Daan Dreyer se blou geranium. Derick B van der Walt

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Daan Dreyer se blou geranium - Derick B van der Walt страница

Daan Dreyer se blou geranium - Derick B van der Walt

Скачать книгу

image target="_blank" rel="nofollow" href="#fb3_img_img_e29ae358-4844-5751-bab7-0c44227afc6b.jpeg" alt="cover.jpg"/>

      Titelblad

      DERICK B VAN DER WALT

      Daan Dreyer

      se blou

      geranium

      KWELA BOEKE

      Opdrag

      Vir Eddie, Sunél en Johann sr

      Vooraf

      Vooraf

      “Jy’s mos die man wat die ou van Numsa verdedig,” sê die meisie met die toutjieshare en die reuse-borste. Sy pluk ’n notaboek uit die sak oor haar skouer en hou ’n pen gereed.

      ’n Mannetjie met rasta-hare begin van Daan foto’s neem. Daan kry warm. Hy voel benoud. Hy wikkel sy das los. Die sweet slaan op sy voorkop uit.

      Hy skud sy kop. “Nie eintlik nie,” kry hy dit uit.

      “Maar –” sê die meisie.

      “There he is!” roep die mannetjie met die rasta-hare en hardloop na die hof se hoofingang. Hy gaan staan in die portaal en begin vir die vale foto’s neem. ’n Horde persfotograwe swerm nader. Die meisie met die deinende borste hardloop agter hulle aan.

      “Sorry, foutjie!” skree sy oor haar skouer vir Daan. “Maar jy lyk nogal na hom!”

      “Ek is maar net hier . . .” roep Daan agter haar aan, maar sy hoor hom nie.

      Hy haal sy das af. Hy sien die Numsa-man staan, omraam deur die hof se voordeur. Daan herken hom van al die mediablootstelling wat die man die laaste twee weke gekry het. Hy lyk korter as op televisie, en moeg. Die mense bondel om hom. Die kameras flits.

      “Ek’s eintlik maar net hier om te kyk hoe lyk die skeihof,” sê Daan vir die man wat die sypaadjie voor die hof vee.

      Die skoonmaker kyk nie na hom nie.

      Hoofstuk 1

      Hoofstuk 1

      “Dis ironies,” sê Neels terwyl hy ’n groot hap van sy toebroodjie vat. “Hulle dink ons is net goed daarvoor om die boekrakke regop te hou, maar as daar ’n spanbouding gedoen moet word, onthou hulle ou Neels Nolte is nog hier.”

      Daan luister nie eintlik nie. Hy verkyk hom aan Neels se toebroodjie. Waar hulle op die stoep voor die kafeteria sit, kan hulle die beweging binne die vertrek dophou. Mense sit in groepies by tafels of staan met oorvol skinkborde voor die kasregister tou.

      Daar is nie net ham óf tamatie óf kaas op Neels se toebroodjie nie, dink Daan. Dis ham, kaas én tamatie, en nog ’n klomp ander goed ook. Duidelik ’n toebroodjie wat ’n vrou gemaak het. Hy kyk na die repies blaarslaai in Neels se toebroodjiebak, die peer, die stukkie kaas, die stuk droëwors.

      Hy sit sy halfgeëte sooibrand-special vies op die tafel neer. Vir wat koop hy elke keer een van die aaklige pasteie? Eintlik verpes hy die goed, maar as hy hom weer kom kry . . .

      “Pappie-ee . . .” fluister Neels. Hy hou op kou en staar deur die venster na die besige kafeteria, toebroodjie in die lug, halfpad na sy mond.

      Vanessa, weet Daan. Of Nessa vir haar handlangers. Hulle nuwe baas met die lang bene en al die ander goed wat saak maak op die regte plekke. Jonk, blond en selfvertroue is haar tweede naam. Sy laat al die mans kwyl, nie net vir Neels nie.

      “Hoehiee . . .” fluister Neels weer terwyl hy ’n hap van sy droëwors vat.

      “Jy’s te oud. Jy kolf ook nie in haar liga nie. Én jy het ’n vrou én ’n paar kinders én twee honde,” sê Daan.

      Neels lag en maak sy kosblik toe. Hy stof die krummeltjies van sy hemp af en staan op. In die verbygaan vryf hy oor Daan se kop. “Raak by die dag minder.”

      “Los my hare en speak for yourself!” Daan stamp sy stoel onnodig hard onder die tafel in.

      “O ja,” skree Neels agter hom aan, “Amanda sê jy moet Saterdag kom rugby kyk. Ons gooi sommer agterna ’n vleisie op die kole.”

      “Sal sien,” brom Daan van sy kantoordeur af. Hy is nie regtig lus vir die Noltes nie, maar hy weet Saterdagaande is die ergste. Hy wil mal word in die klein woonstelletjie.

      Hy hervat sy werk aan die deurmekaar begroting van die Bennett-projek. Die syfers wil nie klop nie. Iewers is iets nie reg nie, maar hy kan nie agterkom wat nie.

      Die jongetjies. Wil net met drankies op onthale rondstaan en hulle gate uit geniet. Hulle wil nie veel van die detail van hulle projekte weet nie, beslis nie hoe die somme werk nie. Maar hy wat Daan is, móét weet. Hy moet pa staan vir elke sent in hierdie blerrie plek.

      Hy sal vir Vanessa moet gaan sien oor die Bennett-spul. Hy verpes dit om na haar kantoor te gaan. Sy is nou al twee maande hulle nuwe baas. Geheadhunt, loop die stories.

      Hy kan sien ’n paar van die ouens proes onderlangs toe hy aan haar kantoordeur klop. Ag nee sies, Daan, sê die gesigte. Sy is darem kroonwild vir jou.

      Maar hy moet haar in die saak ken as hy ’n begroting afkeur of aanpas. En hy kan baie min besluite neem sonder haar toestemming. Sy kon sy dogter gewees het.

      Die vrou is mooi, maar sy intimideer hom heeltemal. Die onverskrokkenheid en die op-koers-wees, reguit na bo. Heel-heel bo, dis ononderhandelbaar.

      Hy klop huiwerig. Sy sit in haar rooi ontwerpersnommertjie met haar blonde hare in ’n stemmige poniestert gekam. Sy konsentreer op die dokument voor haar. Haar lang bene is netjies onder die lessenaar gekruis.

      Sy kyk gesteurd op en loer vir hom oor haar Prada-brilletjie.

      “Ek’s nogal erg besig, Daan,” sê sy geïrriteerd.

      “Dis die Bennett-begroting. Die boeke klop nie.”

      “Kan dit nie wag tot Maandag nie?”

      “Wel, dit kan seker. Maar ek kan nie geld vir die projek goedkeur as die papierwerk só lyk nie . . .”

      Sy haal haar bril af en kou aan een van die ore terwyl sy hom ’n rukkie bekyk.

      “Jy weet, Daan, partymaal dink ek julle . . . hoe sal ek sê . . .”

      Sê maar has-beens, jy noem ons mos só agter ons rug.

      “Ek dink jy is soms ’n bietjie moedswillig. Dis vir jou lekker om die rompslomp en die papierwerk so ingewikkeld moontlik te maak. Ons nuwe generasie dink anders . . . ehm . . . buite die boksie.”

      Sy kruis haar bene na die ander kant. “En dis Vrydag. Ek gaan weg vir die naweek, so dit sal net moet wag tot Maandag.”

      Sy sit agteroor in haar stoel en sê vriendeliker: “Kom nou, Daan. Jy was nog altyd ’n spanspeler. Jy weet jou kundigheid word hier hoog geag, maar gaan dink ’n bietjie die naweek. Is al hierdie vreeslike stelsels en sisteme en kontroles regtig nodig? Dit dryf almal teen die mure uit. Een van die dae begin die nuwe hoofbestuurder, en ek wil trots wees op my spannetjie. Wys wat julle kan doen, wys dat ons ons reputasie as voor-in-die-koor verdien. Dat ons vernuwend dink, ook as

Скачать книгу