Vuurvliegie. Helene de Kock

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vuurvliegie - Helene de Kock страница 4

Vuurvliegie - Helene de Kock Helene de Kock-omnibus

Скачать книгу

kyk hom takserend aan. En vir die eerste maal dring dit tot haar deur: Alfons het ’n probleem. Wat weet sy nie, maar die tekens is onmiskenbaar. Die skadu’s in sy oë, selfs al lag hy. Die effense stroefheid om sy mond wat hom ouer as sy jare laat lyk. En sy waag dit om te sê: “Dis ’n baie vreemde gesprek, Alfons.”

      Dis of daar ’n waaksaamheid oor hom kom, maar hy staan weg en lag skielik, maak haar woorde met ’n handgebaar af.

      “Ag wat, jong, ek het vandag te ver en te vinnig gery. Dit maak my praterig. Dit en slapende meisies op stoepdekke.”

      Tot haar ergernis begin haar hart bons, want hy byt lig op sy onderlip en sy oë gaan dralend en met uitgesproke waardering oor haar.

      “Ek moet nou gaan,” sê sy. “Niemand weet waar ek is nie … enne … hulle soek seker al.”

      “En jy wil nie hê hulle moet weet dat jy stoepslaap nie?” terg hy.

      Dis weer die óú Alfons, wat haar nog al die jare so stilweg be­koor het, en sonder dat sy in die minste iets daaraan kan doen, bloos sy tot in haar hare. Sy kan die gloed behoorlik voel en sy vlieg vervaard om om die eerste trappie mis te trap sodat sy na die reling moet gryp. Sy spring-spring tot onder, vies vir haarself en vir hom wat haar glimlaggend bo van die dek af staan en bekyk.

      “Wanneer kom jy weer vee, Goeie Fee?” roep hy agterna.

      “Wanneer ek betaal word!” roep sy oor haar skouer terug en slaan oor op ’n draffie.

      Haar ma se oë rek toe sy by die kombuis instap.

      “Ons wou-wou net bekommerd raak. As dit enige ander plek as Die Vallei was, was ek nou al rasend. Waar was jy?”

      “Ek …” begin Danien, maar besef in ’n oogwink dat sy nie lus het om enigiemand te vertel waar sy die middag deurgebring het nie. “Ag, ek was nie lus om saam met die ander te loop nie en toe gaan stap ek sommer net. Later het ek vaak geword en gaan sit. Toe slaap ek.”

      Die waarheid, al is dit nou nie die volle waarheid nie. Sy sien haar ma se worsteling om dit te glo, en spring haar voor. “Ek sal later alles vertel, maar nou wil ek eers gaan stort.”

      Toe sy onder die spuitende water staan, kom daar ’n koele be­sinning oor haar. Wat het my besiel, wonder sy verstom, om Vuur­vliegie se stoep te gaan vee? Maar sy keer die gedagte weg, want dis ’n groot gedagte. Te groot om nóú te oordink. Die gesprek ook. Vannag, as sy alleen in die donker is, sal sy dit met haarself aanroer. Want waarom het sy niks, maar niks uitgevra na die jare tussenin nie? Waarom het hy niks laat val nie? En hoekom voel dit skielik asof Alfons eintlik nooit weg was nie?

      Sy vryf haar hare droog en trek gou aan. ’n Ligblou rok en wit sandale. En sy grimeer met sorg, tik reukwater met ’n fris jasmyn­geur aan. Toe sy onder in die ruim woonvertrek kom, sit almal al aan tafel. Haar ma en pa, Frans en Anel wat saam met hulle vakansie hou.

      En Alfons.

      Skrik spring in haar op, maar die gesig wat hy na haar draai, is die ene verrassing.

      “Nou toe nou, Danien!” Hy glimlag toe hy opstaan en ’n hand na haar uitsteek. “Lanklaas gesien, nè?”

      Haar keel voel stram van spanning, maar sy beantwoord sy glimlag ewe lief, skud sy hand.

      “Waar was jy al die tyd, jong?” vra sy en gaan sit op haar plek tussen hom en Frans.

      “Laat ons eers die seën vra,” sê haar pa, en almal buig die hoof en hou hande. Ook Alfons vou sy hand oor hare, wat langs haar bord lê. Die aanraking ontstig haar só dat sy niks van die tafelgebed hoor nie. Daar is ’n druising in haar ore en ’n bewerigheid in die vingerpunte wat Alfons al stywer vasdruk. Toe haar pa amen sê, kyk sy verskrik op, maar almal vou ewe kalm hul ser­vette oop en haar ma trek die bak bredie nader om in te skep.

      “Gee julle borde aan!” sê sy vrolik. “Mooi op die ry af. Alfons, vertel jy solank alles! Maar alles, hoor!”

      “Goed, tant Jacomien,” sê Alfons met ’n guitige inskiklikheid. “Maar daar is in der waarheid nie veel te sê nie. Ek het geswot en geswot totdat ek klaar was.”

      “So alleen in jou tant Fienie se huis in Pretoria?” vra tant Jacomien simpatiek, en gee sy bord ’n ekstra skeppie.

      “Ag ja, wat. Die huis is mos nou myne en dis so gerieflik na aan die universiteit dat dit dwaas sou gewees het om dit te ver­koop. Buitendien, daar lê mooi herinneringe aan haar.”

      “Jou tante was ’n baie mooi mens,” sê oom Karel peinsend. “Dit was swaar vir ons Valleiers om Vuurvliegie so dig toe te sien staan. Hoe vele male het ek en Jacomien nie daar ingeval vir ’n koppie koffie nie …”

      “Ja …” antwoord Alfons sag, en Danien sien dat hy sy vingers plat druk op die tafel langs sy bord, só asof hy bang is dat hulle aan die bewe sal gaan.

      “Ons het jou gemis hier,” sê Frans reguit. “Die vakansiejollery is net nie dieselfde sonder jou nie.”

      “Dankie.” Alfons glimlag. “Dis goed om dit te hoor.” Maar hy begin ietwat haastig te eet, asof die woorde hom bewoë stem.

      “Waarom het jy nooit kom vakansie hou nie?” wil Frans on­verstoorbaar weet.

      Alfons kou stadig klaar, kyk stilweg na Frans toe hy sê: “Ná tant Fienie se dood het ek vir ’n jaar lank in Europa en Amerika rondgeloop …”

      “O, hoe lekker!” laat Anel hoor, en tant Jacomien beaam dit kopknikkend. Dat hy een en almal se volle aandag het, is nie altemit nie.

      “Dit was lekker … en insiggewend,” sê hy stadig, en vir ’n kort oomblik het sy gesig weer die intense, gekwelde uitdrukking soos tydens hul stoepgesprek van vroeër. Maar toe glimlag hy en sy oë soek Danien s’n sodat sy spontaan terugglimlag en wonder of sy haar dit nie maar verbeel het dat hy so flus weer bekommerd gelyk het nie.

      “Nou ja,” gaan hy rustig voort, “toe ek terugkom, was dit moei­lik om weer te begin studeer. Ek moes vakansies ook maar studeer om weer by te kom, en toe ek eers aan die gang was met die studie het ek maar aan die gang gebly. Ek moet sê, ek is bly dat ek eindelik sover gekom het om hierheen te kom. Ek is doodmoeg en sien uit na my vakansie.”

      “En het jy toe LL.B. klaargemaak?” por Frans geïnteresseerd.

      “So pas, ja. En jy?”

      “Maar dis gaaf!” roep Frans hartlik uit. “Ja, ek ook, ou maat, en laat ek jou sê, dis ’n allemintige gevoel! Nou’t ek nog planne om Leiden toe te gaan vir verdere studie. Ek het bitter lus vir ’n pos aan ’n universiteit. Wat gaan jy maak?”

      Alfons se gesig verstil, toe skud hy sy kop.

      “Weet nie mooi nie. Dalk swot ek ook verder. Miskien aan ’n ander universiteit. Ek wil eers dink daaroor.”

      Daar is ’n klank in sy stem wat verdere vrae verbied, en Frans kyk ondersoekend na hom, reg om hom te peper met allerlei in­dringende vrae. Maar hy vang Danien se oog toe die hom kwaai aankyk, en hy swyg.

      Later skuif almal stoep toe om verder te gesels, tot Anel en tant Jacomien koffie bring. Dis ’n breë houtstoep wat al om die huis loop, en Alfons kom sit op die houtreling langs

Скачать книгу