Onsigbaar. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Onsigbaar - Deon Meyer страница 15

Автор:
Серия:
Издательство:
Onsigbaar - Deon Meyer

Скачать книгу

I assure you …”

      “You do not understand. You think I do not want to help you. You think this policeman is difficult …”

      “No, Inspector …”

      Hy hou ’n hand in die lug. “I know you think that. But you do not know the problems. There are big problems here. Between your people and the black people.”

      “My people?”

      “Whites.”

      “But I don’t know anybody here.”

      “It does not matter. There are big problems. The people, they fight all the time. There is much tension. The black people, they say the whites are hiding this Cobie de Villiers. They say the whites, they care only for the animals. These men who died, they have families. These families are very angry. The animals are wild animals. They belong to the people. It is not the animals of the whites.”

      “I understand …”

      “So when you go and ask questions, you will just make trouble.”

      “Inspector, I give you my word that I will not make trouble. I am not here about the killings. I feel truly sorry for the families of those men. I have lost my whole family too. I just need to talk to the people who worked with this man. I will show them the photograph, and if they say it isn’t the person I am looking for, I will go home, and I will never bother you again.”

      Hy kyk stip en fronsend na haar, intens, asof hy haar met wilskrag wil ontmoedig. Emma kyk terug na hom met ’n ontwapenende, byna kinderlike erns.

      Phatudi is die een was bes gee. Hy sug diep, trek ’n dossier nader, slaan dit oop en haal ’n foto uit wat hy vies oor die tafel skuif tot langs die een wat Emma gebring het, die twee netjies langs mekaar.

      Emma leun vorentoe en bestudeer die foto’s. Die inspekteur kyk na haar. Ek sweet en kyk vir die plakkaat teen die muur wat mense afraai om misdaad te pleeg.

      Hulle sit só vir ’n minuut of twee, die klein Emma en die rots van ’n speurder, in doodse stilte.

      “Dis Jacobus,” sê Emma, maar vir haarself.

      Phatudi sug.

      Emma tel al twee die foto’s op en hou dit na my uit. “Wat dink jy, Lemmer?”

      Die foto van Jacobus le Roux is swart-wit, ’n jong soldaat in ’n boshoed wat vir die kamera glimlag. Dieselfde hoë wangbene as Emma, dieselfde effens prominente oogtande. Daar is ’n intensiteit, ’n dringendheid, hy wil die fotosessie afgehandel hê, want daar is ’n wêreld wat wag. ’n Gemaklikheid, ’n selfvertroue, hy hou van die kamera en wat dit sal vasvang. My pa is ryk en my lewe lê oop voor my soos ’n ryp granaat.

      Op Phatudi se foto is Cobie de Villiers, in kleur maar kleurloos, ’n vergroting van wat net ’n identiteitsboekfoto kan wees. De Villiers lyk lewensmoeg. Geen glimlag nie, net ’n uitdrukkinglose gesig en dowwe oë, ’n man sonder vooruitsigte. Die enigste moontlike ooreenkoms is in die wangbene, maar dit is vaag, dit verg ’n geloofsprong, of hoop.

      “Ek kan nie sê nie.”

      “Dis reg,” sê inspekteur Jack Phatudi in Afrikaans. “’n Mens kan nie sê.”

      Emma kyk verbaas na hom. “En hier sit ons en Engels praat, inspekteur,” sê sy.

      Hy rol net sy skouers. “Ek praat ook sePedi, Tshivenda en isiZulu. Júlle het kom Engels praat.”

      Emma plaas die foto’s op die tafel, sodat Phatudi daarna kan kyk.

      “Kyk na die oë, inspekteur. En die vorm van die gesig. Vat hierdie foto en las twintig jaar by. Dis Jacobus … dis moontlik dat dit Jacobus is.”

      Hy skud sy kop. “Watse woord is ‘moontlik’? Weet jy wat is my werk, mevrou? Ek moet ’n saak maak teen hierdie man.” Hy tik op die foto van die futlose Cobie de Villiers. “Ek moet hom kry en ek moet hom hof toe vat en my saak moet sê hy is skuldig bo redelike twyfel. Reasonable doubt. Daardie regters, hulle skree op jou. Hy sal skree as ek praat van ‘moontlik’. Verstaan jy dit?”

      “Ek verstaan dit. Maar ek wil niemand hof toe vat nie.”

      Hy raap sy foto op en plaas dit terug in die dossier.

      “Is daar nog iets, mevrou?”

      “Inspekteur, wat het gebeur met die mense wat dood is?”

      Die frons verdiep. “Nee, mevrou, dit is sub judice. Ek kan nie vir jou sê nie.”

      * * *

      In die BMW bestudeer Emma haar kaart met groot konsentrasie. Ek rig die lugversorging se koue stroom op my voorkop. Die verligting is groot. Emma kyk op. “Kan ons by ’n vulstasie stilhou? Ek wil uitvind waar Mogale se rehabilitasiesentrum is.”

      Ek trek weg. “Goed, mevrou,” eggo ek Phatudi se aanspreekvorm voor ek dit kan verhelp, en sy lag, verrassende, helder musieknote.

      “Die inspekteur is ’n interessante man,” sê sy, en wanneer haar lag bedaar, voeg sy as ’n nagedagte by: “En jý ook.”

      Ek en die speurder saam gekategoriseer ... Ek is nie seker of dit regverdig is nie, maar ek gaan nie daarop reageer nie.

      “Daar – daar’s ’n Engen, kom ons vra daar …”

      Ek sit die flikker aan en draai af.

      10

      Die sentrum lê onder teen die flank van Mariepskop, die berg met sy onheilspellende massa van rooibruin kranse is ’n streng gesagsfiguur wat oor die vlakte waak.

      Mogale Rehabilitation Centre staan daar in groen sierletters, ’n kenteken met ’n roofvoël se kop daarop, ’n uitnodiging om in te kom. En ’n tydskedule:

      Times of our rehab tours

      Mondays to Saturdays:

      * 1st Tour starts at 09h30

      * 2nd Tour starts at 15h00

      “Ons is net betyds,” sê Emma en klim uit om die hek oop te maak.

      Ek ry deur. Anderkant die hek is nog ’n intruksie teen ’n paal. Wild Animals. Please remain in your vehicle. Emma klim weer in. Ná ’n kilometer sê sy: “Kyk,” en wys na ’n swerm aasvoëls wat by ’n karkas vergader. “Ek wonder of hulle die voëls hier voer?”

      Die sentrum is uitgestrek – hokke en tuine en grasperke en ’n afdak vir motors. Visitors: Please park here. ’n Jong man in kakie en groen, klaarblyklik die uniform van die ganse Laeveld, wag ongeduldig by die hek. Ons klim uit.

      “We’re about to start the tour,” sê hy, maar nie onvriendelik nie. Hy’s ’n kop langer as ek, breë skouers, atletiese selfvertroue. Emma se tipe.

      Ons loop deur. Nog ’n grasdakstruktuur, ’n lesingsaal met houtbankies wat afdaal na ’n verhoog. Daar sit al mense, groot en klein,

Скачать книгу