Die afreis van Abel Lotz. Chris Karsten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die afreis van Abel Lotz - Chris Karsten страница 4

Автор:
Серия:
Издательство:
Die afreis van Abel Lotz - Chris Karsten

Скачать книгу

in ’n streekkantoor in Umgeni, KwaZulu-Natal gearresteer. Hulle word van korrupsie verdink nadat hulle na bewering huweliksertifikate vir sogenaamde gerieflikheidstroues tussen Suid-Afrikaanse burgers en vreemdelinge uitgereik het. Sulke troues word gereël om buitelanders te help om Suid-Afrikaanse burgerskap, identiteitsdokumente en paspoorte te bekom. ’n Woordvoerder van binnelandse sake het aan die Rekord gesê die arrestasies verteenwoordig ’n geïsoleerde geval en die departement gee sy volle samewerking aan die polisie. Die woordvoerder het aantygings van wydverspreide korrupsie in die departement ontken.”

      “Só,” sê Jake, “wat’s die storie?”

      “Glo jy haar, die woordvoerder wat sê dis ’n geïsoleerde geval?”

      “As sy so sê.”

      “Ek’t daar gewerk, my maat, voor die skop onder my gat by die deur uit. Gaan kyk weer na daardie ander berig wat in julle koerant was – in Junie. Dit was in al die koerante, ook op TV. Gaan lees dit weer en vra vir jouself: Is dit ’n geïsoleerde geval, of wat?”

      “Van watter berig praat jy?”

      “Google dit.”

      “Wat moet ek google?”

      “Daniel Robinson. En nadat jy dit gelees het, bel jy ene meneer Heilbron by binnelandse sake se streekkantoor in Johannesburg. Jy sal die nommer in die gids kry.”

      Die foon klik en Jake sit met die sel teen sy oor en luister na die lyn wat sag zoem. Hy skakel die opnemer af, druk ’n halwe frikkadel in sy mond en trek sy skootrekenaar nader. “daniel robinson” in die soekvenster van die Rekord se elektroniese argief lewer sewe en dertig resultate.

      ’n Berig van Associated Press interesseer hom:

      Terrorists exploit SA corruption

      Associated Press: Pretoria – When an alleged mastermind of al-Qaeda attacks on US embassies was killed in East Africa, officials said he was carrying a fake South African passport, thus refocusing attention on warnings that corruption in South Africa is being exploited by terrorists.

      Security experts have been warning for years that corruption in South Africa is allowing terrorists to get documents to hide their identities and make it easier to travel. In 2004 already then Home Affairs Director General Barry Gilder told Associated Press that South African passports were found in the hands of al-Qaeda suspects and associates ‘in a number of instances’. Then Police Commissioner Jackie Selebi reportedly said ‘boxes and boxes’ of South African passports were found in the hands of an al-Qaeda suspect in London.

      The Home Affairs Department on Monday said it was investigating reports that the suspected head of al-Qaeda in East Africa, Fazul Abdullah Muhammad, who was killed in Mogadishu, had a South African passport in his possession.

      According to a report quoting a Somali source, Muhammad was in possession of a South African passport in the name of Daniel Robinson. US officials had offered a $5m reward for Muhammad’s capture, accusing him of planning the August 7 1998 embassy bombings in Kenya and Tanzania when 224 people were killed.

      Scott Stewart, a former intelligence agent with the US State Department, said in a telephone interview South Africa is a place ‘where you could show up, give the right guy several hundred dollars, and walk away with a passport. Terrorists will take advantage of the corruption.’

      Stewart, now with the US-based global intelligence company Stratfor, said terrorists who plotted in 2006 to blow up trans-Atlantic airliners leaving London’s Heathrow airport, used fake South African passports to enter Britain from Pakistan. These passports allowed them to hide visits to Pakistan that could have raised suspicions.

      In 2009, the United Kingdom started requiring visas from South Africans, saying terrorists and criminals were exploiting the easy availability of stolen or forged South African passports. Anneli Botha, a counter-terrorism researcher with South Africa’s Independent Institute for Security Studies, said, ‘You can have the most sophisticated measures in place, but you’re only as strong as your weakest link. Corruption is our weakest link.’

      3

      Twee jong vroue slenter deur ’n groot, bedrywige winkelsentrum in Islamabad. Hulle is aantreklik, maar lyk nie soos Westerse winkelnimfe in gesmokte bloese en gebleikte jeans met ontwerperrafels nie. Hierdie twee is geklee in tradisionele drag: knielengte kameez-rok oor shalwar-slobbroek, dupatta-doek oor die hare.

      By ’n winkel steek een vas, die een met die oë groen soos smarag. Sy kry haar vriendin aan die mou beet, beduie na die mehndi-ontwerpe.

      “Ek soek so een, kom ons gaan kyk,” sê Sajida.

      “Jy kan g’n ’n tatoe kry nie,” sê Nida.

      “Hoekom nie?”

      Sajida stoot die deur oop en Nida moet noodgedwonge volg. By die toonbank begin Sajida in die ringlêer met voorbeelde van die ontwerpe blaai. Dis ingewikkelde, delikate patrone, tradisioneel met borrie of henna aangebring vir die versiering van die vel, gewoonlik van die hande, arms, voete en bene.

      “Is daar iets wat ek nie weet nie?” vra Nida. “Trouplanne? Is Nasir terug?”

      “Nee, hy’s nie terug nie.”

      Nasir is al ’n jaar weg, veg glo in Afganistan.

      Sajida bestudeer die ontwerpe. Sy het lankal haar oog op ’n mehndi, net ’n klein een, as eksperiment. Sy wil voel hoe dit voel om met ’n tatoe te loop, onsigbaar onder haar klere, natuurlik. Niks in haar geloof wat ’n mehndi verbied nie – ’n mehndi-seremonie is selfs deel van ’n Moslembruilof. Twee dae voor die trouplegtigheid sal vriendinne van die bruid op die rasm-e-henna die bruid se hande en voete met aromatiese hennaolie invryf as voorspel tot ’n lang en gelukkige getroude lewe. En as die bruid wil, kan sy ook haar hande en arms en voete en bene vir die troue met mehndi-patrone laat versier, om haar vir haar bruidegom aantreklik te maak. Die man waardeer dit, sien die versierings nie as teken van losbandigheid nie, eerder as onderdanigheid, soos dit hoort in hul geloof.

      Sajida oorweeg ’n beskeie mehndi, miskien op haar maag waar net sy dit kan sien. En nie vir ’n bruilof of Eid of enige ander spesiale geleentheid nie, sommer net. Dis wat hip jong meisies en vroue doen, dink sy. Dit daag die tradisies uit, verskuif die grense. Dis wat die Bollywood-aktrises doen, maar hulle is meer permissief, daardie Indiese aktrises soos Priyanka Chopra, die sexy flirt in Aitraaz.

      In Lahore is die aktrises van Lollywood nog nie só dekadent nie, al gebruik hulle grimering en tof hulle op. Aaminah Haq en Veena Malik en natuurlik Iman Ali, wat vir haar rol in Khuda Kay Liye die Lux Style-toekenning as beste aktrise gekry het – Pakistan se weergawe van die Oscar. Maar oor Veena was die duiwel en al sy djins behoorlik los, oor daardie foto’s van haar sonder klere in ’n Indiese tydskrif. Met op haar boarm ’n régte tatoe, nie mehndi nie.

      Nida loer oor haar skouer. “Wat sal jou pa sê?”

      “My pa sal nie weet nie.”

      “Maar ás hy weet.”

      “My pa sit in Kanigoram, hoe sal hy weet? Ek sien hom miskien twee, drie keer ’n jaar as ek huis toe gaan.”

      “En jou broers?”

      Haar broers is ook in Kanigoram, kyk nie TV of flieks nie, stel meer belang in politiek. Wil Afganistan toe gaan soos

Скачать книгу