Die Potlooddief en die engel. A.S. van Straten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Potlooddief en die engel - A.S. van Straten страница

Die Potlooddief en die engel - A.S. van Straten

Скачать книгу

ection>

      

      Die Potlooddief en die Engel

      A. S. van Straten

      Human & Rousseau

      Vir Cicely

      Being a woman is a terribly difficult trade, since it consists principally of dealing with men.

      Joseph Conrad.

      Hoofkarakters

      TONIE:’n 27-jarige losbol.

      Sy bekommerde MA.

      Sy gawe OUMA.

      LENA:25 jaar oud, ernstig ambivalent oor mans. Gelukkig het sy ’n humorsin.

      Haar ongelukkige PA, Max. Hy drink.

      PAUL:intens en 40, hakkel soms effens deur op sekere klanke te “leun”.

      Sy vrou ANNETTE, mooi en kwesbaar.

      ENGELA:’n volwaardige beskermengel, sien om na Lena.

      WILHELMUS:hou Tonie dop. Hy het nog nie sy vlerke verwerf nie.

      Ander

      VIRGINIA:’n sekretaresse

      TIMOTHEÜS:’n bestuurder

      Werk vir V.I.P Guards.

      ’N JONG MAN, ’N MEISIEFliekgangers.

      TWEE VRIENDINNE:Kyk na modes in toonvensters. Gaan sit later in restaurant.

      LOKVOËL:soek klante op sypaadjie.

      NOODLYNMAN

      SEKRETARESSE:werk vir Paul.

      DIE DUIWEL

      ’N DOMINEE

      ’N KELNER

      Verhoogaanwysings

      1.As ’n draaiverhoog nie beskikbaar is nie, kan die dekor net gesuggereer word (beskilderde blindings deug goed), en die verhoog in 3 ruimtes verdeel word:

      a.Links voor vir kantoortonele.

      b.Regs voor vir Paul se ateljee, die restaurant, die bioskoop. (Hou dié twee ruimtes op dieselfde vlak sodat hulle kan aaneenskakel vir die straat- en kerktoneel.)

      c.In die middel agter, op ’n hoër vlak, die sitkamertonele.

      2.Wisseling word ook met musiek en beligting aangedui.

      3.Die engele beweeg direk van speelruimte na speelruimte; vir hulle bestaan daar geen “mure” nie. Die ander persone moet by “sydeure” inkom en uitgaan.

      4.Die gehoor kan die engele sien, die spelers kan nie.

      Die Potlooddief en die Engel is die komedie waarmee die ATKV se jaarlikse toneelfees, Kampustoneel, in 1983 geloods is. Dit is aangebied deur die Universiteit van Pretoria se Dramadepartement onder spelleiding van prof. Louw Odendaal.

      Die Potlooddief en die Engel is die eerste maal professioneel opgevoer deur TRUK in die Staatsteater, Pretoria, op 20 Februarie 1985. Die regisseur was Louis van Niekerk en die dekor is deur Johan Engelbrecht ontwerp.

      Beligting deur Stan Knight.

      Die rolbesetting was as volg:

      TonieRichard van der Westhuizen

      MaTrudie Taljaard

      OumaWoutrine Theron

      LenaJocelyn Broderick

      PaNico Liebenberg

      PaulBen Kruger

      AnnetteRita Ehlers

      Engela(’n engel) Charlotte Butler

      Wilhelmus, Jong man -(amper ’n engel) Frantz Dobrowsky

      Lokvoël, Kelner, Duiwel - Johan Engelbrecht

      Meisie, ’n Vriendin, Sekretaresse - Selma van der Vyver

      Virginia, ’n Vriendin, Timotheüs Naudé - Marina Mynhardt

      Noodlynman, Dominee - Deon Bredenhann

      Toneel 1

      Maatskappy se ontvangkamer. Agter ’n lessenaar is ’n goed bedeelde rooikop by die telefoon. Haar rok se hals is laag; later sien mens sy wys ook heelwat been.

      SEKRETARESSE:En ek het die “sweetste” bloesie gesien wat perfek daarby pas. Dis voor ’n bietjie oop, maar as mens voordele het ... hoekom nie? (Sy giggel.)

      TONIE:(Kom in, staan en wag.)

      SEKRETARESSE:(kyk na Tonie) As my ma my daarin sien, onterf sy my ... I-hih. (Sy giggel en lag.)

      TONIE:(Glimlag vriendelik.)

      SEKRETARESSE:Wat van jou? ... Hmm. “Sexy”! Wat gaan jy dáárby dra? ... Hmmm. “Stunning”! (Knik en giggel.) As dit hom nie vang nie, kan jy maar vergeet! I-hih ... I­ hih ... I-hih ... (Sy kraai van die lag.) Ek sê jou wat –

      TONIE:(druk die mikkie af en beëindig so die gesprek) Ek is Tonie Minnaar. Meneer Naudé verwag my.

      SEKRETARESSE:(woedend maar beheer haarself; sy sit die hoorbuis met groot waardigheid terug, druk ’n interkomknoppie en sê so verleidelik moontlik) Meneer Naudé, ’n meneer Minnaar om u te spreek.

      STEM:(gefilter) Sê hy moet wag, asseblief.

      SEKRETARESSE:Gaan sit! (Sy beduie na ’n stoel langs ’n koffietafel.) Dáár!

      TONIE:(Sit en vat ’n tydskrif met ’n bikininooi voor op.)

      (Die foon lui.)

      SEKRETARESSE:V.I.P. Guards. Goeiemôregoodmorning ... o, haai! Ja, ons is afgesny. (Sy gluur Tonie aan.) ... Hm ... Nee, ek wéét nie. Dalk moet ek weer ’n “stunning blonde” word. Wat dink jy? ... I-hih ... i-hih.

      TONIE:(Staan op, loop na haar toe.)

      SEKRETARESSE:(met haar vry hand gryp sy ’n skêr en hou dit oop en dreigend oor die foon) I-hih.

      TONIE:(Vat die telefoongids en stap terug na sy stoel, slaan ’n nommer na.)

      NAUDÉ:(kom in met vorms waardeur hy blaai) Meneer Minnaar ... (Hy is bewus van sy belangrikheid.)

      TONIE:Middag.

      SEKRETARESSE:(Fluister iets en laat sak dan die hoorbuis.)

      NAUDÉ:Ek sien jy’t die praktiese toetse gedoen. (Hy

Скачать книгу