Chokers en survivors. Nathan Trantraal

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Chokers en survivors - Nathan Trantraal страница 2

Chokers en survivors - Nathan Trantraal

Скачать книгу

      Riefka wasse mooi meisie.

      Ammel was mal oo haa oë

      wat somtyds blou was

      en somtyds groen.

      Mense praat nou nog vannie goed

      wat sy innie boys toilet gedoen et

      en baie up-and-coming-meisies

      gebryk haa career path asse blueprint.

      Haa niefies en niggies wat saam haa op skool was

      het simply na haa refer as “hai jintoe”

      as hulle van haa gepraat et.

      Riefka was confused oo haa niggies en niefies,

      oo haa familie in general.

      Sy was confused oo wie haa pa was.

      Ammel het gewiet wie haa pa was, behalwe sy.

      Haa ma het hom gelos net na sy gebore was

      en vi haa gesê dat Mr Piel haa pa is.

      Riefka kanittie onthou nie

      wan sy was nog ’n baby

      Maa haa ma

      het eenkee met haa pa gestry

      toe wôd sy soe kwaad

      dat syrie man mettie baby gooi.

      Later het haa pa heeltemal befok geraak

      en somme ’n ayaman gewôd. En gefokof.

      Maarit wassie all bêtie

      wan haa ma het altyd vi hulle gesôg.

      Riefka sallie dié onthou nie

      wan sy was nog baie klein.

      Maa een Christmas, sy was sieke vie,

      en haa broe en haa suste was twaalf en tien,

      toe koep haa ma vi hulle ’n Krismisboks:

      vi Faheem en Sieda

      ’n kis bier enne borrel whiskey,

      en vi Riefka, omdat syrie baby was,

      ’n borrel Esprit liqueur.

      Toerie kinnes klaa gesyp et

      lê Riefka innie jaat innie sand en swem

      en allie grootmense staan en lag

      vi hoe oulik sy lyk as sy dronk is.

      Mitchell’s Plain

      (1988–1999)

      darkie bloed

      Ek is siewe jaa oud

      en ôs bly in Westridge,

      6 Saddle Close.

      My niefie Faheem het my een kee gesê

      as jou kop pyn meanit

      daas ’n klein darkie in jou kop

      wattie dromme speel

      ek lê langs my kooi en skrie

      ek is vol bloed

      my kissing is vol bloed

      die sink innie badkame is vol bloed

      ek is kak bang vi bloed

      en ek is kak bang vi darkies

      ve-allie klein darkies wat jy nie met jou oë ka sien nie

      ek druk my naam innie as

      Elke Christmas jaag my pa ôs ammel oppe hoep.

      Hy vejaa ’n dag voo Christmas

      en as jy vi hom ’n present koep wat hy nie wil gehêrittie

      wôd hy soese kleintjie wat al sy toys yt sy cot yt gooi,

      die cot in dié case die hys

      ennie toys my ma, ek en my broes en sustes.

      Christmas is altyd ’n groot exodus,

      kyk ma waa ôs opeinde.

      Assie festivities oo is

      en my ma dink is nou safe om hys toe te gan,

      wiet jy al klaa hoe die hys gan lyk.

      As jyrie dee oepmaak lê ha mamok al oorie vloe,

      die voorhys lyk soese surrealist painting.

      Stap kobys toe – daa isse bôd vol vleis, attippel salad en bier,

      klom half gevriete braaivleis wat ronstaan,

      die sink is vol miere,

      die hele hys vol leë wynborrels wat ronstaan.

      Ek stap op byrie stairs, ieman se skoen lê op my kooi,

      sopnat gepis.

      Die hys ryk soes dronk asem en vylgatte.

      Ek wil net hêrit moet skoon wies

      maa ek willittie skoonmaakie.

      Ek stap wee af en byte toe, yt byrie agtedee.

      My pa het heeltemal vedwyn.

      Hy sal probably ees Boxing Day hie ankom

      en da gan hy vi ôs wil box.

      Tewyl ôs gesit et en ôse naels kou,

      het my pa en sy vriende gebraai en ge-party.

      Ek wens hy gan dood.

      Ek stap narie braaiblik toe.

      Ek druk my hanne innie dooie kole.

      Ek druk my naam innie as.

      Hard to Kill trilogy (DVD Boxset)

      Lt. Kevin O’Malley: That was the most unstoppable sonuvabitch I ever knew.

      Capt. Dan Hulland: Yeah, well he just got stopped tonight.

      –

Скачать книгу