Ouens is nes ekstra bagasie. Janie Oosthuysen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ouens is nes ekstra bagasie - Janie Oosthuysen страница 3

Ouens is nes ekstra bagasie - Janie Oosthuysen Eerste liefde

Скачать книгу

dit kan keer.

      “Wat?”

      Dadelik keer ek. “Niks, niks, net iets wat ek sê as ek skrik.” My kop voel duiselig. Waar kom hy ewe skielik vandaan? Het hy ons hierheen gevolg? Vir wat?

      Hy stoot die Magnum oor die toonbank na my toe. Intuïtief deins ek terug. “Dankie, maar nee dankie, ek betaal vir myself.” Ek weet mos hoe dit is, laat ’n ou net iets vir jou koop, dan dink hy jy skuld hom.

      Hy glimlag tergend – tartend is dalk meer korrek – en sê: “Koue goed is regtig lekkerder, weet jy, dit koel jou af, veral wanneer jy so rooiwarm bloos.”

      Ek vererg my. “Eet jy dit dan. Jy’s so rooi soos ’n tamatie met lipstiek aan.” Ek stoot die Magnum na hom, gooi my hare oor my skouer en marsjeer uit. Vreemd genoeg bly sy gesig my by: die groen vlekkies in die goue oë, die sexy mond. Vreemd genoeg voel ek goorder met elke tree. Het ek oorreageer? Dalk wou hy net nice wees. Maar wat maak dit saak, ek sal hom tog nooit weer sien nie, wat ’n gelukskoot.

      Ek rek my treë – hopelik in die regte rigting – en blaas my asem verlig uit toe ek die groen Defender ’n ent verder sien staan. Pa is besig om te betaal toe ek instap. Hy kyk vraend op, maar ek vertel hom niks, hy sal tog nie verstaan nie.

      Ons dra aan en laai in, maar die goor gevoel bly. Skielik kan ek nie wag om by die kamp te kom nie. Daar sal ek ’n nuwe begin maak en vreeslik gaaf wees met almal – dit belowe ek.

hoofstuk-03.jpg

      Twee vervelige dae later staan die blou-wit Cessna en wag op die aanloopbaan. Alles is in orde, verseker die werktuigkundige vir Pa. Bravo, Alpha, Delta, of BAD, soos Pa die viersitplekvliegtuigie noem, is gereed vir die vlug. Ons los die Defender op die lughawe en laai die Cessna tot amper teen die dak.

      “Dis dieselfde lughawe wat Beryl Markham en Denys Finch Hatton gebruik het, weet jy,” sê Pa gesellig. “Jy onthou seker daardie cool film met Meryl Streep? Out of Africa?”

      Ek rol my oë. Out of Africa? Cool? Ek haat dit as Pa hip probeer wees.

      Gelukkig drop hy dit. “Ons gaan lekker braai, ons vlieg in die son in. Nou toe, in is jy.”

      Ligvoets klouter ek oor die vlerk. Die geur van brandstof en warm gebakte sitplekke slaan in my neus op en die opgewondenheid gaan sit in my maag. Dit voel amper soos vroeër, v.J., vóór Judy, toe ek oral saam met Pa gegaan het. As ek net vir Visoog kon vertel hoeveel vliegure ek en Pa al afgelê het en watter avontuurlike goed ek al gedoen het, hy dink mos hy’s so cool.

      Die Cessna rol oor die teerstrook en die wiele verlaat die grond. Dis opwindend om weer in die lug te wees, maar hoe verder ons vlieg, hoe meer voel ek na uitspring. Daar is niks onder ons nie, net stof en bossies. Daar is ook niks tussen my en Pa nie. Dit na net ’n jaar.

      “Jy moenie te veel van die kamp verwag nie,” sê hy ná nog ’n lang stilte. “Dis maar rof, tente en kampbeddens en goed.”

      Asof ek iets beters verwag het. “Hoekom is hier so baie stof?” vra ek in ’n poging om gesellig te wees. Dadelik wil ek myself skop, want Pa bespring die flou vraag soos ’n uitgehongerde tier.

      “Dis hoofsaaklik vulkaniese as wat miljoene jare gelede hier neergesif het. Dis deels hoekom die area ryk is aan fossiele. Wanneer vulkaniese as ’n karkas bedek kort na die dier dood is, is die kanse op fossilering baie groot –”

      Ek praat hom dood. “Regtig! Hoe interessant!” sê ek vinnig en hard terwyl ek my iPod uit my sak haal. Die laaste paar weke het ek ’n klomp nuwe songs afgelaai – vir situasies soos dit. “Hoe ver is dit nog kamp toe?”

      “So te sê daar.” Hy klink afgehaal. “As jy uitkyk, sal jy die tente sien.”

      Sonder belangstelling staar ek na onder. Trek my asem skerp in. Dis of ons oor ’n oseaan vlieg, ’n see in die middel van al die sand.

      “Die Turkana-meer,” sê Pa met ’n ondeunde laggie. “Indrukwekkend, nè?”

      Ek kan net knik.

      “Daar’s die kamp.”

      Hy beduie na ’n versameling tente en riethutte op die oewer van die meer. Langs ’n gelykgemaakte area, wat kennelik die landingstrook is, sien ek ’n groepie figure wat hulle hoede waai. My hart sink. Ander mense gaan strand toe saam met familie en vriende; ek hou vakansie in die sand saam met ’n spul vreemdelinge.

      Die Cessna se wiele dreun oor die grond en ons rol tot stilstand. Toe ons uitklim, gee Pa my hand ’n drukkie. “Kom ontmoet die res van die gesin.”

      Die res van die gesin? Syne miskien. Ek sal hulle verdra. Met inspanning.

      “Barbara!”

      Die uitroep stuit my in my spore. Oopmond staar ek. As dít liefste stiefmoekie is, dan verstaan ek nie die deal nie. Dun haartjies teruggeskraap in ’n verbleikte poniestert. Vel soos ’n verweerde stapstewel. ’n Oulike poppie? Nie eens weer nie. Stiefmamma lyk soos iets wat babas kan eet.

      “Barbara,” herhaal sy, haar arms uitgestrek. “So bly om jou te sien.”

      Ek steek my hand ver uit. Die heks moet my net nie probeer vasdruk of soen nie. “Goeiemiddag,” sê ek stram. “H’m, aangename kennis.”

      Sy bly vrolik. “Jy kan my Judy noem! Hier noem almal mekaar op hulle name.” Sy kyk rond, haak twee seuntjies nader. “Hier is Hennie en Chris. Sê hallo vir Barbara, julle twee. Sy’s julle nuwe suster.”

      Nuwe suster.

      Hennie en Chris lyk so eenders soos Hompie en Kedompie – of wat daai rympie ook al is. Hulle gaap my openlik aan. Ek kry die indruk dat hulle net so min van my gaan hou as ek van hulle. Goed so.

      “Hoe spel mens jou naam?” vra die een.

      “B-a-r-b-a-r-a,” klank Judy, asof ek nie kan praat nie. Sy stoot hulle vorentoe. “Toe, groet nou.”

      Dit voel of sy met my ook raas. Teësinnig skud ek hulle stowwerige pote. “Hallo, Hennie. Hallo, Chris.”

      “Ek is Chris en hý is Hennie,” help Kedompie my reg. “Kan jy nie sien nie? Ek is dertien minute en ses-en-dertig sekondes ouer as hy. Ek hou van slange en hy hou van goggas. Ek gaan ’n spioen word en hy ’n speurder. Ek eet nie beet nie en hy eet nie kool nie en jy het snaakse skoene aan.”

      “Dis genoeg!” Judy hou haar hand op. “Kom ek gaan wys jou jou tent, Barbara. Help julle seuns julle pa aflaai.”

      Julle pa?

      Verward kyk ek om. Besef gesteurd van wie sy praat. So Pa is hulle pa. Van wanneer af? Vol bitter gedagtes stap ek agter haar aan terwyl ek aspris na haar regaf kuite kyk en wonder of sy darem onder haar arms skeer.

      Judy wag dat ek haar inhaal. “Daar’s ’n student in die tent langs joune,” vertel sy effens uitasem terwyl ons aanstap, “maar dié sal eers oor ’n paar dae hier wees. Is nog in Nairobi. Woon die konferensie namens my by. Te besig hier.”

      Ek maak of ek belangstel. Onderlangs loer ek na haar. Ma werk by die Standard Bank as finansiële adviseur, dis nogal ’n grand pos, sy dra sulke

Скачать книгу