Op die vrou af 2. André le Roux

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Op die vrou af 2 - André le Roux страница 7

Op die vrou af 2 - André le Roux

Скачать книгу

maak sy nou weer daardie lekker aartappelslaai van haar. Met mayonnaise? (Waar hou ons die mayonnaise? En ek dink die chutney is ook op.)

      SMS terug: Mrs Ball’s in die kas links van die stoof, bo regs. Tamatiesous in die yskas, voeg sy by al het jy nie gevra nie.

      Die weervoorspelling sê mooiweer en wind …

      SMS: Die kat wil nie eet nie. (“Wat’s verkeerd met die kos wat ek jou gee, hè?”)

      SMS terug: Het jy van die melk onthou?

      O, ja, áfgeroom. Dat ’n kat nou so vol nonsens kan wees. “Hoekom gaan vang jy nie liewer vlooie buite nie?” vra jy.

      Jy betrap jouself dat jy al hoe meer met die kat begin praat: “Watse fliek sal ons vanaand kyk? 101 Dalmatians is op M-Net. Of is jy lus om na Worsie Visser te luister?”

      “Presiés!” miaau die kat en loop weg.

      SMS: Waar’s my Worsie Visser-CD? Dis nie onder W nie.

      SMS terug: Kyk onder V.

      Jy luister na die wind, en vergeet van die oop badkamervenster tot jy goed hoor val. Dis nogals ’n taai maar welriekende gemors as badoliebotteltjies en sjampoe op die vloer beland. Jy wonder of jy conditioner moet bysit, vee alles mooi netjies met die handdoek op, sit die handdoek netjies in die bad en soek ’n skoon een.

      SMS: Daar’s géén handdoeke in die linnekas nie!

      SMS terug: Dis nie in die linnekas nie, dis in die handdoekkas.

      Waar’s dié? Jy’t nie eens geweet julle het ’n handdoekkas nie, daar’s dan nooit genoeg pakplek in hierdie huis nie.

      Een of ander tyd sal jy seker ook die twee borde, die twee messe en vurke moet was. Jy sit dit in die skottelgoedwasser, in wat vir jou na die toepaslike kompartemente lyk. Jy soek die On-knoppie, maar daar’s net hiërogliewe. Jy draai ’n knop. Wag, wat van die water?

      SMS: Waar tap ’n mens water in die skottelgoedwasser ?

      SMS terug: Dit tap self water in. (“O, nogals slim.”)

      SMS: Waar gooi ’n mens die Sunlight Liquid in ? (Jy’s seker ’n mens gebruik nie Handy Andy nie.)

      SMS terug: Los liewer, netnou breek jy die ding. En ongevraagd vra sy: Is die kombuis deurmekaar ?

      Jy stuur ’n laaste SMS’ie: Kan jy nie vroeër huis toe kom nie? Die kat verlang vreeslik en mis jou …

      November 2004

      Krismiskoek

      Sy’t gemaak nes Sarie verlede maand op bladsy 172 gesê het: Bak nou jou vrugtekoek!

      Want ’n mens moet dit vir minstens ’n maand laat staan dat die koek goed getrek kan raak, sien? (Daar kom ’n hele bottel brandewyn in, wat sy nie saam met die ander bestanddele gaan koop het nie, sy’t sommer joune gevat.)

      Maar dis ’n ope vraag of die koek dit betyds gaan maak vir Krismis, vir al die niggies en nefies en ook tante Gwendoline, wat al weer kom kuier. Want sy gaan koop die 2 ½ kg gemengde vrugte, die 500 g dadels (fyngekap), die 300 g amandels, die 125 g rooi kersies, so aanloklik soos sjokolade. Toe eet sy eers die kersies op en toe die amandels.

      In die motor op pad terug huis toe.

      Jy gee nie om dat sy jou brandewyn gebruik nie, want jy ys om te dink wat kon gebeur het as dit by die ander bestanddele was – sy’s kapabel en vat ’n slukkie by ’n robot om die amandels af te spoel, binne sig van die Metropolisie.

      Sy’t glad nie by die gemengde vrugte en dadels uitgekom nie, wat beteken sy hoef nie weer winkel toe te ry vir gemengde vrugte en dadels nie, net vir die kersies en amandels.

      Dis ’n fenomeen onder vroue. Om te eet in die motor. Is dit ’n … e … motoriese reaksie? Kom dit uit die dae van hardgekookte eiers, wors en frikkadelle sodra die wiele rol? Met ’n groot pak Liquorice Allsorts daarby.

      Het jy al ooit ’n bakkie jogurt in ’n bewegende motor probeer oopmaak terwyl jy die stuurwiel met jou knieë vashou?

      En pasop tog dat die stuurwiel nie taai word nie. Enigiets wat kan drup, is ’n probleem. Soos tamatiesous. En die pasteikrummels wat sy met haar voet onder die sitplek probeer invee?

      Op ’n dag lyk haar motor soos die nadraai van ’n piekniek. Dan sal daar ’n dag kom dat sy moet kies tussen stilhou by ’n rooi lig en die balans van die hamburger op haar skoot …

      Hulle het navorsing gedoen oor dié soort van ding. In New York wou hulle kyk hoeveel mense gebruik ’n selfoon terwyl hulle bestuur. Net 3%, party probeer selfs ’n SMS tik! Terwyl 26% eet en drink. Teen 100 km/h.

      “Food causes accidents,” was die bevinding. (Jy kon hulle gesê het.) Hulle het ’n lysie opgestel van eetgoed in volgorde van gevaarlikheid: 1. sjokolade; 2. koeldrank; 3. oliebolle; 4. gebraaide hoender; 5. enige ander gebraaide happie; 6. hamburgers; 7. hotdogs; 8. tjips; 9. warm sop. (Al wat gevaarliker is, is peuter met die radio. Daar’s ook vroue wat grimering aansit agter die stuur; ander lees ’n boek.)

      Die gevaarlikste was nr. 10 – koffie. Een of ander tyd, mors gaan jy mors …

      “Daar was ’n hobbel in die pad, ek belowe jou. En dit was ’n skoon paar jeans!”

      In Amerika het hulle ’n naam daarvoor: dashboard dining. Hulle pas selfs die ontwerp van motors daarby aan – hoe meer koppiehouertjies in ’n motor, hoe gewilder is dit by vroue, maak nie saak of daar ook ’n blompotjie is nie.

      “Hoekom sit hulle nie ’n klein mikrogolfoondjie in die paneelkissie nie?” vra sy. “Daai motor sal verkoop soos soetkoek.” (Jy reken dié voorstel vat die koek.)

      Wat haar terugbring by haar Krismiskoek. Sy’s nou al drie keer winkel toe en terug, want elke keer is daar – onverklaarbaar – te min bestanddele wanneer sy by die huis kom. Intussen tik die dae van die maand verby.

      “Dit sal seker nie saak maak as die koek ’n dag of twee minder staan en trek nie, nè?” Jy sien hier kom ’n ding – haar Krismiskoek gaan ’n Nuwejaarskoek word. Ons eet al weer roomys vir nagereg op Kersdag.

      Jy kondig aan jy gaan liewer die koerant koop, wil sy iets van die winkel af hê? (Jy ken reeds die antwoord.)

      “Ja!” roep sy uitgelate uit. “Kersies en amandels! Moet ek ’n lysie maak?”

      Toe jy by die huis kom, sê sy: “Jy het sowaar die kersies én amandels onthou, selfs die koerant. En dit sonder ’n lysie.”

      Sy klink baie trots op jou.

      “Die … die …” stotter sy.

      “Wat nou?” vra jy onskuldig.

      “Die pakkie kersies is dan … oopgemaak,” sê sy. “En hier’s sowaar net … twéé kersies in?”

      Desember 2004

      In haar klerekas

      Jy kan

Скачать книгу