Ratels. Leon van Nierop

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ratels - Leon van Nierop страница 6

Ratels - Leon van Nierop

Скачать книгу

seker nie ’n goeie idee is nie, want sy vel is glo so taai dat hy nie eens ’n by se steek voel nie, behalwe op sy snoet. En hy is glo ook nie baie lief vir mense nie, nes ek.

      “Ek skakel die kragopwekker tussen tienuur in die aand en vyf­uur in die oggend af. So dis ligte uit tussen tien en vyf,” onderbreek Stefan my ratel-gedagtes.

      “En wat gebeur as die ligte vyfuur aankom?” Ek weet sommer hier’s iewers ’n catch.

      “LO!”

      Dit klink na iets wat jy nog op ’n outydse floppy disc gedoen het.

      “En dan gaan draf ons tot by die kremetartboom tot Lavinia ont­byt maak.”

      “Oe, Blommie,” sê ek deur my neus, “ry sy op ’n besem?”

      “Sy bestuur die kamp saam met my en sy behartig die kombuis. Maar Lavinia is moeilikheid op bene. Ek sou geen kanse met haar waag nie! So Velskoen, jou bungalow is nommer ses. Daar is vier bed­dens. Jy slaap saam met Jan-Lourens en Vincent. En aangesien Vincent al hier is, kan jy solank gaan bladskud sodat julle mekaar kan leer ken. Ons gesels later vanmiddag weer. En laat weet jou ma jy is veilig!”

      Ek tel my sak en videokamera op en wals na die bungalow met die grasdak en die gaas voor die vensters. Ek skakel die kamera aan en capture hierdie oomblik. Ek swaai die kamera na die bome en die impalalelies en dan terug na die bungalows. Dan draai ek in die rondte met so ’n vinnige swiep-movement om alles nog cooler te laat lyk.

      Wow. Dit lyk nes ’n NatGeo-dokkie gekruis met ’n Black Eyed Peas-musiekvideo!

      In die bungalow is daar muskietnette oor die bed, nes my ma ge­hoop het.

      Ek soek met ’n stink spoed na die badkamers, want ek het ’n klomp Coke op die bus gedrink en daar was so baie mense dat ek gehoop het ek kan knyp tot hier.

      Ek bestorm die badkamers vinniger as wanneer ek my laptop afsit as my ma onverwags by die kamer inkom. En kan ek vir enig­een van julle sê wat al moes knyp – as jy dit uiteindelik release, is dit awesome. Die verligting spoel sommer so deur jou.

      Ek luister na al die geluide – hier voor my en om my en agter my. ’n Voël skreeu nes in daai ad waar die dude iets in ’n boom probeer sien en nie sy bril op het nie. Ek dink dis ’n visarend. En dan daai aaklige goed wat by ons in Joburg ook so skree. My ma sê hadidas skree so, want hulle het hoogtevrees.

      Grappie. Van my ma. Lame deluxe.

      Ek is net klaar, toe voel ek iemand kyk vir my. En daar staan hy in die deur. So ’n groot blonde ou in ’n tenktop met muscles en ’n kom-moer-my-gesig. Ek kan sommer sien: Hier kom weer ’n HPH-oomblik.

      Hy staan in die deur soos Jason Statham voor hy ’n criminal se kakebeen afslaan. Ek kan sien hy is op steroids, want hy’t so ’n kyk in sy oë wat waarsku dat hy iemand seermaak voor iemand hóm seermaak.

      Hy move vinnig.

      “Ha-ha-hallo. Ek is Velskoen en ek …”

      “Ek gee nie ’n hel om of jou naam Chad le Clos is nie. Ek is Vincent de Wahl. Deal with it.”

      Die volgende oomblik gryp hy my en druk my gesig in die krip. Nou moet julle weet, daar’s sulke pienk steentjies in wat nogal lek­ker ruik. Die reuk hang die hele badkamer vol. Maar dis nie lekker as jou mond daarin gedruk word nie.

      Ek skree, maar Vincent-frieken-criminal-van-die-century het nie ’n saak met my nie. Ek voel die steentjies teen my gesig skuur en my mond word nat en skielik ruk al die chips wat ek geëet het deur my lyf en kleur die pienk steentjies geel.

      “Nie op my flippen skoene nie, bliksem!”

      En terwyl die spasmas deur my lyf ruk, fluister hy: “Ek is die nek van die plek, het jy my?”

      Ek probeer antwoord, maar die smaak in my mond is te sleg.

      “Het jy my?” skreeu hy weer.

      “Ja,” kreun ek dit uit.

      “Nou flippen hou my. Urk.”

      En ek wonder skielik. Wat is ’n urk?

      Toe weet ek: Hy gaan my grootste nagmerrie wees. En nie eens Dwayne-frieken-Johnson sal my kan help nie.

Ratels%20koedoe.tif

       IN MY RUGSAK

      Die koedoe

      Koedoes is vaal en bruingrys van kleur en is bekend vir hulle statige houding, hulle wit strepe (ses tot tien onegalig gespasieerde strepe wat vertikaal van net agter die skouer oor die blaaie loop) en die bulle vir hulle reuse gedraaide horings. Die koeie is kleiner as die bulle en is sonder horings. Hulle ore is groot en breed, met ronde punte en ’n wit randjie. Koedoes word ook uitgeken aan die bulte op hulle skouers­. Hulle kom in familiegroepe van vyf tot twaalf voor. Die bulle vorm buite paartyd afsonderlike troppe. Hulle kan tot twee meter hoog spring. Hulle eet blare, peule en soms groen gras.

       Neem saam as jy na koedoes soek

      Jou ore, want hulle gee harde blafgeluide. IPod-song terwyl jy wag: “Every teardrop is a waterfall”. Coldplay.

       My oupa se voorkop is so groot, ’n Boeing kan daarop land.

      Hoofstuk 2

      ✲

      Vincent kry my om die nek beet en sleep my dieper by die badkamer in. Ek wil soos in ’n horror movie skreeu, maar ek dink dit sal sake net meer complicated maak.

      Al wat ek weet, Vincent de Wahl is ’n frieken boelie en ek wens ek kan sy toonnaels een vir een met ’n knyptang uittrek of hom dwing om ’n hele dag na een van Kurt Darren se songs te luister.

      Nou kyk. Ek vloek nie eintlik nie. Nie met my ma wat elke woordjie bekyk soos ek my puisies uitcheck voor ek Clearasil aan­smeer nie. Maar vir hierdie dude skreeu ek sommer ’n paar woorde wat ek nog net agter toiletdeure gesien het.

      “Is jy ’n sissie, hu? Is jy ’n ou meisietjie, dofkop-donder?” sis hy hier teen my oor. Hy verwurg my, want my kennebak steek so ver uit dat hy lekker baie vashouplek het, en ek kan op geen manier loskom nie

      Snaaks wat op sulke oomblikke deur jou kop gaan. Pause. Rewind. Fast forward. Rewind, replay. Delete. Dis waaraan ek nou dink.

      Ek wil hierdie nagmerrie pause en rewind en dan weer pause net voor Vincent my gegryp het. Dan wil ek die res delete.

      Ek dink skielik aan een van Adele se songs terwyl Vincent my wegsleep soos ’n hiëna wat ’n brakkie beetgekry het.

      Adelation, noem die ouens dit as jy Adele volg op Twitter of Face­book­.

      Hoekom sal ek nou aan Adele dink? Asof sy my uit hierdie drama kan red!

      Stuff it, dit suig!

      Ek probeer “Moves like a jagger” van Maroon5

Скачать книгу