Chokers en survivors. Nathan Trantraal

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Chokers en survivors - Nathan Trantraal страница 3

Chokers en survivors - Nathan Trantraal

Скачать книгу

      Die dag toe Dolfie doodgan

      toe bring sy niefie Omar die tyding.

      Sy exact woore was:

      “Ek wiet nou nie of julle gan dink

      is goeie nuus of slegte nuusie,

      maa Dolfie is dood.”

      Dolfie was innie police reserves,

      ’n part-time poliesman wattie ees betaal wassie.

      Hyt dai shit baie ernstig gevat though

      en hyt gegloe hy liewe inne eighties action film.

      Dolfie het single-handedly hele gangs angevat

      sône ienage backup, somtyds even sône ’n gun.

      Dais wat hy gesê et anyway.

      Ek onthou meestal vi Dolfie

      assie bra wat altyd full speed

      in sy blou karrentjie af in ôse straat gery et virrie gil.

      Ek was altyd convinced hy gan eendag

      een vannie klein kinnes omstamp.

      Dolfie het inne Hollywood-fantasy geliewe

      waa hyrie actor, director en cameraman was.

      Die ding is, though,

      jy kan jou dai tyd nog kak kwai gehou et

      innie Westridge

      wannit wasse klom pussies wat ha gebly et.

      Maa hoekom try jy dai shit in Tafelsig?

      Isse fact dat Tafelsig nie ’n fok omgie nie.

      Soes ekkie storie vestaan, was Dolfie off-duty.

      Hy en sy bra gan koep ’n paa biere

      by ’n jaat in Tafelsig.

      Tewyl sy bra die biere koep,

      observe Dolfie suspicious activity:

      youths wat oppe hoek staan.

      Dolfie die hero-cop stap na hulle toe

      en vra: “Jis, julle naies, wat staan julle soe ron?

      Wat stiek julle weg, ha?”

      Die arme kinnes het sieke soe groot geskrik

      lat hulle ammel hulle guns geruk et

      en vi Dolfie begin skiet et.

      II

      Jenny, die vrou byrie hyswinkel, vetel vi ôs

      met trane in haa oë enne smile op haa gesig

      wat Dolfie se laaste woore an haa was:

      “Jy Jenny, gie my ’n fokken pakkie Rothmans

      en maak gou.”

      Sy sê sy sal altyd onthou

      hoe hy die gel oppie counter gegooi et.

      Sy gan vi Dolfie baie mis.

      In Dolfie se eer hettie hele neighbourhood gel ingesamel

      omme Dolfie-dag te organise –

      die hele neighbourhood,

      behalwe ôs ennie mense ookantie pad.

      Ôs het byrie venste gestaan en lag.

      Hulle hettie paakie na Dolfie venoem, Dolfie’s Park

      en graffiti artists ge-hire omme mural te maak –

      ’n prent van Dolfie mette mermaid.

      Byrie re-opening vannie park

      het sy suste ’n speech gemaak.

      Haa woore was simpel:

      “Dolfie issie dootie, Dolfie liewe.

      Ôs is dood.”

      III

      It was in allie koerante:

      “Hero-Cop Killed In The Line Of Duty”.

      Enne jaa later toe trek daa ’n bus op vol students.

      It wassie eeste kee wat ek al ooit

      soe baie wit mense innie ghetto gesien et op een slag.

      Maa hulle was sieke gesê gewies

      ommie eye contact te maakie

      wan hulle hettie dié way of dai way gekykie,

      directly geloep narie mural toe

      en toe praatie lecturer soe virre ier met hulle

      en toe klim hulle wee innie bus,

      never to be seen again.

      ’n Paa jaa later toe ek by Stellenbosch gan study

      was een van my vakke History of Art.

      Toe kô meet ek ees hoekô

      dai whiteys dai dag daa was

      wan toe moet ôsie mural discuss

      wat gemaak was

      in honour vannie slain hero-cop Dolfie.

      Dai wassie exact moment wat ek besef et

      ek gannie University klaa maakie.

      Die wit mense was net mal oo Dolfie

      en toe wil ek vi hulle sê

      Dolfie wassie ’n

      hero nie, hy wasse gemos.

      Maa toe dink ek lossit maa

      wannie mense gie nie ’n fok om either way nie.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив

Скачать книгу