Onsigbaar. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Onsigbaar - Deon Meyer страница 14

Автор:
Серия:
Издательство:
Onsigbaar - Deon Meyer

Скачать книгу

ek sonder jou sou gedoen het nie.”

      Ek antwoord nie, wag dat sy moet uitgaan.

      “Hoe doen jy dit, Lemmer? Draf jy?”

      “Hoe bedoel jy?”

      “Jy het nie ’n ons vet aan jou nie.”

      “O.” Ek is onkant betrap “Ja, … ek draf. En so …”

      “Jy moet my eendag van die ‘en so’ vertel,” sê sy en loop met ’n effense glimlag om die mond uit.

      * * *

      Wanneer ek weer in die donker in my bed lê en wag vir ontwykende slaap, verwonder ek my aan die sekerheid en kalmte waarmee sy die sogenaamde sameswering beskou. Dit is volkome werklik vir haar, ’n voldonge feit, ’n ongelukkige realiteit waarmee sy moet saamleef. Dit maak haar nie histeries nie, maar bloot pragmaties.

      Mense wil my doodmaak – ek huur ’n lyfwag. Probleem opgelos.

      Dit is vleiend, op ’n manier, haar kinderlike vertroue, haar geloof in my vermoëns. Maar ek kry nie veel genoegdoening daaruit nie, want dit kom van dieselfde vrou wat verstrengel is in verbeelde komplotte. Waar ek aanvanklik vermoed het sy lieg, begin ek haar nou verdink van fantasie, verlange-gedrewe illusies.

      Ek lê lank in die donker, luister na die geluide van die bos, die nagvoëls, ’n hiëna. Een keer verbeel ek my ek hoor ’n leeu brul. En net wanneer ek begin afdaal na die slaap is daar ’n ander geluid: Die sagte tred van Emma se kaal voete deur die sitkamer, verby my, tot by die ander enkelbed hier langs my. Daar is die geritsel van beddegoed en dan is dit stil.

      Ek hoor hoe sy haar asem stadig uitblaas, ’n sug van behaaglikheid. Of verligting.

      9

      Greg. Hospitality Manager. Hy het yl blonde hare, sy rooi vel hou nie baie van die son nie en sy kakie-en-olyf-uniform sit effens styf om die middel. “My most sincere apologies, this is totally unacceptable, we will move you, of course, and there will be no charge for your accommodation.” Hy kyk nie na die slang wat leweloos lê nie.

      Douvoordag en ons voorstoep is vol. By die dooie reptiel staan Dick. Senior Game Ranger.

      “It’s a black mamba. Awesome animal,” sê Dick vir Emma, asof die slang aan hóm behoort. Hy is haar tipe en hy weet dit – ’n wit Orlando Bloom-kloon in sy dertigs, bruingebrand, welsprekend. Sedert hy gesnap het dat Emma alleen agter slot en grendel in die dubbelbedkamer was toe die ding met die slang gebeur het, gee hy al sy aandag aan haar.

      Ek en die swart wildwagter, Rick. Game Ranger, kyk na die dooie dier. Die oggend is al klaar warm. Ek het nie veel geslaap nie. Ek hou nie van Dick nie.

      “You don’t have to move us,” sê Emma vir Greg.

      “Most feared snake in Africa, neurotoxic venom, lung failure within eight hours if you don’t get the anti-venom. Very active, especially this time of year, before the rains. Very aggressive when confronted, the best thing is to step back …” sê Dick vir Emma.

      Wat dink hy het ek gedoen – die ding probeer omhels?

      “Then we’ll have it fixed. As good as new by lunchtime. I’m so sorry,” sê Greg.

      Dick kyk vir die eerste keer na my. “You should have called us.” Ek kyk net vir hom.

      “I don’t think that was an option,” sê Emma.

      Greg gee vir Dick ’n streng kyk. “Of course it wasn’t.”

      Dick probeer verlore aansien terugwen. “Just a pity it had to be killed, such an awesome animal. They are very territorial, you know, and they usually avoid contact with humans, unless they are cornered. Hunts by day, mostly. Unusual, very unusual … never happened before. How the hell did it get in? They’re so damn agile, can get through the smallest of holes or gaps or pipes, who knows. Rick, do you remember that one we found in the ant hill last month? Huge female, maybe four metres, the one minute she was there, the next she was gone, just slipped away somewhere.”

      “We have to go to breakfast,” sê Emma.

      “And that will be on the house too,” sê Greg. “Please, if there is anything …”

      “Mamba in the bedroom,” sê Dick kopskuddend. “It’s a first for us, but hey, it’s the bush, right? Africa isn’t a place for sissies … I suppose it had to happen some time or other. Just such a pity …”

      * * *

      Inspekteur Jack Phatudi is ’n blok agter die lessenaar, ’n liggaamsbouer wat die versoeking weerstaan om te spog, want die spierwit hemp sit los. Hy het ’n permanente frons op sy breë voorkop, onvriendelike kerwe wat die blinkheid van sy kaalgeskeerde kop onderbreek, sy vel ’n laaste diepbruin skakering net duskant swart, soos ’n gepoleerde, eksotiese Afrika-houtsoort. Hy is die enigste een wat nie sweet in die drukkoker-kantoor nie.

      Hy hou die 20 jaar oue foto van Jacobus le Roux in dik, sterk vingers en sê: “This is not him.” Hy skuif die foto nukkerig terug oor die blad van ’n staatsdienstafel.

      “Are you absolutely sure?” vra Emma. Ek en sy sit oorkant Phatudi. Sy laat die foto op die tafel lê.

      “You cannot ask me that. Who can say they are absolutely sure? I do not know what he looked like twenty years ago.”

      “Of course, Inspector, I …”

      “How will this help me?”

      “I beg your pardon?”

      “The suspect has killed four people last week. Now he is gone. Nobody knows where he is. You bring me this photograph from twenty years ago. How will it help me find this man? I don’t understand that.”

      “Oh …” Sy is vir ’n oomblik afgehaal, asof sy swig voor die aanslag. “Well, Inspector, I don’t know,” sê sy gemoedelik. “Perhaps it won’t help you. And I don’t want to waste your time, I have too much respect for the role of the police … but I was hoping that you might be able to help me.”

      “How?”

      “I saw the picture of the man on television, just for a few seconds. Would it be at all possible to see it again, to put it next to this one …”

      “No. I cannot do that. It is a murder docket.”

      “I understand.”

      “That is good.”

      “May I ask you one or two questions?”

      “You can ask.”

      “The television news said the man, Jacobus de Villiers, worked at an animal hospital …”

      “The TV people, they don’t listen. It is not a hospital, it is a rehabilitation centre.”

      “May I ask what its name is?”

      Hy is nie lus om te sê nie. Hy skuif aan sy heldergeel das, die groot skouers wat rol onder die wit materiaal.

Скачать книгу