sy.

      “Ek bedoel niks daarby nie,” verseker hy haar. Sy het mooi, versorgde hande. Praktiese vingernaels. En ’n blouswart tatoeëermerk op die rugkant van haar linkerhand.

      Hy wys daarna. “Het dit betekenis van een of ander aard?” vra hy.

      Sy lag. “Ek het dit in Pietermaritzburg laat doen toe ek by ’n klub daar gestrip het. Die ou het gesê dis ’n Maori-simbool vir onsterflikheid. Wat ook al. Vir al wat ek weet, beteken dit dat my pa ’n plumber is, of iets – maar dit bly vir my baie cool.”

      “Het jy meer tattoos op jou lyf as net dié een?”

      Sy draai om in haar stoel. “Verskeie,” sê sy oor haar skouer. “Kyk.”

      “Wat staan op jou rug?”

      “Geloof, hoop en liefde,” sê sy en skuif rond sodat hy ’n gedeelte van geloof kan uitmaak. “Hoop staan onder dit, en liefde is daar waar my niere is. Ek sal jou een of ander tyd wys as jy wil.”

      “Toemaar, ek glo jou,” grinnik hy.

      Geloof, hoop, liefde – die getatoeëerde woorde op haar liggaam is groot; die lettertipe Goties, nes Gutenberg se Bybel.

      “Hoekom het jy juis dít op jou rug laat tatoeëer? Wat het daartoe aanleiding gegee?” vra Carel.

      “My begrip van grootword. Alles wat my gebring het tot waar ek nou is,” antwoord Karin. “Geloof, hoop en liefde is my bestemming – dis my storie.”

      “Dan dink ek dis tyd dat jy hom moet vertel. En begin sommer heel voor, duskant die eerste draai.” (Grootword loop altyd grondpad, het iemand eenkeer vir hom gesê.)

      “So, sal jy my help om alles oop te krap?”

      “Ja,” sê hy. “Tot op die been.”

      Sy staar ’n oomblik by die venster uit.

      “Dis reg,” sê sy dan. “So, wat nou – hoe wil jy te werk gaan?”

      “Gesprekke. E-pos. Gee my alles wat jy tot dusver het. Jy moet praat nes jy praat; skryf nes jy skryf – ek kan dit nie namens jou doen nie. Ek wil ook nie. Jy moet in jou eie woorde praat.”

      Sy aarsel. “Kan ek mense se name verander?” vra sy, skielik bekommerd. “Ek sal móét.”

      Hy dink aan al die skinderstories oor bekende akteurs, sportmanne, popsterre en sakemanne wat van strippers, masseuses, skootdanseresse en hoere se dienste gebruik maak.

      “Hoekom wil jy hul name verander? Om die skuldiges te beskerm?” vra hy.

      Sy haal haar skouers op. “Skuld of onskuld – wie bepaal dit? Ek is óók skuldig en onskuldig. Ek glo in eerlikheid en sal oor alles doodeerlik wees, maar ek gun van die betrokkenes hul privaatheid.”

      “Nes jy wil. Name? Die een is soos die ander. Ek weet seks is ’n moeilike onderwerp, en waar jy vandaan kom is die landskap seker nie aldag ewe mooi nie.”

      “Nee,” beaam sy, “maar jy sal verbaas wees – jy kry onverwagse deernis in kroeë, klubs en hoerhuise. Seks kán mooi wees. Selfs waar ’n mens dit die minste verwag. Mense wil nie openlik oor seks gesels nie en aanvaar dit nie as ’n integrale deel van hul menswees nie. Dit word verkeerd geïnterpreteer – en dít is wat dit vuil en lelik maak. Dis asof dit ’n siekte is. Hoekom kompliseer mense altyd alles?”

      “Dis ’n goeie vraag,”

Скачать книгу