'n Dorp soos Silwer Streams. Barend Vos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Dorp soos Silwer Streams - Barend Vos страница 8

Автор:
Серия:
Издательство:
'n Dorp soos Silwer Streams - Barend Vos

Скачать книгу

te wees en haar heeldag onder jou voete te moet hê … Nee, kyk, dit sal ’n man tot drank dryf!”

      Hy proes uitbundig en kyk goedkeurend na hoe die klein worsie saamlag. “Of hoe, my little sausage doggy?”

      9

      Wat maak hy hier? Hoe het die storie so gou by hom uitgekom? P.C. draai sy rug op die nuwe aankomeling. Noudat hulle op droë grond is, voel hy nie meer so blootgestel nie. Is hy nie meer op sy hoede vir die groeiende aantal nuuskieriges nie. Nou irriteer hulle hom net. Nou is daai vetgat ook nog op pad hierheen.

      Die karre wat met die tuislandpad kom verminder skielik spoed wanneer hulle die mense op die brug sien. Hulle moet stilhou. ’n Versigtige pad deur die skare probeer ooptoeter. Die plaaswerkers wat vir die Saterdagoggend met die voet dorp toe kom, stroom oor die smal brug. Die ontsag vir voertuie wat oor die brug jaag eensklaps daarmee heen. Safety in numbers. Adjudant-offisier van Deventer weet skarebeheer is nou buite die kwessie. Dié besigheid het nou ’n eie lewe gekry.

      Die groot man kom teen ’n gevaarlike spoed die bult af. Soos ’n sleggestopte streepsak, kom dit by P.C. op. ’n Swáár sak. Met die alewige kamera om die nek. Wié het hom hiervan gesê? Dink hy hier is iets te ete?

      Paul Vincent van Dorp & District. Vreet soos ’n vark. Ruik ook so. Oujongkêrels maak soos hulle wil, weet P.C. Eet en was is hulle eie saak. Niemand om niks te sê nie.

      “Ek het niks vir jou nie!” roep P.C. na hom toe. Hy maak nie oogkontak nie; netnou dink die koerantman hy wil praatjies maak, dan kom hy nóg nader. “Jy kan Maandag kantoor toe kom! Dalk is die kaptein daar. As jy gelukkig is. Hy reik die persverklarings uit. Jy weet dit.”

      P.C. retireer. Die man moet die boodskap kry. “Dis ’n misdaadtoneel dié, Vincent! Moenie nader kom nie.”

      Studentekonstabel Beukes sien vir hom kans. Hy het nou van sy klip af opgestaan. “Oom kan nie hier deur nie,” sê hy en wys na die geel lint.

      “But I … ek is from the media.”

      “Kan ek Oom se badge sien?” Beukes hou sy hand uit. P.C. merk geen teken van ’n beseerde voet nie. Die skoene is reeds aangetrek. Blink. “Daai een wat sê Oom is van die TV.”

      Paul Vincent het sy hand in die lug. “Pee Cee!”

      Hy kry geen reaksie nie.

      “Warrant!”

      Die polisieman steek ’n sigaret op.

      “Pee Cee! Adjudant! Please, man!”

      P.C. sug, draai na die man toe. “Kom dan maar!” sê hy. “Beukes, los tog. Hy’t nie ’n perskaartjie nie. Hy’s plaaslik.” Hy kyk hoe die man met moeite onder die lint deurbuk en nader geskommel kom.

      “Wat kom maak jy hier, Vincent? Hier’s niks vir jou nie. Net ’n gerug. En dis maar effentjies, selfs vir jou koerantjie. En jy kan maar die kamera los; jy kan nie foto’s neem van ’n gerug nie.”

      “I’ve heard that a murder was committed here. At the river. The corpse was discovered under the bridge.”

      “Ek weet nie waar kry jy jou inligting vandaan nie, Vincent.”

      “Dit is tog … moord, Adjudant?” steun die koerantman. “Can I quote you on that?”

      Hy kom wragtag nader. P.C. staan vinnig opsy, trap amper weer in die water. “Bliksem!” sê hy onder sy asem, en dan: “Haal aan wie jy wil, Vincent. As jou koerantjie volgende Vrydag uitkom, is dit nie meer nuus nie. Noem tog net die kaptein se naam in jou berig. As jy weet wat goed is vir jou. Vir ons almal. Jy weet hoe maklik strip kaptein Coffee se moer.”

      Hy wou dit nog altyd gesê het.

      Dan hoor P.C. die ambulans se sirene aan die bopunt van die straat. Vinnig op pad na die bruggie toe. En dít nou? Die skare op die brug brom hard. “Wie het die donnerse ambulans laat kom?” roep hy. “Een van julle?” Dadelik skud Motaung sy kop. Beukes kyk weg. Klein kak.

      Hy steek weer ’n sigaret op, stap na die Tazz toe. Wink vir Motaung. Laat hy met die dikbek ambulansmanne in hulle taal praat. Laat Beukes maar verduidelik. Hy gaan nou ry. Daar’s ysters wat in sy garage vir hom lê en wag. ’n Halwe Saterdag in sy moer.

      10

      Die stemme is helder, die gretige oop gesigte. Natie! koor hulle.

      Drie, vier, vyf op ’n ry teen die kroegtoonbank, die geliefdes. Die drankie met die ys staan reeds en wag, die kroegman kom tot voor Elnatan, die man met die rooikop plons ysblokkies in die glas, die ys klim oor die rand, Elnatan keer met sy hande, hy lag na die weldoener toe: Nee, wag, Rooie, jy’s te haastig!

      O, jy het darem onthou wie ek is.

      Die kroegman met die rooi hare, wat nie opkyk nie, wat mompel, maar Elnatan hoor hom goed. Rooie staan met ’n geel lap in sy hand, hy vryf oor sy blink toonbank, hy praat sonder om te kyk: Bly om jou weer te sien, Natie. Gedog jy’t ons vergeet. Finaal afgeskryf, kan jy maar sê.

      Ek sal nie vergeet nie, Rooie! Hoe kan ek? Ek weet dit was lank; ek is jammer. Maar … dinge is nie maklik nie. Die gemeente is geen grap nie, die werk is veeleisender as wat ek gedink het, dieselfde dinge oor en oor, dit hou nie op nie, die eise, die mense, hulle neem jou hele lewe in beslag, jou gedagtes, jy droom van hulle, jy skrik snags wakker, jy sukkel om te slaap, jy lê en dink wat jy hulle eintlik moes geantwoord het, hulle los jou nie, hulle los jou nie, hoor jy my, Rooie, hulle los jou nie, dit hou nie op nie, dit hou net nooit op nie. Ek kom skuil hier, ek kom kruip weg, jy weet dit. My toevlug.

      Jy beter drínk! ’n Ander stem. Elnatan ruik die nuwe asem, die brandewyn, hy hoor die deurslaanstem: Nee, vandag is dit ek en jy, maatjie! Jy kan nie een keer in tien jaar hier opdaag met jou gladdebek stories en dan dink jy gaan nié op jou moer gespeel word nie!

      Die medeklinkers word net effens gesleep maar die woorde is vol durf. Elnatan kyk, hy kan nie anders nie, die fris man, nie ’n borselkop nie, die aartjies ’n padkaart oor sy neus, ’n netwerk oor sy wange, die donker sak onder elke rooi oog.

      Hy kyk so stip, hy gluur. Die hare is ’n slordige bos, sulke slierte oor die ore, lang lelle in die nek. Die ligblou rugbytrui te vuil, heeltemal te klein, die homp wit hangpens tussen die hoog opgetrekte kortbroek en die trui. Elnatan keer: Dit was tog nie tien jaar nie, Jasper Malan! Jy laat my slegter lyk as wat ek is!

      Elnatan steek sy hand half in die lug, vrede, geen konfrontasie, geen struweling nie, hulle is sy mense, hulle almal, almal hoofkarakters, almal syne sy toevlug sy tuiskoms.

      Maar dis die brandewyn wat praat, dit verduur nie onreg nie, dit onderskei nie tussen griewe en feite nie. Jou op jou moer speel, ja! Jy sê dinge wat jy nie bedoel nie; jy belowe alles en dan bly jy weg.

      Elnatan paai, hy het die goeie woorde, hy ken troos, hy bemoedig: Toemaar, toemaar, ons sal nou praat, ek en jy, Jasper, ek is gereed om te praat, ek is reg vir jou, vir julle almal, dit het te lank gevat, ek weet, maar ons gaan begin, ek en jy uiteindelik, kyk! Ons begin met jou, jy en die rugby, jy en jou loopbaan, waarheen het dit jou oral geneem!

      Die slim trooswoorde, sy gladde versekerings. Jasper kom sit langs Elnatan, hy sukkel met die hoë kroegstoeltjie. Jasper die rugbyheld, Jasper die

Скачать книгу