Speurhond Willem in New York. Elizabeth Wasserman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Speurhond Willem in New York - Elizabeth Wasserman страница 3

Speurhond Willem in New York - Elizabeth Wasserman Speurhond Willem

Скачать книгу

mekaar?

      “Let op hierdie hond se merkwaardige ore!” sê Sprok dan aan die dame met die geblomde rok.

      “Merkwaardig, ja, sowaar!” beaam sy, en kyk ietwat verbaas na Willem se lang ore met die swart krulhaartjies.

      “’n Uitstekende voorbeeld van sy soort!” gaan die ronde Sprok voort.

      “Wat sy soort ook al mag wees!” brom ’n skraal mannetjie met ’n knyperbord. Die hoofbeoordelaar gluur hom boos aan. Die skraal mannetjie verskrompel skoon onder daardie kwaai blik. Die res van die dag sal hy sekerlik sy tong stewig vasgeknoop hou!

      Ek haal weer asem. Sowaar, Sprok het iets positiefs gesê! Ek staan so effens regopper langs my hond.

      “Hierdie honde word natuurlik gebruik vir jag, in Engeland veral,” gaan Sprok voort met sy lesing. “Dit is dus normaal dat hulle so ’n bietjie meer gewig saamdra as beskerming teen die kouer toestande in die veld.” Die skraal mannetjie kruip steeds weg agter die tannie met die geblomde rok. Hy frons en kou sy potlood. Net oomblikke vantevore het Sprok uitgevaar teenoor ’n labrador wat volgens hom oorgewig was. Daardie labrador was heelwat maerder as hierdie vet swart-en-wit spanjoel. Is labradors dan nie ook jaghonde nie? Hy sal nog so baie moet leer voor hy kan kers vashou by ’n beroemde hondebeoordelaar soos meneer Sprok! Die kêrel krabbel senuweeagtig nog ’n paar aantekeninge in sy notaboek.

      Van waar ek staan, kan ek sien wat hy skryf: Dit is aanvaarbaar vir wit-en-swart gespikkelde spanjoele om vetter te wees as ander honde.

      Ek hoop net nie Willem sien dit raak nie. Ek sal nooit die einde daarvan hoor nie!

      Voor ek weet, is ons beoordelingsbeurt verby, en dit sonder ’n enkele negatiewe opmerking van die sarkastiese vet beoordelaar en sy span.

      “Dit lyk of Willem nie te sleg gevaar het nie!” sê iemand langs my. Dit is Sandra. Haar blonde hare is vanoggend in ’n Franse vlegsel gekam en sy lyk baie mooi.

      “Wil jy saam met my ’n worsbroodjie gaan eet?” vra ek op die ingewing van die oomblik. Ek weet nie waar ek die moed vandaan gekry het nie!

      “Dit sal lekker wees, dankie,” antwoord sy. “Hierdie is ’n aaklige dag!” Haar blou oë skiet skielik vol trane.

      “Maar hoe so?” wil ek weet.

      “Daardie nare man en sy spul medebeoordelaars het omtrent vir arme Hester afgekraak!”

      “Hester?”

      “My kollie,” beduie Sandra na die pragtige langhaar wat druipstert langs haar linkerhak sit.

      Ek tel vir Willem van sy tafel af en ons loop na die sysaal toe, waar koffie, tee en allerhande eetgoed by stalletjies verkoop word.

      Ek koop drie worsbroodjies: een vir my, een vir haar, en die derde een deel ek tussen die twee honde.

hoofstuk%202b.tif

      “Hester mag nie gemorskos eet nie!” waarsku Sandra, en Willem kry die hele worsbroodjie.

      Hy lyk baie in sy skik.

      Sandra is duidelik minder streng met haarself as met haar hond sover dit gemorskos aangaan, en ons smul heerlik aan ons worsbroodjies. Ons gesels oor skoolwerk en die nuwe wiskundejuffrou terwyl ons wag dat die beoordeling in die saal klaarkry.

      Dan kom daar ’n aankondiging oor die luidsprekers: “Dames en here, ons is gereed om die wenners van vandag se hondeskou aan te kondig. Staan asseblief almal nader!”

      3

      ,n Slang in die gras

      “Hoe het dit gegaan?” vra my ma toe sy ons later oplaai.

      My kop duisel nog steeds van verbasing. Kan die vroumens nie die reusebeker op my skoot raaksien nie?

      “Ons het sowaar gewen, Ma!”

      My ma snak na haar asem. Willem maak keel skoon op die agterste sitplek.

      “Wel, Willem het gewen. Hy is nou amptelik die mooiste hond in die noordelike voorstede, met ’n goeie kans om gekies te word as die land se verteenwoordiger op die Internasionale Hondeskou.”

      “Sowaar?” ’n Bestuurder lê op sy toeter skuins agter ons. My ma het vergeet om die motor in die regte rat te sit toe die robot groen word, seker van skone verbasing, en die enjin ruk dood.

      Ek los haar eers so ’n bietjie uit sodat sy kan konsentreer. Wie het gesê vroumense is goed met meer as een ding op ’n slag doen?

      Maar die goeie nuus het geen einde nie!

      Laat Maandagmiddag kry my ma ’n telefoonoproep.

      Willem beduie vir my ek moet die gehoorstuk in hulle slaapkamer gaan optel en afluister wat daar gesê word.

      Ek kan die versoeking nie weerstaan nie.

      “… die wenhond en sy versorger sal in een van die beste hotelle gehuisves word, en alle reëlings word deur ons getref.”

      “Maar my seun is net twaalf jaar oud!”

      “Dit is geen probleem nie, mevrou. Hy sal net so goed soos een van die skouhonde opgepas word. Ek wil u net weereens, namens die Komitee, hartlik gelukwens met u hond se voortreflike prestasie. Die punte wat hy in die kompetisie behaal het, was ver bo dié van enige hond in die res van die land, en dit maak hom ’n gemaklike wenner. Weereens veels geluk!”

      Dit is sowaar Sibelius Sprok se hoogdrawende stem wat daar praat, en stadig sink die betekenis van wat hy sê by my in.

      Is my doodgewone swart-en-wit gespikkelde spanjoel nou werklik die mooiste hond in die land?

      Dan tref ’n nare gedagte my: Willem is alreeds so verwaand. Noudat hy sowaar die Suid-Afrikaanse Hondekompetisie gewen het, gaan ek nooit die einde daarvan hoor nie!

      “Maar meneer Sprok,” protesteer my ma nog, “ek het nooit besef dat Adriaan se hond so raseg en besonders is nie?”

      “Ja, ja, mevrou. Hy is miskien nie ’n baie aantreklike hond nie,” – ek giggel hardop en moet die gehoorbuis met my hand toedruk sodat hulle my nie kan hoor proes nie – “maar die kompetisie beoordeel vele dinge. Ons kyk na kondisie, karakter en uitsonderlikheid ook!”

      Ja, dit maak meer sin. Kondisie: Willem is bietjie vet. Karakter: hy is selfgesentreerd en hardkoppig. Uitsonderlik: hy is ’n pratende speurhond wat al vele internasionale boewe aan die pen laat ry het.

      Maar daardie laaste feite weet die beoordelaars natuurlik nie.

      Nietemin, hy het sowaar gewen!

      Ek plaas die gehoorstuk saggies terug en draai om na waar Willem my met ’n breë glimlag op sy hondebakkies sit en aanstaar. Sy stert swaai soos ’n eierklitser.

      “Willem, ou brak, ek en jy gaan New York toe!”

      * * *

      “Onder geen

Скачать книгу