'n Pawpaw vir my darling. Jeanne Goosen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Pawpaw vir my darling - Jeanne Goosen страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
'n Pawpaw vir my darling - Jeanne Goosen

Скачать книгу

bly ook aanmekaar krap. Ek het vergeet om te sê: Mignon het kom kennis maak by die ossewawiel. Ons het aan mekaar geruik en had rapport. Die eerste keer toe ek die Franse poedel met die straat sien afstap, het ek haar goed bekyk. Sy is nie ons soort hond van hier nie. Glad nie sleg nie, het ek gedink, al was die rooi strik toe al af. Sy is iets om na te kyk. Soort van upstairs. Dalk is dit haar manier van smile met die twee hoektandjies wat net so eina-eina oor die onderlip glip. Arme Mignon. Ou Knoffel, die een met die windhondbloed, het glo vir haar gesê dis die lewe van ’n hond in Damnville. Ons jeuk maar almal hier. Ons is gewoond daaraan en sy sal ook daaraan gewoond raak. Dis nou as sy wil oorleef.

      Mignon het baie stories. Sy vertel dat die honde, daar waar sy vandaan kom, se tande geborsel word. Die tandepasta het ’n beef, ’n lamb, ’n chicken of ’n turkey flavour. Van so iets het ek nog nooit gehoor nie. En dit is sommer ’n klomp nonsens as iemand my moet vra. ’n Tandeborsel sal jy nie in my bek inkry nie. Aai-blerrie-kôna!

      Mignon vind ons geselskap hier wel interessant en so aan, maar sy sê geen groter hel as Damnville kon haar getref het nie. Dis die noodlot wat haar hier uitgespoeg het. Dit het alles begin dié dag toe sy weggeraak het. Haar mense het in hierdie geweste na ’n panel beater kom soek. Langs die pad het sy ’n kat gesien, deur die venster gespring en agter die ding aan begin jaag. Toe sy weer kyk, was sy alleen op aarde met die Mercedes-Benz doggonners. Missing.

      Vleis Beeslaer se stem dreun nog steeds. “Die rand is plat op sy gat!” skree hy. Gaan hy dan nooit ophou nie? Hoeveel keer moet ek nog na hierdie selfde ou stories luister: die rand, die hijackers, die petrol, die taxi’s en al daardie vis- en paraffien-stories? As hierdie klomp nie nou ophou tjommel nie, sal iemand maar vir my ook by ’n diereterapeut moet uitkry soos die een waarvan Mignon vertel het. Dié het haar mense glo laat kom om haar oor haar vrees vir donderweer te help. Sy sê sy mis haar terapeut, veral noudat haar een oor so te sê kaal is en haar krulle koek. Ook met dié dat sy moet klaarkom sonder die doggy parlour een maal ’n week. Sy kan net nie op haar eie aangaan nie. Sy hoor glads allerhande stemme, en as sy nie antwoord nie, raas hulle met haar. Die arme, arme meisie.

      Dis genoeg om ’n tefie soos Mignon in ’n diep depro in te dompel. Haar soort is nie vir Damnville gemaak nie. Om mee te begin, bly niemand hier langer as drie dae skoon nie. Dan is jy all sides same side, soort van alkant gatkant. En moet jy kasterolie ingejaag word om te sien aan watter kant jou gesig sit.

      Dit is waar wat Sally Caravan gesê het: hier in Damnville kry almal ewe swaar, en so van swaarkry gepraat, waar is my kos, dis al donker nag?

      Makkie het netnou hier verbygewaggel. Sy was baie jammer vir my oor die opsluitery en die skut. “Sweetness, not to worry, ek werk aan ’n plan om jou agter daai wiel uit te kry. Dis amper tyd vir Mabel om weer haar Loslyf by die café op die hoek te gaan haal. Wanneer sy daai wielhek ooptik, sal ek haar aan die een bunion beetkry, die een langs die tossel van haar carpet slipper. Wanneer sy buk, kan jy uitglip en teen die tyd dat sy dit agterkom, kan jy al op die hoek van Frik du Preez en Jaap Marais wees. Ek sal vir jou wag by die Emsie Schoeman-sopkombuis. Ons kan dit vier. Mekaar jaag en so aan. Jy weet mos. Miskien is daar genoeg oorskiet chicken peri-peri, slaptjips en vetkoekstukke wat die straatkinders weggesmyt het. Straatkinders is ook nie meer straatkinders nie. Hulle smaak al lankal nie meer hoender en vetkoek nie. As hulle sê hulle is honger, beteken dit hulle wil by McDonald’s getreat word.”

      Hoop hou meer brakke aan die lewe as al die veeartse saam. Ou Makkie kan wel wees wat sy is, maar sy verstaan ’n hond met ’n free spirit soos ek, en dat jy so ’n hond nie opgesluit kan hou nie. Soos die gesegde sê, she is a friend indeed. Meer nog, sy smaak my: Tsjaka, die virielste stud in die buurt.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RPeRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzoxMTowMSAwNzow MjozNAAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGYqADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABKoAAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABmAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT

Скачать книгу