Speurhond Willem in New York. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Speurhond Willem in New York - Elizabeth Wasserman страница 2

Speurhond Willem in New York - Elizabeth Wasserman Speurhond Willem

Скачать книгу

moeg vir almal se reaksie op sy ambisie om deel te neem aan ’n honde-skoonheidskompetisie.

      “Elfuur?” vra my ma toe ek verder verduidelik. “Wel, ek het ’n tennisafspraak, maar as jy wil, kan ek julle twee eers daar aflaai en later weer kry.”

      “Perfek! Dankie, Ma!”

      Ek is half verlig dat sy nie saamgaan nie. Ma’s kan soms lastig wees, en dalk is van die ander kinders in my klas ook daar.

      Sandra het ’n kolliehond waarmee sy gedurig spog. Die hond wen al wat ’n prys is by al die hondekompetisies.

      Ek hoop nie sy lag vir my en Willem nie.

      Ek borsel Willem weer die oggend voor die hondeskou. Hy kla nie eens nie, en staan doodstil terwyl ek sy stert uitkam.

      Dit is nou nie juis veel van ’n stert nie. Maar min honde kan daarmee spog dat ’n stukkie van hulle stert haaikos geword het!

      Hy is kielierig rondom sy voete.

      “Hou op wriemel!” raas ek.

      “Kry tog klaar!” snou hy.

      “Adriaaaan!” roep my ma van die kombuis se kant af. “Ons moet ry! Ek kan nie laat wees vir my wedstryd nie!”

      Ek ken haar soort tenniswedstryde. Dis meer van ’n geteedrinkery as balle rondslaan. Willem weet dit ook, en hy knipoog vir my.

      Sy laai ons voor die kerksaal af. Die wêreld wemel van die honde en hulle eienaars.

      “Willem, jy beter jou gedra!” waarsku ek hom. Ek ken my hond – hy het ’n meerderwaardige houding teenoor ander brakke en is oortuig daarvan dat hy die slimste en die sterkste hond in die wêreld is.

      Wel, miskien is hy. Hy ís immers ’n opgeleide internasionale speurhond én hy ken karate.

      “Dit sal nie deug as jy nou in ’n bakleiery beland nie,” sê ek toe hy in die verbygaan ’n Jack Russell iets leliks toesnou in hondetaal. Die Jack Russell gaan dadelik aan die kef.

hoofstuk%202a.tif

      “Toemaar, ek het maar net vir hom gesê die dobermann hier agter reken sy ma is ’n chihuahua.”

      Skielik ruk die Jack Russell los en storm op die dobermann af.

      ’n Kabaal bars los. Die Jack Russell is nie onnosel nie. Hy skuil onder die lang bene van die dobermann en gaffel hom van onder af, hier by die sagte liesvleisies langs. Die dobermann probeer hom bykom, maar die Jackie is net te rats.

      “Beheer julle honde!” bulder ’n ronde man in ’n swart pak. Hy kom afgestorm op die koek bakleiende honde, want ’n paar ander het ook dadelik tot die geveg toegetree. ’n Weimaraner, ’n labrador en ’n krulhaar-foksterriër word met moeite uit die bondel gesleep. Halsbande knoop, tannies gil en iemand roep: “Spuit hulle nat!”

      Ek en Willem maak dat ons wegkom.

      “Julle is almal gediskwalifiseer!” roep die ronde man boos uit. Hy is skoon rooi in die gesig van woede.

      “Mooi so!” grinnik Willem. “Daardie dobermann was die gunsteling, almal het gereken dat hy sou wen!”

      “Willem, het jy dit met opset gedoen?”

      Maar botter kan nie in my hond se mond smelt nie.

      “Kom, roer jou, ek moet my plek kry voor die beoordeling begin!”

      Willem is inskrywing nommer nege-en-dertig. Oral in die kerksaal is tafels gerangskik waarop afskortings van ogiesdraad en karton aangebring is om elke hond sy eie uitstalruimte te gee. Trotse eienaars is besig met die laaste optofwerk aan hulle brakke. Sterte word gekrul, snorre word gewaks en kuiwe gespuit met klein botteltjies spesiale stileermiddel. Daar is pommers met waaiersterte, mopshondjies met uitpeuloë en halfmeter-lange worshonde. Ek het nog nooit so baie brakke bymekaar gesien nie. Mense lag en gesels, honde blaf en grom, en die lug gons van opwinding.

      “Willem, hoe het jy dit reggekry?” onthou ek skielik om te vra.

      “Wat reggekry?” wil hy weet.

      “Om jouself in te skryf!”

      “Wel, op die internet, natuurlik,” verduidelik hy.

      Dit is jammer dit verwerf nie vir hom ekstra punte nie, dink ek. ’n Hond wat homself op die internet vir ’n hondeskou kan inskryf, verdien ’n paar bonuspunte. As ek so rondom my kyk na al die pragtige, opreggeteelde honde in die ander uitstalhokkies, sak my moed in my skoene. Ek kan nie dink dat my gespikkelde spanjoel enigsins ’n kans staan nie.

      “Wie is daardie man?” vra ek toe ek weer die dikkerige ou in die swart pak opmerk.

      “Dit is Sibelius Sprok,” fluister Willem. Hy is versigtig dat die ander mense hom nie hoor praat nie. Hierdie is ’n kompetisie vir gewone honde, nie pratende speurhonde met ’n gedugte reputasie onder die voorste boewe op aarde nie. “Hy is die hoofbeoordelaar.”

      Sprok beweeg stadig van een uitstalhok na die ander. Hy het ’n knyperbord waarop hy sorgvuldige aantekeninge maak. Sy horingraambrilletjie balanseer op die punt van sy aartappelneus, en hy wikkel sy ruie wenkbroue vir die eienaar van die yorkshireterriër wat hy besig is om te beoordeel. “Hoeveel weeg jou hond?” vra hy streng.

      “Wel, duisend sewehonderd drie-en-vyftig gram!” stamel die eienaar senuweeagtig.

      “Dit is drie gram meer as wat toelaatbaar is vir ’n wyfie in hierdie kategorie!” brom Sprok aan een van die onderbeoordelaars, ’n vet dame in ’n geblomde rok. Dit is duidelik dat sy aan elke woord van die grote Sprok hang en hard probeer om hom te beïndruk met alles wat sy sê en doen.

      Die yorkie se eienaar lyk moedeloos. “Maar sy is ’n perfekte voorbeeld van haar ras!” protesteer sy. “Kyk na die afstand tussen haar ogies, en die verhouding van haar stert met haar ruggie en agterpote …”

      Maar die grote Sprok het reeds belangstelling verloor in die wollerige hondjie.

      Hoe langer ek die beoordelaarspaneel dophou, hoe meer senuweeagtig raak ek. Dit is duidelik dat meneer Sprok daarop uit is om fout te vind met elke hond. Die ander beoordelaars val oor hulle voete om alles wat hy sê te beaam en rooi kruise op die vorms op hul knyperborde te maak.

      Duidelik is geen hond goed genoeg vir hulle nie!

      “Ag nee, Willem!” sê ek vies. “Ons kan net sowel loop. Jy het nie nodig om so afgekraak te word nie!”

      Ek vertrou nie die vrede nie. Wat sal Willem doen as Sprok sy dik vinger so in sy maag druk?

      Maar Willem sit doodstil en staar vasberade voor hom uit.

      Uiteindelik is dit ons beurt.

      “Wat is jou hond se naam, ou seun?” vra Sprok vir my. Dit voel of my keel vol watte gestop is, so senuweeagtig is ek vir my hond se onthalwe.

      “Willem. Willem Senekal!” stamel ek.

      “O, so?” vra Sprok en dit

Скачать книгу