Die vierletterwoord. Nelia Engelbrecht

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die vierletterwoord - Nelia Engelbrecht страница 4

Die vierletterwoord - Nelia Engelbrecht

Скачать книгу

hy sy Smarties eet. Partykeer dink ek dit moet lekker wees op planeet Zor – daar waar die Alzheimer’s hom heen gestuur het.

butterflies

      2

      Omdat ek die enigste kind is, was ek nog nooit goed met deel nie. My legkaarte en my PlayStation was nog altyd net myne. My skoolkoerant ook.

      Dis hoekom ek die volgende middag by die redaksie­vergadering vir Jason ignoreer asof hy onsigbaar is.

      “Ek dink ons moet almal op die beat bly waarop ons was – dit het goed gewerk verlede jaar. Ter wille van juffrou Notnagel, sal ek net weer sê: Penny is op sosiaal, Mauritz op akademie, Duane doen kultuur, Queen sport en Clifford en sy span doen die begroting, advertensies en die bladuitleg.”

      “Ek gaan beslis hulp nodig hê met social – kan Jason my nie bietjie help nie?” vra Penny-die-planmaker.

      “Jammer, dit sal nie werk nie. Jason is klaar assistent­redakteur,” sê juffrou Notnagel.

      “Dis nie asof hy so vreeslik besig sal wees nie,” keer ek. As dit van my afhang, gaan hy net ’n stoel warm sit.

      Juffrou Notnagel frons. “Jason moet in ’n posisie wees om sy ondervinding met almal te deel, nie net met een redaksielid nie.”

      “Dis nie asof ons nie self ondervinding het nie,” help ek haar vinnig reg.

      “Natuurlik nie,” sê sy en glimlag geamuseerd.

      Ek glimlag nie terug nie. Ek kan glád nie sien wat so snaaks is nie.

      Ná die vergadering gaan ek en Penny reguit atletiekveld toe. Dis tyd vir Projek Hoofseun.

      “Daar’s hy, daar oorkant. Roer jou, Clarissa,” beveel Penny terwyl ek my tekkies aantrek.

      Sy bly op die paviljoen agter terwyl ek om die baan begin draf. Sy is ’n kyker, nie ’n drawwer nie. Sy haat alles wat haar vinniger laat asemhaal, behalwe vry, sê sy altyd.

      Vandag voel dit of my voete vlerke het. Ek haal Wilhelm in. Sy skouerspiere blink van die sweet.

      Ook maar goed hy het nie ’n vaste meisie nie, want ek moet sê, ek het verlede jaar nogal sleg gevoel toe ek vir Ruben van Helen-die-hoofmeisie afgevry het.

      Maar ek het darem vinnig ophou skuldig voel daaroor toe ek twee weke later hoor sy date ’n ou wat sy klerkskap doen by die prokureursfirma waar my pa gewerk het.

      H’mm, kyk net Wilhelm se stewige boudjies. Seker van al die baie sport. Atletiek, rugby én krieket.

      Ek hou net van hardloop. Lang afstande en landloop. Spansport werk nie vir my nie.

      “Hi,” sê ek toe ek langs hom is.

      “Hi, Clarissa,” groet hy terug. Sy oë gly tot by my kaal bene en weer terug boontoe.

      “Watter items gaan jy dié jaar doen?” vra ek.

      “Honderd meter en diskus.”

      “Wow, dis nice. Jy gym seker baie – jy lyk goed.”

      Hy glimlag. “Jy lyk self nie sleg nie – lyk of jy lekker getan het die vakansie.”

      Ek glimlag vir hom. Ek moet seker vir Duane dankie sê – ek en Penny het amper die hele vakansie langs hulle swembad gelê.

      Dan versnel ek my pas. “Sien jou,” roep ek oor my skouer. Hy begin natuurlik ook dadelik vinniger draf, nes ek verwag het.

      Dis die ding van lang afstande – baie ouens dink as hulle sterk en vinnig is, het hulle genoeg stamina om by te hou. Ek kan ure lank teen hierdie pas aanhou, hy nie. Te groot en swaar.

      Nie lank nie, of hy blaas soos ’n stoomtrein langs my. Dan begin hy uitsak. Ek kyk om en glimlag vir hom. “Baai.”

      Hy probeer nog een keer om my in te haal, toe gee hy maar op. Ek kyk om. Hy staan vooroor gebuig met sy hande op sy knieë.

      Wow, Clarissa het die held kapoet gehol.

      “Jy moenie die man se ego so mishandel nie,” waarsku Penny my toe ek later paviljoen toe gaan.

      “Moenie worry nie, ek sal later weer ’n pleistertjie op­plak,” sê ek terwyl ek my gesig afvee. “Gee aan my waterbottel?”

      Penny haal dit uit my atletieksak. “Hier.”

      Sy het haarself al op laerskool aangestel as my bestuur­der. Ek los haar maar, want sy weet nogal waarvan sy praat – sy lees baie oor lang afstande op die internet.

      By die huis is daar ’n silwer BMW in die oprit. Seker een van my ma se kliënte. Ek loop agterdeur toe. Ek is nie nou lus vir vreemde mense nie.

      “Hallo, Clarissa,” groet my ma toe ek instap.

      Daar sit ’n vreemde man by ons kombuistafel. Hy het ’n ligblou hemp aan en ’n bloupers das hang losserig om sy nek. Sy swart hare het grys strepies in. Hy’s nogal aantreklik, so op ’n Richard Gere-manier.

      “Dis ons nuwe bestuurder, meneer Cameron,” stel my ma die man voor.

      Dis creepy. Jason se van is ook Cameron.

      Die man steek sy hand uit na my. Die hand lyk bekend. Dit lyk soos die een wat gister op my arm was. Ek kyk op na die man agter die hand. Hulle het dieselfde oë, dieselfde smiley face.

      Dit moet sowaar Jason se pa wees.

      “Clarissa?” My ma kyk fronsend na my.

      Ek het seker nie ’n keuse nie. Ek skud sy hand. “Aange­name kennis,” mompel ek terwyl ek na die yskas agter hom kyk.

      “Meneer Cameron het my huis toe gebring. My kar se battery was pap toe ek wou ry.”

      “O, dis gaaf,” sê ek. “Gelukkig het Penny se pa kabels – hy sal ons help om die battery te laai.”

      “Dis nie nodig nie,” sê my ma. “Alex het ’n battery­laaier. Hy het reeds die battery uitgehaal en sal dit oornag by sy huis laai.”

      Ek moet keer of my kakebeen val oop. Alex? Wat het van meneer Cameron geword?

      Jason se pa staan op en sit ’n leë koffiebeker in die was­bak neer. “Nou ja, ek moet seker aanstaltes maak.” Hy glimlag vir my ma. “Dis dan afgespreek, Alison, ek kom laai jou môreoggend op werk toe.” Dan draai hy na my. “Bly om jou te ontmoet, Clarissa.”

      Ek knik en lig my een mondhoek effens.

      “Ek stap saam buitetoe,” sê my ma.

      Ek loop kamer toe en gooi my atletieksak dat hy doer trek. Ek ruk van my boeke uit my tas en begin huiswerk doen. Ek kyk op toe my ma in die deur kom staan.

      “Meneer Cameron

Скачать книгу