Wie met vuur speel. Deon Meyer

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Wie met vuur speel - Deon Meyer страница 13

Автор:
Серия:
Издательство:
Wie met vuur speel - Deon Meyer

Скачать книгу

die innige soen waarmee sy Dirk groet, mis te kyk, maar sy frons verdiep. Hy het onmiddellik besef dat Ragel blind verlief is toe sy ’n uur later as gewoonlik by die winkel opdaag en oor niks en niemand anders as Dirk Buchner en hul wonderlike naweek saam kan praat nie.

      Dirk ry eers Kampsbaai toe. “Jy moet sien wat jy koop. Jy moet die erf se sand tussen jou tone voel en besluit of dit regtig is wat jy wil doen.”

      Ragel hou sy hand so styf vas dat hy amper nie die Porsche se ratte kan verwissel nie.

      Die sake-erf is groter as wat sy gedink het en die uitsig oor die Atlantiese oseaan is oneindig. Ragel is gek na die plek.

      “Verstaan jy nou waarom ek dit nie vir R750 000 kan laat gaan nie?”

      Ragel soen hom.

      Sy prokureur se kantoor is hoog in een van die Strandgebied se nuwe toringblokke. Jankowitz en Van Sitterd staan op die deur. Die ontvangslokaal is ruim en modern gemeubileer. Die rooikopontvangsdame sou beeldskoon gewees het as dit nie vir haar oormaat grimering was nie.

      Sy kom met ’n groot glimlag om die toonbank gestap. “Môre, meneer Buchner. U moet juffrou Bergh wees. Meneer Van Sitterd wag al vir u. Kom, stap gerus deur.”

      Dirk groet hoflik. Die ontvangsdame hou die deur oop en hulle stap in ’n reusekantoor in, waar ’n ewe groot man met ’n welige pikswart baard agter ’n tamaai lessenaar sit.

      “Dirkie,” sê hy joviaal en staan op, ’n groot hand uitgestrek.

      “John, ek wil hê jy moet my aanstaande ontmoet. Ragel Bergh, dit is my vriend, John van Sitterd.”

      Ragel hou dadelik van die groot man met die baard.

      “Now I know why you waited so long, Dirkie. It was worth it.”

      Ragel bloos. Van Sitterd fluister vir haar agter ’n teatrale hand. “Hy was maar sku vir vroumense. Te blêddie bangbroek.”

      Ragel lag en Van Sitterd bulder. “Kom sit, kom sit. Mister Cartwright sal nou enige oomblik hier wees.”

      Dirk en Van Sitterd raak dadelik aan die gesels oor die kontrak. Ragel luister met een oor. Sy besef Van Sitterd het ’n grap gemaak oor Dirk se skuheid vir vroue, maar sy weet daar is ook waarheid in. En sy hou daarvan.

      ’n Rukkie later bring die ontvangsdame vir Cartwright in. Hy is ’n bejaarde man met staalgrys hare en ’n militaristiese, potlooddun snorretjie. Hy praat in kort sinsnedes en ’n swaar aksent.

      Hulle drink eers tee. Dirk en Van Sitterd doen die meeste geselswerk, terwyl Cartwright met sy hande op sy kierie leun en met ’n skewe kop sit en luister. Ragel vermoed dat hy effens doof is.

      Die ontvangsdame bring die kontrak in en Van Sitterd behandel dit stukkie vir stukkie met hulle. “Ragel, jy het onmiddellik vervreemdingsreg op die grond, maar enige kontrakte wat jy ná vandag aangaan, sal net regsgeldig wees as die voorwaardes van die kontrak tussen jou en mister Cartwright nagekom word. You understand that, mister Cartwright?”

      Cartwright leun vorentoe. “How’s that?”

      Van Sitterd verduidelik die bepalings weer geduldig aan die gryskop man. Dan begin hulle met die langsame proses van ondertekening. Wanneer Cartwright die pen eindelik ná ’n laaste stylvolle handtekening neersit, kyk hy vir die eerste keer in Ragel se oë. “Congratulations, my dear. May that little piece of earth bring you much joy.”

      Ragel reageer outomaties met ’n dankie, maar sy voel skielik vreeslik skuldig. As dié waardige man moet weet waarom sy dit regtig gekoop het . . .

      “Just one small favour,” vra Cartwright.

      “Anything.”

      “Please try to conclude the transaction as soon as possible. I want to go home.”

      Nou het Ragel ’n knop in haar keel. Hy wil só graag terug Engeland toe gaan, na sy mense toe, dat hy bereid is om die erf byna verniet weg te gee. En sy gaan miljoene daaruit maak. Maar vir haar gaan dit darem ook oor ’n mens . . .

      “I promise you I’ll do my best,” sê sy met oorgawe.

      Toe hulle ná ’n plegtige afskeid van Cartwright in die sonlig uitstap, wil Dirk met alle geweld die transaksie met middagete gaan vier.

      “Ek het nog nie eens begin reël aan die geldsake nie. En jy het gehoor hoe mooi Cartwright gevra het vir gou maak,” pleit sy.

      Dirk glimlag vir haar. “Dat só ’n beeldskone vrou só ’n klein hartjie moet hê. Wat van aandete? By my plek. Dirk Buchner se beroemde spaghetti met swartmossels in ’n rooiwynsous.”

      “Die beeldskone vrou met die klein hartjie en die groot maag,” lag Ragel. “Jy weet waar my swak plekke lê. Ek kan nie wag nie.”

      “Sien jou teen sewe-uur.”

      6

      “Mignon het gebel, jou broer soek jou al van Saterdag af, twee kliënte is kwaad omdat hulle so sukkel om jou in die hande te kry en . . . en dit is al,” sê Frikkie sodra sy weer by die winkel ingewaai kom.

      Sy vererg haar so effens vir sy stemtoon. “Hulle kan almal maar so ’n klein bietjie wag. Ek is met iets groots besig, maar dit is al amper verby.”

      “Sal dit ooit verby wees?”

      Ragel is op haar perdjie. “Wat bedoel jy?”

      Frikkie gee die stryd gewonne. “Niks nie,” mompel hy en draai weg.

      Maar Ragel se bloed kook. “Nee, kom praat dit uit. Ek sien jy loop die afgelope tyd met jou ken op jou bors. En ek is nou moeg daarvoor. As daar iets is wat jou pla, moet jy mans genoeg wees om daaroor te praat. En nie net skimpe te gooi nie.”

      Frikkie se oë rek vir haar uitbarsting. “Ek is jammer,” sê hy sag. Sy gebrek aan aggressie haal die wind uit haar seile.

      “Asseblief, Frikkie. Ek is regtig besig met ’n groot ding, maar ek mag niks sê nie.”

      Frikkie knik sy kop instemmend, maar sy oë is soos dié van ’n getroue ou hond wat onnodig pak gekry het. Ragel sug en stap na haar kantoor.

      Haar eerste oproep is na die aandelemakelaar wat haar sake hanteer. Daarna gesels sy amper ’n driekwartier met haar bankbestuurder. Sodra sy die telefoon neersit, lui dit onmiddellik.

      “Ek neem aan jy sou my al vroeg vanoggend gebel het as die naweek die moeite werd was,” sê Mignon.

      “Haai. Ek moet bieg – dit gaan dol.”

      “Wel?”

      “Wel wat?”

      “Ragel Bergh, jy is besig om my te tart. Het hy of het hy nie?”

      “Ek is jammer, juffrou Van der Merwe, maar dit is geklassifiseerde inligting.”

      Mignon gil aan die ander kant. “Hy het! Ek weet hy het. Ek kan dit aan jou stemtoon hoor. Jy klink so onderdanig. Maak jy al sy skoene skoon?”

      “Dit

Скачать книгу