Chokers en survivors. Nathan Trantraal

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Chokers en survivors - Nathan Trantraal страница

Chokers en survivors - Nathan Trantraal

Скачать книгу

ection>

      

      NATHAN TRANTRAAL

      CHOKERS EN SURVIVORS

      KWELA BOEKE

      Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Chokers en survivors mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

      Vi Seymour en Sonnet

      Dutch: So why don’t you use the regular army? What do you need us for?

      Dillon: Cause some damn fool accused you of being the best.

      – Jim Thomas, John Thomas, Predator

      I wander thro’ each charter’d street,

      Near where the charter’d Thames does flow,

      And mark in every face I meet

      Marks of weakness, marks of woe.

      – William Blake, “London”

      The best advice that I’d ever gotten

      Was from good old Johnny Rotten

      He said God save the Queen

      He said no future for you no future for me

      – Craig Finn, “No Future”

      Voorwoord

      Chokers en survivors is peanut-butter-en-jêm-brood

      Issie eeste en laaste kee wat ek myself gan explain.

      Na dié vra jy my fokkol, lyste net:

      as jy nie kan byhou met die storie nie, dan issitie vi jou nie

      ôs het vi twie jaa geliewe op chokers en survivors en flou tea.

      Bishop Lavis

      (1983–1988)

      tot hie en nie vêderie

      Wies careful van mense wat hulle harte op hulle moue dra

      wan sukke mense wysie altyd vi jou hulle regte hartie.

      Hulle regte hart is weggevou inne kissingsloep onnerie kooi.

      Wies careful van mense wat sê hulle is lief vi jou

      wan hulle regte liefde hou hulle inne koffieblik oppie kas.

      Wies careful van mense wat in jou oë kyk as hulle met jou praat

      wan hulle regte oë sit inne envelope onne innie laai.

      Wies careful van mense wat vi jou sê jou hare is mooi

      wan is hulle wat dywels begrawe innie krake in jou miere.

      En wies careful van mense met baie katte

      wan hulle kan dai katte na jou hys toe stie innie aan

      en hulle sal jou kinnes in hulle slaap vesmoo.

      En moenie goed wat jy langsie pad optel hys toe bringie

      wan somtyds los ieman vi jou dai goed langsie pad

      en da kô jy en dra it in jou hys in.

      Woensdag, 16 Februarie 1988

      Ek is nog klein.

      Ek staan allien innie agtejaat

      by my ouma-hulle hys en ek voel sad

      omdat ek wiet vandag isse boring, unimportant dag.

      Ek wiet die dag het niks gedoen

      wattit worthy maak om onthou te wôtie.

      Ek voel sad omdat ek wiet daa was al dysende dae

      soes dié wat ek al kla vegiet et.

      ’n Mens kyk trug op jou liewe ennie goed wat ytstaan,

      dai is vi jou jou liewe.

      Maa dai issie die liewe nie.

      Dai issie highlights reel.

      Jou liewe isse klom dae wat niks gebee nie.

      Ek stap narie wasgoed wat oppie lyn hang,

      ek sit my hand tien ’n nat handdoek

      en ek dink ek gan nooit die dag vegietie.

      Maya en Mr Piel

      Maya was getroud met drie kinnes,

      Faheem, Sieda en Riefka.

      En een vi een het sy vi hulle ammel

      mette piel oorie kop geslaan

      tot da niks oo wassie.

      Maya het haa man, Boy, innie boem lat slaap

      tewyl sy vi Mr Piel innie hys opgeklim et.

      Sy naam was Clyde

      maarie mense het vi hom Mr Piel geroep

      omdat sy piel alle soot deere oep en toe geslyt et

      Sy piel hettie dee geslyt agte Maya se man.

      Sy piel het Sieda se kamedee oepgeslyt innie nag.

      Sy piel hettie tronk se hekke geslyt

      ná Faheem hom mette bakstien gegooi et.

      Sy piel het Maya se hart oep en toe geslyt

      en depending op waa jy met Mr Piel staan

      sal jy wiet waa jy met Maya staan.

      Al was jy ’n vriend, familie of haa kind,

      Mr Piel hette hele wêreld vi Maya oepgeslyt

      waa net hulle twie bestaan et.

      Esprit

      Riefka het vroeg gelee

      dattie way na ’n man se hart

      dee haa mag is.

      Sy wasse druggie op dêtien

      enne

Скачать книгу