Ouens is nes ekstra bagasie. Janie Oosthuysen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ouens is nes ekstra bagasie - Janie Oosthuysen страница 4

Ouens is nes ekstra bagasie - Janie Oosthuysen Eerste liefde

Скачать книгу

gebruik net biodegradeerbare seep. Dit lê daar op jou bed.”

      Ek loer in. Die tent is nie te klein nie, maar dit kook seker in die dag. Die matras lyk knopperig en die komberse of hulle van ’n donkie af gesteel is. ’n Lantern swaai aan ’n spyker en ’n stuk bloudraad is duidelik daar om my klere aan op te hang. Styf teen die bed staan ’n ruwe houtrak.

      Teësinnig knik ek ’n dankie.

      “Daar’s gaslampe in die groot hut daar oorkant,” verduidelik Judy. “Dis waar ons bymekaarkom, sorteerwerk doen en notas maak. As jy saans wil lees of briewe skryf, kan jy dit daar doen, dis baie gesellig.”

      Briewe skryf? Wanneer is Judy gebore?

      “Is hier selfoonontvangs? Kan ek SMS’e en e-posse stuur?” vra ek, my gedagtes by Brett. Sê nou hy laat weet hy’s jammer oor alles en nog steeds mal oor my, sal Pa dat hy kom kuier?

      Die kyk wat Judy my gee, is baie, baie skeef. “Jou pa het ’n Sat Phone.”

      “Hy het?” My kop duisel. Hoekom het die drip nie vir my gesê dis wat jy moet hê sodat ek een kon koop nie? Nog beter. Hoekom het hy nie vir my een gekoop nie? Hy’t mos geweet ek kom kuier, of verwag hy ek moet met hom deel? “En die ander mense?” vis ek. “Wat gebruik hulle?”

      Judy beantwoord die vraag indirek. “Die intreeprys vir ’n Sat Phone is $1 500.”

      “Wat?”

      Dis tonne erger as wat ek verwag het. Maar Pa sal darem seker toelaat dat ek nou en dan vir Brett bel. En vir Ma. Meer dan as nou, maar nog steeds. Die probleem is net, sal Brett met my wil praat? Hy kan heng hardegat wees. Eintlik moet ek net aanvaar dat alles oor is tussen ons. Eintlik moet ek net doen wat ek moet doen. Wraak neem. Harte breek. Die manlike geslag ’n paar harde en nodige lesse leer. Die vraag bly net, hoe? Hier is net géén talent nie.

      Moedeloos staar ek oor die vaal vlaktes wat van die tent af wegrol. Laat hier tog iemand wees wie se hart ek kan breek, vóór ek mal word.

      “Vuil klere gaan na daardie alleenstaande hut,” sê Judy op haar saaklike manier. “Daar is twee Wasungus wat die wasgoed doen. Maar ek praat te veel. Het jy enige vrae? Enigiets wat jy wil weet?”

      “Nie op die oomblik nie,” jok ek. Wat ek wel wil weet, is wat my pa in haar sien, maar dit kan ek tog seker nie vir haar vra nie.

      “Dan los ek jou vir ’n rukkie om uit te pak. Hennie en Chris sal jou tasse nou-nou bring. Kom na die groot hut vir tee sodra jy gereed is.”

      “Goed – en – dankie.” Ek sê dit net omdat ek moet.

      Sy knik, begin omdraai, maar steek vas, haar linkerhand in die lug. “Amper vergeet ek! Dominique sal later vanmiddag hier wees. Lekker geselskap vir jou.”

      Dominique? Ek rol dit op my tong. Watse soort naam is dit? Sy – hy – wat ook al – móét eenvoudig ’n jerk wees. “O? Gaaf,” sê ek nietemin. Heeltyd wens ek Judy wil loop, ek het meer as genoeg gehad van haar geselskap. Dalk help dit as ek by die tent ingaan.

      Ek voeg die daad by die gedagte, maar sy loer wraggies in en sê: “Barbara, ek hoop regtig ons gaan vriende word.”

      Gelukkig wag sy nie vir ’n antwoord nie, want my mond hang oop. Vriende? Het ek reg gehoor? Wát is die vroumens se case? Sy’t dan my pa by my afgevat.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RiuRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAkIdpAAQAAAABAAAApAAAANAALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzoxMTowMSAwNzo0 Nzo1NwAAA6ABAAMAAAAB//8AAKACAAQAAAABAAAGXaADAAQAAAABAAAKAAAAAAAAAAAGAQMAAwAA AAEABgAAARoABQAAAAEAAAEeARsABQAAAAEAAAEmASgAAwAAAAEAAgAAAgEABAAAAAEAAAEuAgIA BAAAAAEAABd4AAAAAAAAAEgAAAABAAAASAAAAAH/2P/tAAxBZG9iZV9DTQAB/+4ADkFkb2JlAGSA AAAAAf/bAIQADAgICAkIDAkJDBELCgsRFQ8MDA8VGBMTFRMTGBEMDAwMDAwRDAwMDAwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAENCwsNDg0QDg4QFA4ODhQUDg4ODhQRDAwMDAwREQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwM/8AAEQgAoABmAwEiAAIRAQMRAf/dAAQAB//EAT8AAAEF AQEBAQEBAAAAAAAAAAMAAQIEBQYHCAkKCwEAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAQACAwQFBgcICQoLEAAB BAEDAgQCBQcGCAUDDDMBAAIRAwQhEjEFQVFhEyJxgTIGFJGhsUIjJBVSwWIzNHKC0UMHJZJT8OHx Y3M1FqKygyZEk1RkRcKjdDYX0lXiZfKzhMPTdePzRieUpIW0lcTU5PSltcXV5fVWZnaGlqa2xtbm 9jdHV2d3h5ent8fX5/cRAAICAQIEBAMEBQYHBwYFNQEAAhEDITESBEFRYXEiEwUygZEUobFCI8FS 0fAzJGLhcoKSQ1MVY

Скачать книгу