Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 19

Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

Die volgende idiome word letterlik uitgebeeld. Skryf die idioom en sy betekenis neer wat jy uit die illustrasies kan aflei. Sekere woorde word as leidraad vir jou gegee.

mod4imgs.jpg 81247.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n gedig lees

       vrae oor die gedig beantwoord.

      Prelees: Kyk na die illustrasie en die gedig “Algemeene Handelaar”. Gesels met jou maat oor die volgende vrae:

       Beskryf wat jy in die illustrasie sien.

       Watter tipe goed word in die winkel verkoop?

       In die illustrasie en die titel is ’n “spelfout”. Hoe moet die woord gespel word?

       Wat word met “algemene” bedoel?

       Waaroor dink jy gaan die gedig?

      Die gedig is ’n voorbeeld van ’n vrye vers. Lees die wenke in Pitkos oor ’n vrye vers en lees daarna die gedig.

81432.png

      Vrye vers

       Woorde word dikwels aan die begin van versreëls herhaal.

       Herhaling van dieselfde klanke kort na mekaar is ’n belangrike bindingsmiddel van woorde, gedagtes en die gedig as geheel.

       ’n Vaste, ritmiese reëlmaat kom nie voor nie, maar jy sal tog ’n bepaalde ritme aanvoel wanneer jy die gedig lees.

       Versreëls en strofes wissel in lengte.

       Digters gebruik dikwels die opnoemtegniek, met ander woorde die letterlike opnoem van dinge in ’n gedig.

       Dikwels bestaan die hele gedig uit net een sin.

      Tydens lees: Die volgende woordverklarings kan jou help om die gedig beter te verstaan.

81509.png

      allerlei (various) – verskillende

      argitektonies onooglik (architecturally unsightly) – die gebou se ontwerp is nie mooi nie

      bepaalde – spesifieke

      dorpswinkel – ’n dorp is kleiner as ’n stad

      gewel (gable) – driehoekige deel van die dak wat gebou is

      kasarm (enormous place) – baie groot

      keps – afgelei van die Engelse woord cap, hoed

      lapel (lapel) – kraag van ’n baadjie of hemp

      nadenkend (reflective) – om oor iets te dink

      negosies (merchandise) – handelsware, dit wat alles verkoop word

      onkoopbare – dit wat mense nie wou koop nie

      toegeneentheid (liking) – goeie gesindheid, jy voel goed oor iemand

      verspotte uitstalvensters – snaakse vensters waar die goedere uitgestal word

      wenkbroue (eyebrows) – hare op jou oogbank

      wye stoep – groot stoep

      Beurtlees: Lees nou die gedig aandagtig saam met ’n maat deur.

      Algemeene Handelaar

      Ernst van Heerden (1916-1997)

Mod02_05_Shop_colour.psd

      1My pa se dorpswinkel was

      2argitektonies onooglik,

      3met twee verspotte uitstalvensters,

      4’n wye stoep

      5en gewel-reklame

      6met spelfoute en al,

      7maar binne

      8tussen be-noude opeenhopings

      9van allerlei negosies

      10was daar

      11die onkoopbare koopware:

      12toegeneentheid en liefde

      13vir personeel, klante, besoekers,

      14handelsreisigers, skoolkinders,

      15en sommer in- en uitlopers wat groet;

      16daarom dat ’n bepaalde spieël

      17in daardie kasarm van ’n winkel

      18se “vroue klerasie afdeeling”

      19my eendag lank ná sy dood betrap:

      20waar ek ’n keps soos hy dra

      21en sy dounat-roosknop op my lapel

      22en ’n spoggerige (sy) sakdoek

      23en ek my wenkbroue streel soos hy

      24en my neussnawel syne herhaal

      25en my oë nadenkend word soos syne

      26en my mond

      27’n bekende pyn-trek kry.

      (Uit: Groot Verseboek 2000. Tafelberg 2000)

      Postlees: Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek:

      Vrae oor die kenmerke van die gedig.

      1. a. Wie is die spreker in die gedig?

      b. Gee twee opeenvolgende woorde om jou antwoord te motiveer.

      2. Kyk na die gedig se uiterlike vorm.

      a. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig?

      b. Versreëls is die reëls waaruit die gedig bestaan. Hoeveel versreëls het die gedig? (Skryf jou antwoord in woorde uit.)

      3. Hoe sal jy die rym en ritme van die gedig beskryf?

      4. In versreël 23 en 24 kom ’n voorbeeld van ’n vergelyking voor.

      a.

Скачать книгу