By fonteine langs. Nina Smit

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу By fonteine langs - Nina Smit страница 7

Автор:
Серия:
Издательство:
By fonteine langs - Nina Smit

Скачать книгу

kans sien om saam met die ongehoorsame volk te trek nie, weier Moses summier om ’n tree sonder die Here te versit. Moses sê: “Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde” (Eks 33:16).

      Die andersmakende faktor in Israel se bestaan was die God wat hulle aanbid het. Ook jy het vir God in jou lewe nodig as jy vanjaar voorspoed wil ervaar. As jy daardie andersmakende faktor in jou eie lewe het, mag jy vanjaar op God se seën reken, kan jy vir seker weet dat Hy elke dag van die nuwe jaar by jou sal wees om vir jou te sorg. As dit van jou waar is, kan jy maar die onsekerhede van die nuwe jaar met groot vertroue tegemoetgaan. Jy het tog al dikwels in die verlede ondervind dat die Here jou gehelp en vir jou voorsien het – Hy belowe om dit ook in die jaar wat voorlê te doen.

      Hemelse Vader, dankie vir die versekering dat U in my lewe teenwoordig is. Help my om U te gehoorsaam, te dien en lief te hê, en maak my asseblief voorspoedig in die jaar wat voorlê.

      Amen

      25 Januarie

      Soek en dink

      Lees Psalm 105:1-8

      Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel – Ps 105:4-5

squig.jpg

      Die teksvers hierbo bevat twee werkwoorde wat vir jou baie kan beteken in die jaar wat voorlê, naamlik “soek” en “dink”.

      Soek die Here se teenwoordigheid, maan die psalmdigter. Sorg dat jy elke dag van die nuwe jaar genoeg tyd in jou besige program vir Hom opsy sit, anders gaan jy baie ontbeer.

      Die tweede ding waaraan jy aandag moet gee, is jou gedagtes. Dink gedurig aan die Here se magtige dade, aan die dinge wat Hy vir jou in die verlede gedoen het, aan sy wonders in die natuur. Hoe meer jy aan God dink en sy teenwoordigheid opsoek, hoe groter werklikheid sal Hy in jou lewe word.

      Tog is om God te soek en aan sy wonderdade te dink nog nie genoeg nie. “Dit gaan goed met die mens […] wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink,” skryf die psalmdigter (Ps 1:1-2). Behalwe om God se teenwoordigheid te soek en aan sy wonderdade te dink, moet jy ook nog sy Woord bestudeer en in jou hart bewaar. Wanneer jy dít doen, sal jy, soos Psalm 1 dit so mooi stel, wees “soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra”. Só ’n man, sê die psalmdigter, “is voorspoedig in alles wat hy aanpak” (vgl Ps 1:3).

      Vader, ek kom vra dat U my vanjaar sal help om u teenwoordigheid op te soek, om u dade te oordink en u Woord in my hart te bêre sodat ek voorspoedig sal wees in alles wat ek aanpak.

      Amen

      26 Januarie

      Gun ander hul voorspoed

      Lees Spreuke 11:25-31

      Wie ’n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van ander les, sal self genoeg kry as hy dors is – Spr 11:25

squig.jpg

      Christene behoort lig te loop vir die groenoog-monster. Dit is maklik om jaloers te raak as dit vir jou lyk asof almal óm jou meer voorspoedig as jyself is. Des te meer as dié voorspoedige mense nie eers Christene is nie! Dis eweneens moeilik om tevrede te wees met die stokou motor in jou motorhuis as jou buurman met ’n blinknuwe Duitse model by jou verby flits.

      Indien jy soms jaloers op ander is, is jy beslis nie alleen nie! Selfs Dawid, die “man na God se hart”, het in hierdie strik getrap: In heelparty psalms kla hy oor die voorspoed van die goddeloses. Ook Asaf skryf in Psalm 73:3: “Ek het die hooghartige goddeloses met afguns bejeën toe ek hulle voorspoed sien.” Tog is die voorspoed van ongelowiges maar van korte duur en kan dit nooit opweeg teen die hemelse voorspoed wat daar vir God se kinders wag nie.

      “Afguns is om ander mense se seëninge te tel, pleks van jou eie,” sê Charles Colton. As jy weer in die versoeking wil kom om op ánder mense se voorspoed jaloers te raak, dink liewer aan al die seëninge wat God reeds aan jóú toevertrou het, en sê vir Hom dankie daarvoor. Kyk ook of jy nie vir iemand ánders goed kan wees nie. Daarna kan jy doen wat die wyse Spreukeskrywer jou aanraai: Gun ander mense hul voorspoed, dan sal jy self oorvloed hê.

      Here, vergewe my dat ek so maklik jaloers raak op mense wat meer as ek het. Maak my eerder dankbaar vir alles wat U vir mý gee, en help my om ander mense hul voorspoed te gun sodat ek self oorvloed kan hê.

      Amen

      27 Januarie

      Vrywillige offers

      Lees Deuteronomium 16:9-12

      “In die mate waarin die Here jou God jou met voorspoed geseën het, moet jy ’n vrywillige offer vir Hom bring” – Deut 16:10

squig.jpg

      In vandag se teksvers word die fees van die weke beskryf. Sewe weke ná die oestyd moet die volk hierdie fees tot eer van God vier. In dieselfde mate waarin die Here húlle met voorspoed geseën het, moet hulle vrywillige offers vir Hom bring.

      God seën sy kinders met materiële seëninge sodat hulle weer op hul beurt ánder mense kan seën wat minder as hulle het. Hoe meer God ons seën, hoe meer oop behoort ons hande en beursies vir mense in nood te wees.

      Ongelukkig werk dit feitlik nooit so nie. Elkeen wat al met ’n bussie op die straat gestaan het om geld vir ’n instansie in te samel weet watter mense die meeste geld in daardie bussies gooi: Juis húlle wat dit self nie breed het nie. Waak in die jaar wat kom dat dit ooit van jou waar sal wees dat jy self geseën word, maar ten spyte van God se seën inhalig bly.

      God dwing nooit mense om geld vir sy koninkryk te gee nie, maar Hy het ’n blymoedige gewer lief, só skryf Paulus in sy brief aan die Korintiërs (vgl 2 Kor 9:7). God wil nie jou offers hê wat jy teësinnig gee nie, maar as jy bereid is om uit te reik na ander en die seëninge wat jy van God gekry het met ander mense te deel, gaan jy ontdek dat jy nóg meer oorvloedig deur God geseën sal word. Probeer dit gerus!

      Hemelse Vader, ek loof U vir u materiële seën in my eie lewe. Gee dat ek ’n oop hart en ’n oop beursie vir ander mense sal hê sodat ek die voorspoed wat U my gegee het, weer aan ander sal deurgee.

      Amen

      28 Januarie

      God wens jou voorspoed toe!

      Lees Jeremia 29:8-14

      Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra – Jer 29:11-13

squig.jpg

      Jeremia skryf hier ’n boodskap van hoop vir sy volk wat in ballingskap weggevoer is. Dit gaan sleg met hulle, maar God beloof

Скачать книгу