'n Kameel, 'n sprinkaan en 'n vrot tamatie. Annelie Ferreira

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Kameel, 'n sprinkaan en 'n vrot tamatie - Annelie Ferreira страница 2

'n Kameel, 'n sprinkaan en 'n vrot tamatie - Annelie Ferreira

Скачать книгу

Meneer.” Pa loop na die kameel met die man op. “Dis privaat eiendom hierdie. Ek weet nie waarvandaan julle kom nie, maar julle sal moet . . . Hei, hei, hou die kameel van my af!” Pa spring eenkant toe, maar die kameel kom reg op sy das afgepyl. “Hei, skoert jy!”

ch.2-002.tif

       Blaf-blaf-blaf!

      Waar is Rolfie? Ek kyk rond. In die verste hoekie van die tuin kan ek ’n snoet bewerig agter ’n bos sien uitsteek.

      “My tuin!” kerm Ma. “My pragtige tuin!”

      “Alles is reg, Rolfie!” roep ek.

      Klik! Klik! Anneke swaai haar selfoon. “Ek gaan dit op YouTube sit! Ek gaan beroemd wees!”

      Iets raas nog meer as Rolfie. Ek kyk om. Dis die vrou in wit klere. Dit klink of sy besig is om te skel op die man op die kameel wat besig is om Pa al om die tuin te jaag.

      “GPS! Horwoentoe GPS! Bommiekats GPS!”

      GPS? Dis mos wat jy gebruik om vir jou te sê watter pad jy moet ry as jy na ’n vreemde plek toe gaan?

      “Pa?” Ek gryp Pa aan die arm toe hy voor my verbyhardloop. “Ek dink hulle het verdwaal! Die vrou sê GPS!”

      Pa ruk los. “Moenie byt nie, asseblief!” roep hy benoud. “Skoert!­”

      “Ma? Anneke?” Niemand hoor my nie. Ek hol die huis in, na die boekrak in die woonkamer. Op die middelste rak trek ek die groot kinderatlas uit, en draf weer terug tuin toe.

      Die man het nou afgeklim en hou sy kameel vas aan sy teuels. Pa staan langs die man en hyg. “Sirkus?” vra hy. “Het julle dalk uit ’n sirkus ontsnap?”

      “Nee!” gil Ma.

      Ek swaai om. ’n Kameel het pas ’n yslike hoop bollie gemaak – reg op Ma se beste pers petunias.

      “Of uit ’n dieretuin?” vra Pa.

      “Kwantolong!” sê die man. “Kwantolong!” Hy gooi sy hande in die lug. “GPS!”

      “Pa, ek dink hulle kom van ver af,” sê ek en maak die atlas vinnig oop, by Afrika. “Hier’s ons nou in Suid-Afrika, sien Oom?” sê ek vir die man. Ek druk my vinger op die bladsy. “En hier is Koedoesdorp.” Dan wys ek rondom ons, in die tuin. “Koedoesdorp.”

      Ma kom nader gesteier.

      “Koedoewop?” vra die man.

      “Ja, ja!” sê ek opgewonde.

      Die man skud sy kop. “Hieng Koedoewop. Hieng.”

      Iets stamp verby my, een kind jaag ’n ander een met ’n roostak dat jy net wit klere sien flap.

      Ma lyk grys.

      Pa druk op ’n entjie hoër op die atlas. “Zimbabwe?”

      Die man frons en skud weer sy kop.

      “Zambië?” Pa se vinger beweeg al hoe hoër op in Afrika, maar elke keer skud die man sy kop. “Kenia? Tanzanië? Die Sahara-woestyn?”

      “Sahhro?” Die man glimlag breed en knik sy kop. “Sah­hro! Sahhro!”

ch.2-003.tif

      Pa fluit tussen sy tande deur en loer na Ma. “Goeiste, ou Swaer, julle is so verdwaal dis nie snaaks nie.”

      Ma lyk nog gryser.

      Ek grinnik. Dis die beste Maandag-oggend wat ons in jare gehad het.

pg.11-petunia%20poop.tif

      3

      Nuwe Facebook-vriend

      Anneke kom aangehardloop. “Ek’s nou Facebook-friends met daai ou daar anderkant! Hy’s ook dertien.” Sy druk haar selfoon onder ons neuse. “Kyk! Nou het ek ’n Chinese friend, kyk hoe cool skryf hy sy naam! Dis net krulletjies, niemand kan dit lees nie!”

      “Anneke, die mense is nie Chinees nie! Hulle kom uit die Sahara.” Ek kyk op. Teen die heining staan die ou, omtrent net so lank soos Anneke. Hy is besig om iets te kou en hy lyk presies soos Anneke as ons iewers is saam met Pa en Ma en sy nie daar wil wees nie.

      “Nou is die vraag,” sê Pa stadig, “hoe kry ons hulle te­rug in die Sahara?”

      Die vrou begin weer praat, nog vinniger as Ma. “Gro­mika GPS Latoeba GPS Soepsiepaap GPS!”

      Die man se skouers hang.

      Ek dink miskien gaan hy sy GPS nie gou weer gebruik nie.

      Tussen die gepraat deur klink daar ’n nuwe geluid op, iets wat piep.

      “Sj-sj-sj.” Die vrou steek haar hande onder haar klere in en haal ’n bondeltjie uit. Die gepiep word harder. Dis ’n baba!

      Ma gee ’n lang sug. “Wel, ons kan nie die mense net hier laat staan nie, kan ons?” Dis vreemd hoe stadig sy praat. Sy vee oor haar hare. “Kom saam,” beduie sy vir die vrou. Dan kyk sy vir Pa. “Sorg jy dat die kamele iewers vasgemaak word, weg van my rose. Daar by jou braaiplek is die beste plek.”

      “My braaiplek?” vra Pa benoud.

      “Ja, hulle gaan nie my tuin verder verniel nie! Anneke, gaan sit jy solank die ketel aan vir tee en Gerrie, begin jy kinders bymekaarmaak. Dit lyk my hier is omtrent vyf . . . sewe.”

      Rolfie het ophou blaf. Voor die bos waar hy laas weg­gekruip het, staan ’n seun omtrent so groot soos ek en steek sy hand uit na ’n swart snoet.

      “Hei! Pasop daar!” Ek draf soontoe.

      Die seun trek sy hand vinnig terug. Onder die kopdoek kyk twee donkerbruin oë versigtig na my.

      “Rolfie kan partykeer gevaarlik wees,” verduidelik ek. Wel, hy kan, as jy ’n blaar is, of ’n dooie muis. Rolfie het een­keer gehap na ’n dooie muis.

      Nou lyk Rolfie darem nie te kwaai nie. Sy stert swaai en sy pienk tong flap vrolik. Ek krap sy bors.

      “As jy wil, kan jy hom ook ’n bietjie vryf,” sê ek vir die seun en wys na Rolfie.

      Die seun steek sy hand uit en begin ook Rolfie se bors te krap. Voor ek kan keer, spring Rolfie vorentoe en lek die ou se gesig sopnat! Hy lag te lekker en wikkel sy neus.

      “Ons moet ingaan huis toe,” sê ek. “En al jou broers en susters saamvat.”

ch.3-001.tif

      Die

Скачать книгу