Uit die beek 2014. Attie van Wijk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk страница 5

Uit die beek 2014 - Attie van Wijk Uit die Beek

Скачать книгу

in 1949 aan Billy Graham gesê. Maande lank het Billy hieroor geworstel. Hy was bewus van wat mense oor die Bybel sê. Maar hy het ook gesien dat Jesus die gesag van die Bybel volledig aanvaar het. In sy hoëpriesterlike gebed het hy gebid: “Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid” (Joh 17:17). Die profete was oortuig daarvan dat die Here deur hulle gepraat het. Uiteindelik het Billy een nag in ’n woud gaan kniel en vir die Here gesê: “Here, daar is baie dinge in hierdie Woord wat ek nie verstaan nie. Maar Vader, in geloof aanvaar ek dit as u Woord. Van hierdie oomblik af gaan ek die Bybel as die Woord van God vertrou.” Hy vertel dat hy dadelik van God se magtige teenwoordigheid bewus geraak het. Hierdie keuse het sy lewe verander, en miljoene mense het sedertdien deur hom tot geloof in Christus gekom.

      Ons ervaar ook elke dag ’n hewige aanslag op die Bybel. Die duiwel wil ons van geloofsekerheid beroof. Maar op miljoene plekke sal die ewige woord vandag verkondig word. Die lewe van dié wat glo word deur die Woord verander. Is jy ook een van hulle?

      GEBED:

      Dankie vir u Woord, hemelse Vader. Ek aanvaar dit met my hele hart en wil daarvolgens lewe.

      Lees vanaand in Psalm 119:169-176 hoe hierdie lang lied oor die Bybel bedoel is om vir ons sekerheid te gee.

      Maandag 13 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 10:1-17

      Die hele gesin dien die Here

      […] Die Here is net so min met julle as wat ek julle vrouens en kinders saam met julle sal laat gaan […] – Eks 10:10

      GESELSVRAAG:

      Wie van ons dien die Here voluit?

      “Hier in ons gemeente is daar die probleem dat die vroue geestelik groei deur hul Bybelstudiegroepe, maar die mans bly agter. Dit bedreig sommige huwelike,” vertel die leraar van ’n plattelandse gemeente. Dit is so nodig dat die hele gesin die Here voluit dien. Die huwelik en die gesin is ’n eenheid in diens van die Here. As die pa nie voor vat nie, dan volg die gesin ook nie. Kinders leer deur voorbeeld, nie preke nie.

      Die farao het toe begin besef sy land sou verwoes word as hy nie ingee nie. Sy raadgewers het toe voorgestel dat net die mans moes gaan om die Here te dien en die vroue en kinders as gyselaars aangehou moes word om te verseker dat die slawe nie ontsnap nie. Toe die farao egter hoor dat die Israeliete huitjie en muitjie wou vertrek, het hy weer omgespring en geweier om hulle te laat gaan. Die gevolg was dat ’n verskriklike sprinkaanplaag alle plantegroei in Egipte vernietig het. Die Egiptiese afgode was totaal magteloos teen die God van Israel.

      In baie gemeentes het die volgorde nou omgekeer. Dit is nie die mans wat die Here dien en die vroue en kinders wat agterbly nie. Dit is die vroue en kinders wat die Here dien en die mans wat agter bly. Ons mans moet ’n slag ons prioriteite regkry en ons regte plek as priesters van die huis inneem.

      GEBED:

      Here God, help ons mans om reg te lei.

      Lees vanaand in Eksodus 10:18-20 hoe maklik Moses die probleem kon oplos, maar die farao het koppig gebly.

      Dinsdag 14 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 10:21-29

      Alles behoort aan die Here

      […] Gaan dien die Here! Julle vrouens en kinders kan saamgaan, maar julle kleinvee en julle grootvee moet hier agterbly. – Eks 10:24

      GESELSVRAAG:

      Wat moet die Here nie van jou vra nie?

      “Is jy lus vir ’n nuwe 4x4? Gaan koop gerus een na jou hart, en skenk dit dan aan jul sendeling in Mosambiek. Hy het ’n betroubare voertuig baie nodiger as jy,” terg ek ’n gemeente wat my gevra het om met hul geloofsofferbeloftes te help. Dit is tragies dat so baie stede vol nuwe viertrekvoertuie is, terwyl die sendelinge met wrakke moet aansukkel op plekke waar daar nie eens paaie is nie.

      Die farao was hierdie keer drie dae lank in die duister gehul. Egipte se songod, Ra, was maar weer magteloos om te help. Interessant genoeg was die Israeliete in die lig. Hier was duidelik iets bonatuurliks aan die gang. Weer het die farao vir Moses laat roep. Hulle kon nou maar gaan met hul vroue en kinders, maar hul besittings moes agterbly as pand dat hulle weer sou terugkom om as slawe te dien. Toe Moses weier om aan sy voorwaardes te voldoen, word hy met die dood gedreig. Min het die farao geweet dat sy woorde op homself sou boemerang.

      Die duiwel gebruik soms ons besittings om ons te keer om voluit vir die Here te lewe. Ons goed word so maklik ons god. As ons besittings ’n versoeking word, moet die Here dit soms wegneem omdat Hy ons liefhet. Niks moet agterbly nie. Ons, en alles wat aan ons behoort, is die Here s’n.

      GEBED:

      Ons en alles wat ons het, behoort aan U, o Here.

      Lees vanaand in Eksodus 11:1-10 hoe die Here die finale straf aankondig wat vryheid aan die Israeliete sou verseker.

      Woensdag 15 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 12:1-13

      Veilig deur die bloed

      Die bloed aan die huise waarin julle is, sal ’n teken wees: waar Ek die bloed sien, sal Ek die huis oorslaan […] – Eks 12:13

      GESELSVRAAG:

      Hoe probeer ons ons huismense beveilig?

      “Ons het probeer om ons huis kindveilig te maak, maar hulle het nog steeds ingekom,” skerts ’n vriendin. Ja, ons maak seker dat elke venster diefwering het, dat die swembad omhein en deur ’n veiligheidsnet bedek is, dat aardlekkasieskakelaars verseker dat niemand doodgeskok kan word nie, dat die huis orals paniekknoppies het, en dat die matte nie kan gly nie. Ons filter ons water en hang brandblussers op strategiese plekke. Ons gee om vir ons gesinne. Ons motors het veiligheidsgordels, lugsakke en ABS-remme. Maar wat doen ons om ons mense vir die ewigheid te beveilig?

      Moses se voorbereiding vir die tiende plaag was noukeurig uitgespel, soos ons gelees het. Die bloed van die lammetjies sou veiligheid verseker. Die voorbereidings het hulle dae lank geneem. Hierdie Paasfees sou weer en weer herhaal word totdat die finale Paaslam geslag sou word. Die Paasfees was vir die hele volk. Almal het dit op dieselfde aand saam gevier. Almal, van klein tot groot, was deel daarvan. Die bloed aan die deurkosyn sou die teken wees dat hierdie huismense beveilig is. Die oordeel van God sou hulle oorslaan.

      So vier ons vandag nog saam die Paasfees. Elke nagmaal is opnuut ’n herinnering dat Jesus sy bloed aan die kruis gestort het sodat God se oordeel ons kan oorslaan.

      GEBED:

      Dankie, Here Jesus, dat U ons almal se Paaslam was.

      Lees vanaand in Eksodus 12:14-28 hoe die Paasfees herhaal sou word tot Christus die finale Paaslam sou wees.

      Donderdag 16 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 12:29-40

      Die groot trek begin

      […] Gee pad onder my mense uit, julle twee en al die ander Israeliete! […] En bid dan dat dit met my ook goed mag gaan. – Eks 12:31-32

      GESELSVRAAG:

      In watter opsigte is ons ook op reis?

      “Wagenmakersvallei”

Скачать книгу