Die Potlooddief en die engel. A.S. van Straten

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Potlooddief en die engel - A.S. van Straten страница 3

Die Potlooddief en die engel - A.S. van Straten

Скачать книгу

perdry, swem –

      TONIE:Sodat ek my liewe ouma kan beskerm teen vatterige ou mans. (Hy sit sy hand op haar knie.)

      OUMA:(Glimlag liefies vir hom.)

      MA:Van nou af gaan jy losies betaal of jy werk het of nie. En my ma gaan ophou om jou vol geld te stop. (Streng vir Ouma.) Belowe my Ma gaan hom nie weer ’n sent gee nie.

      OUMA:(probeer vasbeslote klink) Van vandag af kry hy niks meer van my nie. Bokkerôl.

      MA:Jy’s sewe en twintig en jy gaan jou soos ’n 27-jarige gedra, of ... of jy soek vir jou ander blyplek.

      OUMA:Ai toggietog, kom ons gaan fliek. Ek sal betaal.

      TONIE:(spring op) Goeie plan.

      MA:(druk haar hand teen haar voorkop) Gaan julle, gaan. Ek wil hier bly en huil.

      TONIE en OUMA:O nee! (Tonie tel Ma op en dra haar deur toe en uit.)

      ENGELA:Gaan hy baie bioskoop toe?

      WILHELMUS:(knik sy kop) Nogal.

      ENGELA:Identifiseer seker met die rolprenthelde?

      WILHELMUS:Hm. Toe hy twaalf was, het sy pa hulle verlaat.

      ENGELA:(staan op uit die leunstoel waarin sy gesit het) Wel, dit spyt my, maar hy’s die laaste man wat Lena moet ontmoet. Sy’t iemand nodig wat bestendig en betroubaar is. Ek moet eerste aan háár dink.

      WILHELMUS:Hou hom net nog ’n rukkie dop, asseblief.

      ENGELA:Ek moet na Lena gaan kyk.

      WILHELMUS:Wat doen sy nou?

      ENGELA:Sy’s mos ’n onderwyseres. Sy’s besig om opstelle te merk.

      WILHELMUS:Dan het sy jou nie nou baie nodig nie, of hoe? Of help jy haar met die opstelle? Jy sien seker baie streng na.

      ENGELA:(suggie) Nou goed – kom ons gaan fliek.

      Toneel 3

      Die twee engele loop direk na ’n bioskoop. Daar’s net een ry sitplekke van voor gesien. Tonie, Ouma en Ma neem hul plekke van regs af in. Langs Tonie is daar ’n oop sitplek, dan is daar ’n mooi nooi en haar kêrel. Almal kyk na die rolprent. Ouma het sjokolade op haar skoot. Tonie se aandag is verdeel – hy maak ook ogies vir die nooi naby hom. Haar kêrel hou haar regterhand vas, haar linkerarm rus op die leuning. Tonie skuif sy regtervoet nader om haar meer as halfpad tegemoet te gaan, maar dit lyk of sy dit nie opmerk nie. Hy vat ’n lekker uit Ouma se verskeidenheid, skil die papier bo-om af en plaas die oop lekker op die oop sitplek, maar die nooi ignoreer dit. Met sy regterhand maak hy ’n lomp insek na wat na die lekker toe steier op vier pote. Die middelvinger vorm ’n nek en kop wat die lekker ondersoek. Die nooi is geamuseer en loer uit die hoek van haar oog. Die insek gryp die lekker en verorber dit. (Tonie steek die lekker in sy mond.) Die insek word siek, steier rond en val om – met sy bene stuiptrekkend in die lug. Dan lê hy doodstil. Die meisie se linkerhand kom aangestap tot by die dooie insek, streel Tonie se hand wat taamlik gou lewe kry en die streling beantwoord. Haar knieë bly behoorlik bymekaar, maar sy skuif haar linkervoet tot teenaan Tonie se regtervoet. Hulle twee hou handjies en speel voetjie-voetjie en kyk weer na die rolprent. Die engele staan aan een kant en kyk na die ry fliekgangers wie se gesigte almal dieselfde reaksies, dieselfde emosies vertoon.

      ENGELA:Hy’s soos ’n sestienjarige skoolseun! Wat gaan jy doen?

      WILHELMUS:Ek het al my hoop op jou Lena gevestig, maar as jy nie wil help nie, weet ek nie wat anders ek –

      ENGELA:Hoekom doen jy nie aansoek om Spesiale Mag nie?

      WILHELMUS:Ek kán nie, jy wéét ek is nog nie ’n volwaardige beskermengel nie ... Dalk word ek nooit een nie ... Jy sien ... hy’s mý seun, ek het hom en sy ma verlaat toe hy twaalf was.

      ENGELA:(nie vreeslik verbaas nie) En hoe kom jy toe hiér? Versagtende omstandighede of spesiale genade?

      WILHELMUS:Eintlik beide ... maar as loutering moet ek nou aanskou hoe my seun dieselfde foute maak as ek. Dié dat ek so opgewonde geword het toe jy my vertel van jou Lena. Ek was seker sy sou, jy weet ... die vrou wees wat hy nodig het ... Laat ek haar te siene kry, ’seblief ...

      TONIE:(Haal ’n notaboekie uit sy sak, beduie hy soek ’n skryfding.)

      MEISIE:(Gebruik haar linkerhand om ’n potlood op te diep uit haar handsak. Sy gee dit vir Tonie en fluister haar naam en telefoonnommer.)

      OUMA:(Geniet Tonie se flankeerdery.)

      TONIE:(Skryf die besonderhede neer en steek die notaboekie én die potlood in sy sak, hou weer haar hand vas.)

      ENGELA:Hy’s absoluut skaamteloos. Dit spyt my, Wilhelmus, maar daar’s geen rede vir jou om Lena te sien nie.

      WILHELMUS:Asseblief, Engela, net een keer ...

      ENGELA:Dit sal net jou lyding vergroot.

      WILHELMUS:Dis hoekom ek hier is.

      ENGELA:Nou goed. Sy gaan môremiddag stad toe, dan kan jy haar ’n rukkie sien ...

      Toneel 4

      ’n Sypaadjie en winkelfront. In ’n toonvenster is poppe geklee in damesmodes – die jongste “skeppings van Paul Barnard”.

      Die engele is êrens “in die lug”.

      LENA:(Loop half verby. Stop. Kyk na die modes. Sy dra ’n hemp en langbroek wat glad nie haar figuur beklemtoon nie, en aan haar voete is bonkige sandale. Sy vind die aandrokke in die venster uiters vulgêr en staar verbaas daarna.)

      PAUL:(Kom aangestap met ’n portefeulje onder die arm. As hy sien hoe sy na die skeppings staar, hou hy haar dop.)

      LENA:(Skud haar kop en grinnik. Hoe meer sy na die skeppings kyk, hoe meer amuseer hulle haar.)

      PAUL:Wat is so bleddie snaaks?

      LENA:(hoewel sy korter is as die vreemdeling, lig sy haar kop op so ’n manier dat sy op hom neerkyk) Dié modes ... Ek dink hulle –

      PAUL:Ja?

      LENA:Ek dink hulle skreeu ’n bietjie.

      PAUL:Juffrou, jou broek is te wyd vir jou, jy versuip in jou sandale en jou hemp sou beter gelyk het aan ’n man. Ek dink dus nie –

      LENA:(onthuts) Is jy ... dalk ... Paul Barnard?

      PAUL:(Maak ’n buiging.)

      LENA:Meneer Barnard, jy moet jou asseblief nie aan my steur nie. Ek het iets teen duur klere; ek dink mens moet jou geld liewer bestee aan ... ander dinge. Maar ek is seker ’n sekere soort vrou sal baie graag –

      PAUL:(sarkasties) Watter sóórt vrou nogal?

      (Twee dames kom tot stilstand naby Paul se venster. Hulle klere is gans te nousluitend.)

      1STE VROU:(kou kougom) Sjoe! Kyk ’n bietjie dáár!

Скачать книгу