Vlis met vlerke (skooluitgawe). Annemari Coetser

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Vlis met vlerke (skooluitgawe) - Annemari Coetser страница 2

Vlis met vlerke (skooluitgawe) - Annemari Coetser

Скачать книгу

gaan. Hy brom saggies “liefvirjou”, so vinnig dat dit soos een woord klink.

      Die flippen weird kind, dink sy. Altyd “liefvirjou” of “baieliefvirjou” as hulle mekaar groet of nagsê, asof hy enige oomblik op ’n 9/11-vliegtuig gaan vertrek en wil seker maak sy laaste woorde was dierbaar. Maar elke bekende asem in hierdie scary huis is darem ’n bonus.

      Die bad is bruin gevlek en daar is ’n koekie rooi Lifebouy-seep op die wasbak. Gelukkig het sy haar eie seep en badskuim saamgebring. Sy was haar gesig met ’n cleanser voordat sy badwater intap.

      In die bad lê en dink sy aan skoolvakansies voordat Jam by hulle ingetrek het, toe sy met haar pienk iPod en haar BB saam met Lucia en Angelique op die krom blou bank in Mugg & Bean sou sit en smoothies drink en hanna-hanna. Ná fliek sou hulle altyd die hele storie bespreek en hulle weer vir die snaakse tonele skeur. Lucia het altyd BBM’s met grappe gekry en dit vir hulle aangestuur.

      Oukei, Jam vat hulle op interessante uitstappies na museums en goed, en sy reël amazing pieknieks vir hulle en hul maats. Sy het dié ding oor kos. Sy vat altyd ’n outydse piekniekmandjie saam en pak op ’n mooi tafeldoek op die gras vir hulle die lekkerste eetgoed uit. Alles goed wat sy self maak. Ook great, maar …

      Andine skuif dieper onder die badskuim in sodat net haar kop uitsteek. Eintlik het sy nie ’n idee waarvan sy hou en waarvan nie, dink sy. Haar brein is ’n sif, haar kop is deurmekaar asof sy ge-dope is. Sy begin dink Lucia en Angelique wil nie meer met haar maats wees nie. Hulle is deesdae meer pals met Yolanda. Jam sê dis alles net puberteit, dat sy nou net vinnig groei. Maar hoekom voel dit vir haar heeltyd asof sy net wil huil, of anders haarself wil doodlag?

      Toe sy uit die bad klim en haar met haar eie groot badhanddoek afdroog, verlang sy na plekke wat nie eens bestaan nie en na mense wat sy glad nie ken nie.

      2.

      Ons doen dit self

      Andine het nie gedink sy sal ooit in die outydse kamer met sy hoë koperkatel en pienk verekombers aan die slaap raak nie, maar toe Skroef voor die ven­s­ter blaf en sy wakker skrik, sien sy op haar BB dat dit halfagt is. Sy wil net omdraai en weer slaap toe daar ’n kloppie aan haar kamerdeur is. Dis Jam met ’n koppie koffie, effens soet en met baie melk, net soos sy daarvan hou.

      “Opstaan, opstaan, dis ’n heerlike dag,” sing Jam soos sy elke liewe skooldag doen. Sy sit die koffie op ’n gehekelde lappie op die bedtafeltjie neer. “Oom Frans het al baie vroeg gery,” sê sy, en maak die gordyne oop. “Hy gaan ’n week lank weg wees. Tannie Elize wil net haar medisyne hê en slaap, daarom het ek gedink ons moet later gaan kyk wat Thapelo se ma by die Re a e direla-projek doen.”

      “Ria … wát?” Andine sit regop en vryf die slaap uit haar oë. Haar hare is nog nooit vandat sy gebore is gesny nie; dit hang ver oor haar boude. Elke nag moet sy dit vleg om dit uit die pad te hou.

      “Jy sal sien. Wikkel nou, ons eet oor ’n halfuur.”

      Dit lyk asof die seuns klaar groot maats is. Hulle sit langs mekaar aan tafel, giggel onderlangs en stamp kort-kort aan mekaar totdat Jam hulle vra om op te hou en te eet.

      “Thapelo moet eers vir tannie Elize ’n werkie in haar tuin doen,” sê Jam terwyl sy vir hulle vrugtesap inskink, “maar daarna kan ons ry.”

      Ná ete glip Andine weg van Jam en die skottelgoed en gaan haal haar storieboek uit haar tas. Met die boek onder haar trui weggesteek, sluip sy agter Jam se rug verby. Die sifdeur kraak toe sy dit sag probeer oopmaak, maar Jam sê niks nie.

      Onder ’n boom in die verste hoekie van die verwaarloosde tuin gaan sy sit. In ’n ander hoek van die tuin staan Thapelo en fluit terwyl hy natspuit.

      Toe sy moeg gelees is, staan sy op en gaan kyk wat Jam doen. Hoe gaan sy die tyd omkry as hulle ’n paar dae op hierdie verlate plot moet bly? Hoe lank gaan dit die tannie vat om van longontsteking gesond te word?

      ’n Uur later het Thapelo klaar tuin natgegooi en Jam roep hulle na die Landy. Soos altyd het sy ’n kosmandjie by haar. Andine klim agter in, want Jam het ’n streng reël dat geen kind ooit voor mag sit nie. Sy maak ook seker dat almal altyd vasgegord is. Andine stry altyd eers ’n rukkie met Jam oor die stupid reël. Hoe oud moet ’n mens dan wees voordat jy mag voor sit? Angelique mag al haar pa se BMW by hulle vakansiehuis bestuur.

      Sy ruik Zander en Thapelo se seuntjiesweet en druk haarself teen die venster vas. Jam draai regs uit die knikkerige plotpaadjie tot op die groter grondpad. “Thapelo, vertel vir hulle wat jou ma doen,” beveel sy.

      “My ma is ’n onderwyseres,” sê Thapelo trots. Hy kyk na Andine terwyl hy praat. “En die projek wat sy doen is …” Hy krap sy kop asof hy nie weet hoe om dit te verduidelik nie en begin weer: “Daar was nie toilette by die skool waar sy skoolhou nie. Die kinders het sommer vir nommer twee bosse toe gegaan en nie hulle hande gewas nie. My ma sê dan kry mens siektes. Toe besluit sy om self toilette te bou.”

      “Sélf te bou? Cool! My pa het op die internet gelees mense in Nairobi in Kenia het flying toilets,” sê Zander. “Daar is iets soos vyf toilette vir tweeduisend mense wat in shacks bly. As hulle wil nommer twee, doen hulle dit in ’n plastieksak en dan gooi hulle dit so ver weg as wat hulle kan.”

      Die seuns lag soos hiënas wat jag en begin daarop uitbrei. “Jy sit nog so lekker in jou huis,” sê Thapelo, “dan hoor jy net ‘doef’ op jou dak en as jy gaan kyk is dit ’n sak vol poef.”

      “Gross,” sê Zander. “Poef maak doef.”

      Jam probeer hulle stilmaak. “Thapelo se ma het gelees dat ’n mens klei en strooi kan gebruik om mee te bou. Dis goedkoop, maar hulle het nog steeds ’n bietjie bakstene en sement …”

      Andine kry ’n BBM en Jam hou op praat.

      “Ganit?” vra Lucia. “Die plk is so i drag! X vrvld uit my gloof uit!! St net op my jis in di malls. Wt dn j?”

      Andine tik vinnig met net haar duim: “X op i plot 60 km uit stad!! Ns gn kyk hoe imnd toilts bou!!! Lekka, nè? L”

      Verby die kleinhoewes, waar die veld begin, is daar ’n klomp mense aan die werk. “Jou ma sal seker hier wees,” sê Jam vir Thapelo. “Kyk of jy haar sien.”

      Hy skuif tot op die punt van die sitplek en tuur tussen die voorste sitplekke deur. “Daar’s sy!” Hy wys na ’n groot vrou met ’n ronderaambrilletjie. Sy dra ’n blou romp met ’n groot blompatroon op en ’n swart T-hemp.

      Hulle het skaars stilgehou of sy is by die kar. Andine kan op haar gesig sien hoe bly sy is toe sy Thapelo in die kar sien. Sy ruk die deur aan sy kant oop en kan skaars wag dat hy uitklim. Sy druk hom teen haar vas en soen hom oor en oor. “My boy, my boy,” sê sy, en swaai hom in die rondte dat sy bene soos ’n driejarige s’n oplig. “Dis ’n verrassing.”

      Haar ma was nog nooit so bly om haar of Zander te sien nie; sy wonder hoe dit voel. Adine byt op haar onderlip. Sy proe aarbeie, haar nuwe lipstiffiegeur.

      “Klim maar uit.” Jam groet die vrou eers met ’n drukkie en sê dan: “Newu, dis Andine en Zander, die kinders wat ek versorg. Julle twee, ontmoet vir Newu.”

      “Julle is baie welkom,” sê Newu en groet hulle met die hand. “Thapelo het julle seker vertel wat ons hier doen.” Sy wys na ’n hoop boumateriaal wat eenkant onder ’n boom lê. “Ons het klaar alles gekoop wat ons gaan nodig hê. Iemand het ons

Скачать книгу