Die Portier. Pat Stamatélos

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Portier - Pat Stamatélos страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Die Portier - Pat Stamatélos

Скачать книгу

      

      Titelblad

      PAT STAMATÉLOS

      Die portier

      KWELA BOEKE

      Opdrag

      Vir

      Die personeel by Life Robinson Privaat Hospitaal

      Vir al die goeie tye

      en

      Dr Rinki Vamvadelis

      A moment’s kindness, a lifetime’s remembrance

      Hoofstuk 1

      1

      Hy kyk afgetrokke na die figuur voor hom. Waar hy half gebukkend aan die voetenent van die trolliebed staan, hou hy die stil, bleek vrou dop vir tekens van lewe. Haar bene is effens oopgesper en haar voete willoos omgekantel.

      Hy bekyk die spierwit voet met sy skurwerige hakskeen wat onder die hospitaalkombers uitsteek, die ronding van haar heup, die effens ontblote borste. Haar gesig lyk pofferig, twee vol lippe op ’n skrefie oop, met ’n dun straaltjie kwyl wat tot op die kussing drup.

      Hy ril, knip sy oë ’n paar maal. Daisy de Melker.

      Sy laat hom dink aan Daisy de Melker. Haar voorkoms, nie haar dade nie. Opgeblase, onaantreklik. Vingers wat aan die dun kombers klou, die enigste teken van lewe, haar asemhaling só sag, sy kon net sowel dood wees.

      Hy is dankbaar dat sy so stil is. Soms kan hulle in hul bedwelmde toestand sulke snert kwytraak. Party huil onbeskaamd, ander deel klappe uit. Nog ander skel en kreun.

      Ontstellend en tog fassinerend, soos monotone skadu’s van skimme. Kadaweragtig en tog lewend, met wonde wat aanhou bloei onder wit verbande.

      Vlieë lê hul eiers in die openinge van die liggaam: die oë, naeltjie en oop wonde. Die maaiers is so groot soos ’n ongekookte korrel rys.

      Wat is dit omtrent die bewusteloses, die halfdooies, wat maak dat hy hom met hulle vereenselwig? Is die mens in sy verdoofde toestand op ’n hoër vlak, meer in voeling met sy wese, sy God, sy omgewing? Of totaal en al verlate?

      Hulle sien gesigte, soms gedrogte, soms ’n winkende lig in ’n donker tonnel. Dis wat hulle jou agterna vertel, hul jammerlike toestand vergete: die teaterrok wat jou stroop van alle waardigheid.

      Hy besef, met verbasing en afgryse, dat Strubenshof Privaat Hospitaal stadigaan onder sy vel begin inkruip. Hy peins en wonder al meer oor die hospitaal en sy mense.

      Dis sy kopsiekte, soos sy pa sou gesê het, wat hom dwing om terapie en genesing te soek tussen kranklike en gepynigde mense. Tog bly hy stewig staan ondanks sy eie ondervelse kneusings, al is dit soms krom in die bakarm van genade.

      Hy het sewe lange jare vir sy pa gewerk op die stuk grond wat sy sweet getap het. Maar aan die einde daarvan het hy nie ’n Lea of ’n Ragel gekry nie, net ’n dooie pa en die gevoel van leegheid in hom. Sy pa het hom aangedryf, dag ná dag, en skielik was daar niks.

      Dit was Ouboet wat voorgestel het hy gaan werk tussen siek mense.

      “Jy het nooit as kind so baie hande gewas nie, Max. Nog minder was jy neuroties oor vuilheid. Pa se skielike dood was vir ons albei ’n skok, maar ek dink dit het jou dieper geraak as wat jy besef. Gaan doen iets vir jou medemens, dis goeie terapie. Sluit aan by ’n welsynsorganisasie, of neem kos vir die siekes. Enigiets om jou nuttig te laat voel en jou gedagtes af te lei.”

      Hy het by Strubenshof Privaat aansoek gedoen vir werk en is aangestel as portier.

      Suster Doortjie ruk hom uit sy gedagtes.

      “Vat, Max!” sê sy driftig en wys na die kopkant van die bed.

      Hy tree vorentoe, begin trek aan die trolliebed. Hoekom moet mense altyd kop eerste na die teater en uit die teater gestoot word? wonder hy. Maak dit nie meer sin om hulle om te swaai sodat hulle kan sien waarheen hulle gaan nie? Met die verbystoot kan hulle ander in die oë kyk, dankbaar knik vir ’n simpatieke glimlag.

      Miskien herinner dit te veel aan die stootjie na die lykshuis, voete eerste.

      Die hospitaal het reëls en regulasies wat hy nie verstaan nie, soos die teaterrok met sy bandjies wat agter vasmaak. Hy wil liewer die aanskouing van vervalle vlees en sellulietbebulte boude en bobene gespaar word. Het bestuur nog nie van Velcro gehoor nie?

      Skielik wens hy hy was tuis, met ’n glasie van Ouboet se geskenkwyn in die een hand en ’n boek in die ander, langs die gekerfde biltong in die keramiekbak en die bos blomme in die mooi vaas.

      Hy sug onderlangs toe suster Doortjie beduie hulle moet vinniger beweeg.

      Doortjie. Agt letters, ’n gelyke getal.

      “Suster, het jy geweet,” begin hy, “Velcro is die uitvindsel van ’n Switser, George de Mestral, wat sy uitvindsel reeds in 1955 gepatenteer het. Ná hulle hom jare lank uitgelag en gesweer het niks kan die ritssluiter vervang nie, het hy uiteindelik sestig miljoen meter per jaar daarvan verkoop.”

      “Ja, en . . . ?” moedig suster Doortjie hom aan. Hy herken die ek-weet-wat-kom-uitdrukking op haar gesig.

      “Waarom gebruik die hospitaal nie Velcro in plaas van bandjies aan die teaterklere nie? Velcro is al oor die vyftig jaar met ons en –”

      “Ja, ek weet, maar Velcro is van plastiek gemaak en hoë hitte sal dit laat smelt. Dus kan dit nie gesteriliseer word nie. End of story.”

      Nou ja, nou weet hy ook. Moes dit eintlik self uitgewerk het, dis so logies.

      Hy kyk af na die trolliebed, sien hoe skeef die wit kombers hang. Hoe ongelyk Daisy de Melker se hare gesny is – of miskien is dit net plein deurmekaar. Hoe onegalig haar vingernaels geknip is.

      Hy trek sy skouers op ’n knop en sy nekspiere span styf. Dis alles dinge waarin hy ’n renons het. Eintlik is grillerig die regte woord.

      Suster Doortjie het klaar alles afgemerk in die pasiënt se lêer en plak dit eenkant op die bed neer. Hy sien van die papiere steek uit, plakkers gly onder uit. Hy loop vinnig om die bed, tel die lêer op, skud alles netjies in plek.

      “Toe nou, Max. Die saal is besig, ek moet terug.” Suster Doortjie lig haar wenkbroue en tuit haar mond vir nog ’n paar toe-toe-toe’s.

      Haar lang hare is in haar nek vasgemaak, die lokke hang links en regs. Stofvangers. Maar haar nuuskierigheid vergoed.

      Hy hou van nuuskierige mense. Nuuskierig genoeg om die pap te proe, om op die stoeltjie te sit, om op die bed te lê. Hulle is gewoonlik goeie gespreksgenote omdat hulle meer weet as die meeste mense, en nóg meer wil weet.

      Kyk nou wat weet suster Doortjie van Velcro af. Wys jou net.

      Die swaar hek gly geluidloos oop. Sy woonstel staan amper teenaan ’n groot, moderne huis in ’n pragtige tuin. Die huis behoort aan hom, gekoop met sy erfgeld, maar hy verkies die woonstel en verhuur die huis. Dis sy grootste inkomste, die hospitaal eintlik net sy terapie, die klein salaris

Скачать книгу