Blywende woorde. Sylvia de Kock

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Blywende woorde - Sylvia de Kock страница

Автор:
Серия:
Издательство:
Blywende woorde - Sylvia de Kock

Скачать книгу

cover.jpg

      Titelblad

      Sylvia de Kock

      Blywende woorde

      Oordenkings oor vroue wat glo

      LUX VERBI

      Opgedra aan

      Met dank aan ons hemelse Vader, wat my elke dag deur sy genade en woorde lei. Aan my ma, wat my die waarde van opregte woorde geleer het. Aan my pa, wat ons kinders daaraan herinner dat ons God in woord en daad moet dien. Aan al die vroue wie se woorde die tydloosheid van God se woorde vasvang.

      Voorwoord

      Voorwoord

      Blywende woorde spruit uit aanhalings van vroue oor hul geloof en hul verhouding met Christus. Daar is baie vroue soos hulle wie se woorde met die tyd sal wegwaai as dit nie vasgevang word nie. Daar was deur die eeue duisende Christenvroue wat wyse woorde oor hul verhouding met Christus en hul geloof kwytgeraak het. Hulle het met hul gesinne gepraat, met hul gemeentes, met hul naaste en met God. Min van hierdie woorde is ooit in ’n bundel gepubliseer en hierdie is ’n beskeie poging om so ’n klompie vroue se woorde byeen te bring. Deur dit te doen wil ek graag hulde bring aan alle vroue wat die moed het om hul geloof deur woorde te bely.

      Sylvia de Kock

      1. Om tot God se beskikking te wees

      1

      Om tot God se beskikking te wees

      Ek is tot die beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.

      – LUKAS 1:38, MARIA, JESUS SE MOEDER

      Watter lofwaardige getuienis uit die mond van ’n vrou wat baie swaargekry het. Sy moes besef het hoe moeilik haar pad sou wees om die Seun van God groot te maak. Ons moet bid vir hierdie soort inskiklikheid om God te gehoorsaam. Dit is nie maklik nie. Dit kan nooit eenvoudig wees om God te dien nie. Tog verwag Hy gehoorsaamheid van ons. Meer nog, soos wat Hy Maria vertrou het met die allergrootste taak op aarde, naamlik om die Seun van God op te voed, so vertrou Hy jou en my ook om sekere take vir Hom te verrig. Daarby moet ons geëerd voel dat God ons goed genoeg ag om Hom te dien. Hy het ons, soos vir Maria, uitverkies om groot dinge in sy Naam te vermag. En soos Maria, moet ons ook onmiddellik en met vertroue op God se versoek reageer. Wie weet watter wonderlike dinge God kan vermag deur jou inskiklikheid en gewilligheid om te gehoorsaam.

      Maria het geantwoord: “Ek prys die Here. Ek juig in God my Verlosser! Want Hy het omgesien na sy nederige diensmeisie, en nou sal geslag na geslag my geseënd noem.”

      – LUKAS 1:46–48 (NLV)

      2. In sy hande

      2

      In sy hande

      Hoe moeilik die nuwe jaar ook mag wees, hoe skrikwekkend die dreigende ellendes, niks is naastenby so groot soos Hy nie. Die hande wat sy dissipels se voete gewas het, is die hande wat my lewe vashou, en dié van almal wat ek liefhet.

      – MARZANNE LEROUX-VAN DER BOON

      Ons staar ons so maklik blind teen alle soorte gevare – dié wat werklik is en ook dié wat ons altyd vrugbare verbeelding uitdink. En dis alles so onnodig. En ongelowig daarby. Die Here is in beheer. Hy was nog altyd in beheer, en Hy is steeds en tot in alle ewigheid in beheer. Ook van my en jou lewe. Dis nie dat daar geen gevaar is nie. Dis net dat sy teenwoordigheid die gevaar demp, dit anders maak, want ons hoef ons nie blind te staar daarteen nie. Ons kan maar net na Hom kyk. Hy wat die hemel en die aarde onderhou, en gewillig is om ons voete te was. Hy wat ons die opdrag gee om nie ontsteld en bang te wees nie. Dit is hoekom ons gereeld tot stilstand moet kom en besef dat God ons in sy hande omvou. By Hom is daar geen twyfel nodig nie. Saam met Hom is daar geen rede om te vrees nie. Hy is en bly God.

      Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.

      – JOHANNES 14:1

      3. Ons pyn kan ons krag word

      3

      Ons pyn kan ons krag word

      Die dinge wat ons so seer kan maak dat dit onuithoudbaar raak, word die krag waarna ons vra om ons die hoogtes uit te dra.

      – HELEN STEINER RICE

      Daar is baie tye in ’n mens se lewe waartydens jy wonder hoe jy deur die dag gaan kom. ’n Mens staar jou blind teen vrese en soek fout waar daar nie is nie. Hierdie tye druk jou plat, maak jou kragteloos. Tog is dit juis hierdie tye wat God gebruik om jou nie net krag te gee nie, maar jou bewus te maak daarvan dat jy innerlike krag het. Hierdie innerlike krag word juis ontwikkel wanneer jy en jou Here deur moeilike tye gaan. Bitter tye kom, of jy dit nou wil hê of nie, want dis die lewe. Maar weet dit: God is by jou in so ’n tyd, en Hy gee jou krag en dra jou wanneer jy nie meer kan nie. Dikwels is ons so vasgevang in ons eie swakheid dat ons nie besef dat God ons juis in ons swakheid leer om ons eie krag te ontdek nie. Juis in tye van swakheid kan en wil God ons help om kragtig te word.

      God omgord my met krag, Hy maak my pad voorspoedig … U het my met krag omgord vir die stryd.

      – 2 SAMUEL 22:33, 40

      4. Ontdek jou identiteit

      4

      Ontdek jou identiteit

      “Wie is ek?” is ’n vraag wat onbeantwoord sal bly totdat ek myself in Christus vind.

      – HELENE DE KOCK

      ’n Mens hoor so in die omgang dikwels die woord identiteit. “Wie is ek?”, “Waarheen is ek op pad?” en “Is dit genoeg vir my?” is vrae wat dikwels gevra word. Wat is ’n mens as jy nie weet wie jy is nie? “Ja, wie is ek nou eintlik?” is dan ’n vraag wat gereeld by die meeste mense opkom. Selfs kinders begin in ’n stadium daaroor wonder. En geen wonder nie! ’n Mens se identiteit is belangrik, so belangrik dat jy verlore voel daarsonder. Almal wil graag iewers vandaan kom en almal wil iewers hoort. As ons eerlik wil wees, wil ons graag by iemand hoort. En daar is net een Iemand by wie ’n mens regtig tuis voel. Iemand wat jou identiteit as sy kind kan bevestig. Dit is Jesus Christus. Ons kan net deur Jesus daaromtrent sekerheid hê. Hy skenk aan ons ’n ware, volronde identiteit wat nooit verlore sal gaan nie.

      Ons staan bekend as kinders van God. Ons ís dit natuurlik ook.

      – 1 JOHANNES 3:1 (DIE BOODSKAP)

      5. Bou ’n muur

      5

      Bou ’n muur

      Bou ’n muur rondom vandag en begin môre weer ’n nuwe muur.

      – MARIE MALHERBE

      Om net vir vandag te leef kan ’n goeie, verantwoordbare betekenis hê. Deur jou net vir vandag af te sluit van jou bekommernisse, kan jy vrugbaar leef. Leef in kompartemente, hoor ’n mens dikwels. Maar hoe doen jy dit? Hoe bou jy ’n muur rondom vandag sodat gister en môre jou nie kan pla nie? Die geleerdes sê jy moet van indagtigheid kennis neem. Dit beteken jy moet in die oomblik leef. Jy moet die oomblik, wat in elk geval al is wat jy het, in besit neem. So sal jy oomblik vir oomblik

Скачать книгу