Periandros van Korinthe: Skooluitgawe. D.J. Opperman

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Periandros van Korinthe: Skooluitgawe - D.J. Opperman страница 2

Автор:
Серия:
Издательство:
Periandros van Korinthe: Skooluitgawe - D.J. Opperman

Скачать книгу

ja, hulle het vertrek en dit gaan vertel; maar Eëtioon se seun het daarna grootgeword en omdat hy hierdie gevaar deur ’n koringkis ontvlug het, is die naam Kuupselos aan hom gegee. Toe hy ’n man geword het, het Kuupselos die Orakel te Delphi gaan raadpleeg en ’n dubbelsinnige antwoord gekry, waarin hy geglo het, Korinthe aangeval en verower het. Dit was die orakelantwoord:

      “Welvaart wag op die man wat nou hier in my tempel in afdaal,

      “Kuupselos, Eëtioon is sy vader, en vors van beroemde Korinthe

      “Self sal hy wees en sy seuns, maar die seuns van sy seuns tog nie meer nie.”

      Ja, dit was die orakelantwoord, en Kuupselos het tiran geword en so ’n man was hy toe: baie Korinthiërs het hy verban, baie het hy van hulle geld beroof en nog verreweg die meeste van hulle lewens.

      “Nadat hy sowat dertig jaar geheers en sy lewe in welvaart afgesluit het, word sy seun Periandros sy opvolger in die tirannie. Wel, in die begin was Periandros sagsinniger as sy vader, maar nadat hy deur middel van boodskappers gesels het met Thrasuboelos, die tiran van Milete, het hy nog baie moorddadiger geword. Hy het mos ’n herout na Thrasuboelos gestuur en verneem op welke wyse hy sy sake die veiligste sou kon reël om op die beste manier oor sy stad te kan regeer. Thrasuboelos het die man wat van Periandros af gekom het buitekant die stad uitgeneem, ’n koringland binnegestap, en terwyl hy deur die land geloop en die herout uitgevra en weer uitgevra het waarom hy van Korinthe af gekom het, gedurigdeur waar hy ’n koringaar bo die ander sien uitsteek, dit afgebreek, afgebreek en neergegooi, totdat hy die mooiste en hoogste deel van die land op so ’n wyse verwoes het. En nadat hy deur die plek gestap het sonder om vir die herout ’n enkele woord as wenk te gee, stuur hy hom terug. Toe die herout in Korinthe terugkom, was Periandros gretig om die wenke te verneem. Maar hy het gesê dat Thrasuboelos hom geen wenk gegee het nie, en dat hy hom verbaas oor Periandros self, wat hom na ’n man gestuur het, wat so mal is dat hy sy eie goed verniel – en toe het hy vertel alles wat hy Thrasuboelos sien doen het.

      “Maar Periandros het daardie gebaar verstaan en besef dat Thrasuboelos hom die wenk gegee het om die buitengewone manne in die stad te vermoor; en kyk, toe het hy alle vorme van wreedheid teenoor sy burgers openbaar. Alles wat Kuupselos nagelaat het om te vermoor en te verban, dit het Periandros voltooi; en op een dag het hy al die vroue van Korinthe laat uittrek vanweë sy eie vrou, Melissa. Hy het mos boodskappers na Thesprotia gestuur na die orakel by die Acheroonrivier waar die gestorwenes opgeroep word, in verband met een of ander pand van ’n vriend; maar toe Melissa verskyn, het sy gesê dat sy hom nie sal wys of vertel op watter plek die pand lê nie. Want, het sy gesê, sy kry koud en is nakend, omdat sy geen nut het van die klere wat hy saam met haar begrawe het nie, aangesien hulle nie verbrand is nie. Toe hierdie boodskap aan Periandros teruggebring is, het hy onmiddellik na die berig ’n bevel uitgevaardig dat al die vroue van Korinthe by die tempel van Hera moes opdaag. En kyk, hulle het met hulle mooiste klere soos na ’n fees gekom, maar hy het sy lyfwagte stilletjies daar opgestel gehad, hulle een en almal, vrygeborenes sowel as diensmeisies, laat uittrek, die klere op ’n hoop in ’n sloot laat gooi en met gebede tot Melissa laat verbrand. Nadat hy dit gedoen het en ’n tweede keer boodskappers gestuur het, het die skim van Melissa vir hom die plek aangewys waar sy die pand van sy vriend gesit het.”

      Dit is al wat Herodotus ons daar vertel. Soos reeds gesê, kan ons uit ander bronne Herodotus se weergawe aanvul en verander. Maar die rusie tussen Periandros en Lukophroon word deur Herodotus breedvoerig vertel in Boek III van sy Geskiedenis: “Periandros het uit wraak die seuns van die vernaamste manne van Kerkura laat uitsoek en hulle na Sardis toe gestuur om ontman te word; want die manne van Kerkura het eerste daarmee begin deur ’n vermetele ding teenoor hom te doen. Nadat Periandros sy eie vrou, Melissa, vermoor het, het die volgende tweede ramp hom getref op die een wat plaasgevind het. Hy het twee seuns by Melissa gehad, die een sewentien en die ander agtien jaar oud. Hulle oupa aan moederskant, Prokles, die tiran van Epidauros, het hulle laat haal en in sy huis met liefde versorg, soos te verwagte was aangesien hulle sy eie dogter se kinders was. Maar toe hy hulle terugstuur, het hy, terwyl hy hulle groet, gesê: ‘Weet julle, seuns, wie julle moeder vermoor het?’ Die oudste van hulle het hom glad nie aan hierdie woorde gesteur nie; maar die jongste, wie se naam Lukophroon was, het so seer gekry toe hy dit hoor dat hy ná sy aankoms in Korinthe sy vader nie wou groet nie, aangesien hy die moordenaar van sy moeder was, en ook nie met hom wou praat nie toe hy met hom praat, of enkele woord op sy vrae wou antwoord nie. Uiteindelik word Periandros so woedend dat hy hom die huis uitjaag.

      “Nadat hy hom uitgejaag het, vra hy sy oudste seun wat hulle oupa met hulle gesels het. Hy het vertel hoe vriendelik hulle ontvang is, maar daardie woorde wat Prokles vir hulle gesê het by hulle vertrek, het hy nie genoem nie, aangesien hy dit nie begryp het nie. Maar Periandros het gesê dat dit nooit anders kan wees nie as dat hy voor hulle op een of ander ding geskimp het, en hy het aanhou vra. Toe het hy onthou en dit ook vertel. En ook Periandros het dit begryp, en omdat hy geen toegeeflikheid wou toon nie, ’n boodskapper na daardie mense gestuur by wie die seun wat deur hom uitgejaag is, gaan woon het, en hulle verbied om hom in hulle huis te ontvang. En na watter ander huis hy ook al gegaan het, so dikwels as hy uitgejaag is, ook daarvandaan is hy uitgejaag, omdat Periandros dié wat hom ontvang het, gedreig en beveel het om hom uit te sluit. Hy het maar altyd na ’n ander huis van vriende gegaan, as hy uitgejaag word, en al was hulle bang vir Periandros, het hulle hom tog ontvang omdat hy sy seun was.

      “Uiteindelik het Periandros ’n bevel uitgevaardig dat enigeen wat hom in sy huis sou ontvang of met hom sou praat, ’n heilige boete aan Apollo verskuldig sou wees, ’n bepaalde bedrag, wat dit ook was. Om hierdie rede was niemand toe mos bereid om met hom te praat of hom in die huis te ontvang nie. Daarby het hy self ook begin dink dat dit nie reg is om ’n verbode ding te probeer doen nie, en het hy probeer uithou en in die suilegalerye rondgeboer. Op die vierde dag het Periandros hom gesien, ongewas en vervalle en honger, en hom jammer gekry. Sy woede het afgekoel en hy het nader gegaan en gesê: ‘My seun, watter van hierdie twee dinge is die verkieslikste, om die lot te hê waarin jy nou verkeer, of om die heerskappy en die goeie dinge te hê wat ek nou het, om dit te kry as jy aan jou vader onderdanig is? Jy wat my seun is en koning van welvarende Korinthe, het ’n rondloper se lewe verkies omdat jy in jou woede hom weerstaan aan wie jy dit die minste behoort te gedoen het. As daar in daardie geval ’n ramp gebeur het, op grond waarvan jy teen my agterdogtig is, het dit my ook getref en word ek des te meer daardeur geraak in soverre as ek dit self gedoen het. Noudat jy geleer het hoeveel beter dit is om beny as bejammer te word, en ook hoe ’n vreeslike ding dit is om vir jou ouers en meerderes kwaad te wees, kom nou terug huis toe!’ Met hierdie woorde wou Periandros hom vang. Maar hy het sy vader geen ander antwoord gegee nie as om te sê dat hy nou ’n heilige boete aan die god verskuldig is omdat hy met hom kom praat het. En toe Periandros nou uitvind hoe onmoontlik sy seun se kwaad is en hoe onoorwinlik, stuur hy hom met ’n skip weg van sy oë af na Kerkura; want dit was ook binne sy ryk. Nadat Periandros hom weggestuur het, maak hy oorlog teen sy skoonvader, Prokles, as sou hy die meeste verantwoordelik wees vir die moeilikheid waarin hy hom bevind; en hy het Epidauros ingeneem, en Prokles self lewend gevange geneem.

      “En toe, soos die tyd verbygegaan het, Periandros ook oud geword en vir homself erken het dat hy nie meer in staat is om sy sake te bestuur en te behartig nie, het hy na Kerkura gestuur om Lukophroon tot die tirannie terug te roep; want in sy oudste seun het hy dit glad nie gesien nie, en vir hom het hy te onnosel gelyk. Maar Lukophroon het die een wat die boodskap gebring het, nie eens ’n antwoord werd geag nie. Periandros was egter so geheg aan hom dat hy ’n tweede keer die jongman se suster, sy eie dogter na hom gestuur het, omdat hy gedink het dat hy vir haar die meeste sou luister. En toe het sy daar aangekom en gesê: ‘Ou seun, begeer jy dat die heerskappy op ander sal val en dat jou vader se huis geplunder sal word liewer as om terug te gaan en dit self te hê? Gaan terug huis toe, hou op om jouself te straf! Hoogmoed is ’n besitting wat ongeluk bring. Moenie kwaad met kwaad wil heel nie. Baie mense stel redelikheid bo geregtigheid, en baie het al deur hulle moeder se dinge te soek hulle vader s’n verloor. Heerskappy is ’n wankel besitting, en baie is daarop verlief; en

Скачать книгу