Om joune te wees. Schalkie van Wyk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Om joune te wees - Schalkie van Wyk страница 2

Om joune te wees - Schalkie van Wyk

Скачать книгу

toe hy agterkom ek hou hom dop, het hy in my oë gekyk en geglimlag, maar nou is ons by die glimlagstadium verby, want hy het met sy hand vir my gewaai. Kort voor lank sal hy hom aan my voorstel en hoop om my beter te leer ken.” Trynie vat-vat aan haar digte, sneeuwit hare, druk haar regterhand in haar sy en vervolg selfvoldaan: “Ek sou nooit Juffrou Suid-Afrika kon gewees het nie, maar kyk ek in die spieël, kan ek met my eie oë sien ek is ’n aansienlike vrou. My neus en my mond is dalk effentjies groot, maar my oorle pa het altoos gesê ek het die sagte bruin oë van ’n ou wildsbokkie. Ek meen dis my mooi oë wat sy hart gesteel het.”

      “Tannie yl!” grom Kayla, storm die leer op en hou weer op asemhaal toe die blonde jong man sy regterhand lig en vir haar wuif. Sy gly-klim die leer af en kners deur haar tande: “Hy is nie oud of bles nie, ta Trynie. Ek wed hy weet hy is aantreklik, daarom maak hy ogies vir ou tannies en nuuskierige studente.”

      “Jy is oorwerk, oorspanne en sommer op die koffie van die min slaap en die baie leer, my engelkind, daarom droom jy drome en sien jy gesigte. Hy is ’n man van my leeftyd, en ek weet klaar hy sal nie gelukkig wees saam met die hippies en hulle rumoerige seunskinders nie. Ek het ’n ruim woonstel in hierdie huis en so lank as wat ek uitgespaar bly, sal …” Trynie laat haar sin onvoltooid en vra bekommerd: “Maar wat van Annelize?”

      “Wat het tannie Annelize met hippies en tannie se swak oë te doen?” vra Kayla en wonder bekommerd of te veel studie haar eie oë aangetas het. Of ly tant Trynie skielik aan alzheimersiekte?

      “As ’n mooi vrou soos Annelize ses-en-veertig jaar oud en ongetroud is, is sy ’n mannehater, ’n vrouehater en ’n selfhater. Ons het die grootste huis in die hele woonbuurt, maar stel sy belang om kamers aan studente te verhuur? Nee, sê sy mos al die jare, studente is ongedissiplineerde kleuters wat geen respek vir die kosbare antieke meubels en die kunsskatte van Huis Kanferfoelie sal hê nie. Kaylatjie, wat doen ’n mens met ’n huis vol ou meubels en al die kunsskatte onder die son as die ouderdom jou van agter af inloop en jy niks en niemand het om lief te hê nie?”

      “O … nóú verstaan ek! Tannie is bang ek gaan na my ouers toe, noudat ek my graad voltooi het, daarom soek tannie so naarstig na moontlike loseerders,” sê Kayla verlig, gooi haar arm om Trynie se skouers en gee haar ’n gerusstellende drukkie. “Moenie jou bekommer nie, tannie. Ek gaan my beslis nie op ’n plaas in Brasilië begrawe nie, selfs al dink my ouers en Marnus Lua Nova Fazenda is ’n stukkie van die paradys.”

      “Liefietjie, ek is nie kinds nie. Vir wat sal jy in Brasilië gaan rondfoeter as die Brasilianers nie ’n woord Afrikaans kan praat nie? Maar jy is jonk en mooi en mondig, en as ek en Annelize weer ons oë uitvee, is jy getroud met ’n man wat nie Huis Kanferfoelie met ’n spul vroumense sal wil deel nie. En wat word dan van my? Annelize bring haar dae by die universiteit deur, en werk sy nie, kuier sy saam met haar medeprofessore en praat oor die aandelemarkte en rentekoerse totdat ek wonder of hulle rêrig Afrikaans praat, want ek verstaan g’n woord van hulle stories nie. Sê my, Kaylatjie, wat gaan van my op my oudag word?” vra Trynie, haar stem yl van selfbejammering.

      “Ek sal hier wees, ta Trynie,” beloof Kayla, lees die twyfel op Trynie se gesig en glimlag gerusstellend. “Ek was vier jaar lank op universiteit en ek het nie ’n enkele man ontmoet wat ek kon liefkry nie. Ek weet ek en Sunette gaan gereeld saam met mansmense uit, maar dis omdat Sunette my altyd saamsleep. Sy sê sy is ’n gebore flerrie soos haar ma wat al vier maal getroud was, en ek is die bewaarderes van haar sedes, want sy wil eendag gelukkig getroud wees soos my pa en ma.”

      “Sunette Durand is ’n stout kind, liefie, en trap jy nie versigtig nie, lei sy jou met haar soet stemmetjie en haar onskuldige glimlaggies tot binne-in die verderf. Ek onthou die keer toe jou ouboet Marnus kom kuier het: Sunette was dag en nag hier, en meestal in haar bikini of shortie-pajamas geklee – die skaamtelose klein merrie! En elke maal as sy Marnus gewaar, het sy hom beklou en toegerank. Ek was later so op my senuwees dat ek met ’n reisdeken in my arms agter die klein flerrie aangedraf het om haar naaktheid te bedek wanneer Marnus hom by ons aangesluit het.”

      Kayla sniklag gesmoord, voel haar lippe span in ’n poging om ernstig te lyk, en bars skaterend uit van die lag toe Trynie met ’n waarskuwende snork na haar draai.

      “Ja, toe! Lag my maar uit, stuitige kind, maar jy sal nie so hard lag as jou ouboet saam met Sunette in die verderf beland nie.”

      Kayla haak by Trynie in en gee haar arm ’n paaiende drukkie. “Dit was tien jaar gelede toe Marnus by ons gekuier het, tannie. Ek en Sunette was elf jaar oud en soos stokmannetjies gebou: die ene lang, maer bene en arms en knopknieë. Sunette was jaloers omdat sy nie ’n ouer broer het nie en het Marnus soos ’n stertjie oral gevolg. Onthou tannie, sy het Marnus aanvanklik ‘oom’ genoem, totdat hy haar oortuig het dat hy op twintig te jonk was om soos ’n oom te voel.”

      “Ok waar,” gee Trynie met ’n suggie toe en staar verlangend na die leer langs die muur. “Ek wil-wil weer gaan loer, liefie, maar aan die ander kant: wat sal al die geloer my help? Jy en Sunette het al die regte rondings gekry, maar kyk na my: groot hande soos boerpampoene en nog groter voete soos waatlemoene.”

      “Duisende vrouens sal tannie beny, want tannie is lank en slank,” sê Kayla diplomaties.

      “Twak! Ek is lank en hoekig, met knopperige knieë en elmboë … en ek sukkel hoeka met my knokkeltone. Nee wat, sussietjie, moenie eens probeer om my te troos nie. My spieël lieg nie, en ek skat die liewe man …” Trynie sug bewerig en draai weg van die muur. “Ek het my plig teenoor jou vergeet, Kaylatjie, want ek het toegelaat dat my hart my gesonde verstand oorheers. Kom ons gaan vier jou laaste dag as student met ’n bottel brandewyn of mampoer.”

      Ta Trynie is ernstig oor die bejaarde man met die blou-blou oë en die skaam glimlaggie, besef Kayla. Veronderstel daar is so ’n man en sy het haar net verbeel hulle buurman is ’n lang, blonde man met taankleurige oë … Sy swaai om en vlieg die leer op om weer oor die muur te loer.

      “Is hy nog daar, liefie?” vra Trynie van die voet van die leer af.

      Kayla knip-knip haar oë, kyk ’n laaste keer en klim stadig af. “Ja, ta Trynie. Hy is korterig en ronderig en …enne, hy het blou-blou oë en ’n skaam glimlaggie. Ek weet ons het nie brandewyn of mampoer in die huis nie, tannie, maar ’n groot beker sterk swart koffie sal dalk verhoed dat ek weer drome droom en gesigte sien.”

      Trynie lig haar kop luisterend toe die voordeur toeklap en vinnige voetstappe in die gang af kom. Sy kyk verwytend na Kayla, wat lusteloos aan ’n stukkie melktert peusel, haar middagkoffie lankal koud in die koppie langs haar. “Dis sy, daardie stout meisiekind. Is sy nie weg na haar pa toe nie? Of het sy nog vraestelle om te skryf?”

      “Sunette se pa is ’n wynboer in die Kaap, tannie. Wat gaan sy met ’n graad in joernalistiek op ’n wynplaas aanvang? Ons soek saam werk, ons hoop om by dieselfde maatskappy reg te kom,” verduidelik Kayla en glimlag verwelkomend toe Sunette Durand stralend die vertrek binnekom.

      “Haai, ta Trynie! Hallo, Kayla! Wat ’n geluk! Ek sê jou, Kayla, ek kan nie wag om in te trek nie – nie nadat ek al daardie manne op hulle masjiene gesien het nie. Jy ken my, my maat: wys my ’n man in ’n leerbroek en -baadjie op ’n motorfiets, en ek verander in ’n sek … in ’n sekonde in sy bewonderaar,” babbel Sunette, gaan sit op ’n stoel langs Kayla en waag ’n versigtige kykie na die fronsende Trynie.

      “Sekskatjie, dogter – dis wat jy wou gesê het. Wie het jou die reg gegee om op ons leer te klim en ons bure af te loer?” vra Trynie kwasterig.

      “Ek het die motorfietse hoor brul en toe vertel tannie-hulle se tuinier my tannie en Kayla gebruik die leer om die nuwe bure dop te hou. Is tannie nou vies vir my omdat ek hulle ook afgeloer

Скачать книгу