Uit die beek 2014. Attie van Wijk

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk страница 8

Uit die beek 2014 - Attie van Wijk Uit die Beek

Скачать книгу

lees dat hulle op bevel van die Here rondgetrek het en uiteindelik by Refidim kamp opgeslaan het. Dit is die Here wat hulle hier gebring het. As deel van hul dissipelskap moes hulle nog ’n les oor God se getrouheid leer. Maar hulle het gou weer die toets gedop. Nou moes Moses die spit afbyt. Hy was in lewensgevaar – en dit deur mense wat God gedien het! God het egter die oplossing gereed gehad. Moses moes met dieselfde kierie wat hy reg aan die begin by die Nyl gebruik het, op ’n sekere rots slaan en dan sou daar genoeg water uitkom. So het dit dan ook gebeur.

      As ons die Here voluit volg, moet ons nie verwag dat dit altyd met ons goed sal gaan nie. Soms wil Hy ons geloof so ’n bietjie rek. Dan bring Hy moeilike tye oor ons. Ons begin twyfel of die Here nog by ons is (Eks 17:7). Ons begin ander mense beskuldig oor die krisis, net soos die Israeliete met Moses. Maar Moses wys ons wat die regte optrede is: Gaan na die Here toe met die probleem. Hy het altyd die regte oplossing gereed.

      GEBED:

      Leer my om U in alle omstandighede te volg, Here Jesus.

      Lees vanaand in Eksodus 17:8-16 hoe die voorbiddingspan die koers van die stryd bepaal het.

      Saterdag 25 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 18:1-12

      Ons dien die Here saam

      […] Nou besef ek dat die Here groter is as enige ander god, want toe die Egiptenaars vermetel teen die volk van die Here opgetree het, het Hy hulle uit Egipte se mag bevry. – Eks 18:10

      GESELSVRAAG:

      Hoe kan ons vir ons skoonfamilie tot seën wees?

      “Ek het my skoonma as voëlverskrikker in die boord gebruik, en die voëls het so geskrik dat hulle die helfte van laas jaar se oes teruggebring het,” vertel ’n grapmaker. Skoonouers word nie altyd waardeer nie. Moses kon egter dankbaar wees vir sy skoonpa. Veertig jaar lank het hy veilig by dominee Jetro gewoon en met sy dogter Sippora getrou. Toe die gevaar in Egipte gedreig het, het hy sy vrou en kinders na haar pa teruggestuur en hulle is die hele tyd daar goed versorg.

      Toe het Jetro Moses se vrou en kinders na hom toe teruggebring waar hy in die woestyn kamp opgeslaan het. Hy het gerugte gehoor van wat God alles vir hierdie volk gedoen het, en nou kon hy die verhale eerstehands hoor. Dit het hom daarvan oortuig dat die God van Israel die enigste ware God is. Hy het selfs ’n offermaaltyd gereël waarheen hy ook die ander leiers van Israel genooi het.

      Getroude mense kom nie altyd goed klaar met hul skoonfamilie nie. Ons kan dankbaar wees as dit met ons verhoudings goed gaan. Dit is heerlik om as groter familie die Here saam te dien en mekaar te vertel wat die Here in ons lewe gedoen het. So bemoedig ons mekaar op die pad van die Here.

      GEBED:

      Dankie vir my skoonfamilie wat soveel vir my doen.

      Lees vanaand in Eksodus 18:13-27 watter goeie raad Jetro vir Moses gee om sy werklas kleiner te maak.

      Sondag 26 Januarie 2014 Lees eers Psalm 122:1-9

      Bly om kerk toe te gaan

      Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.” – Ps 122:1

      GESELSVRAAG:

      Hoekom gaan mense nie altyd graag kerk toe nie?

      “Ná die tweede groot herlewing op Wellington was die kerk heeltemal te klein. Hulle moes toe die twee vleuels aanbou en die kerk se dak lig om plek te maak vir drie galerye.” Mense het graag na die bekende dr. Andrew Murray gaan luister. Nadat hy lank met sy stem gesukkel het, het die Here hom aangeraak en hom ’n kragtige stem gegee wat die groot kerkgebou gevul het sonder die hulp van luidsprekers. Hoe anders is ons kerkbesoek vandag in die meeste gemeentes!

      In vandag se pelgrimslied sing die volk hoe graag hulle Jerusalem toe gegaan het. Dit was heerlik om ná die lang reis saam met die ander gelowiges te vergader en die Here te dien. Die lied is ook ’n gebed vir die vrede in Jerusalem, omdat die Here daar gedien word.

      Ons hoef nie meer Jerusalem toe op te trek om die Here te dien nie. Hy het elkeen van ons sy tempel gemaak (1 Kor 3:16). Tog moedig die Bybel ons aan om nie die onderlinge byeenkomste mis te loop nie (Heb 10:25). Jesus het die gewoonte gehad om elke sabbat na die sinagoge toe te gaan (Luk 4:16). As jy ’n volgeling van Jesus is, sal jy Hom ook na die byeenkomste moet volg tensy dit weens omstandighede onmoontlik geraak het.

      GEBED:

      Here, ek wil U gereeld saam met ander gelowiges ontmoet.

      Lees vanaand in Psalm 123:1-4 hoe die pelgrim sy gedagtes op die Here gefokus het totdat sy gebede verhoor is.

      Maandag 27 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 19:1-13

      Gewyde nasie

      As julle My gehoorsaam en julle aan my verbond hou, sal julle uit al die volke my eiendom wees, ’n koninkryk wat My as priesters dien, en ’n gewyde nasie […] – Eks 19:5

      GESELSVRAAG:

      Wanneer kan ons sê dat ons ’n gewyde nasie is?

      “Ons is die geestelike Israel,” het baie van die Voortrekkers geglo toe hulle destyds Afrika ingetrek het. Toe hulle ’n rivier raakloop wat noord vloei, het hulle gedink dit is die Nyl – vandaar die naam Nylstroom. Hulle was op pad na die nuwe Jerusalem. Hulle was God se uitverkore volk. In ’n sin is dit tog van ons ook waar.

      Vandag se vers is die hart van die tweede gedeelte van die boek Eksodus. Waar ons tot dusver net van die avonture van die Israeliete gelees het, lees ons nou hoe God die klompie ontsnapte slawe saamgevoeg het om die volk van God te wees. Die meeste van hulle was afstammelinge van Jakob, maar daar was ook baie uit ander volke wat by hulle aangesluit het. Hierdie nuwe volk moes sy instrument wees deur wie die Here na die hele wêreld wou uitreik.

      Petrus verwys na hierdie gedeelte wanneer hy skryf: “Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God” (1 Pet 2:9-10). Elkeen wat aan die Here behoort, is deel van ’n nuwe volk – sy volk.

      GEBED:

      Here God, maak ons getrou aan U om u volk te wees.

      Lees vanaand in Eksodus 19:14-25 hoe skrikwekkend God is wanneer Hy sy majesteit openbaar.

      Dinsdag 28 Januarie 2014 Lees eers Eksodus 20:1-17

      Die Here ons God

      Ek is die Here jou God wat jou […] uit die plek van slawerny, bevry het. – Eks 20:2

      GESELSVRAAG:

      Wat beteken dit om die Here “ons God” te noem?

      “Ons God” beteken nie “ons bediende” nie. Ons kan Hom nie bevele gee nie. Hy is die een wat sy gebooie aan ons gee. Hy behoort nie aan ons nie. Ons behoort uit sy genade aan Hom. Die oomblik wanneer ons weier om Hom te gehoorsaam, haal ons Hom van die troon af en

Скачать книгу