Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen

Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 15

Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen Piekfyn Afrikaans

Скачать книгу

In die volgende sinne is leestekens soos die punt en komma uitgelaat. Skryf die sinne reg oor.

      a. By die veiling is ou klere speelgoed en selfs meubels te koop

      b. Onthou om die volgende saam te bring genoeg geld ’n houer om die items in te pak en eie eetgoed

      2. Kies die betekenis in kolom B wat by die figuurlike taalgebruik in kolom A pas.

Kolom AFiguurlike taalgebruikKolom BBetekenis
Doen die rondte van vader Cloete.Jy gaan jou vingers verbrand.Dit is bo my vuurmaakplek.Geld groei nie op ’n mens se rug nie.Jy gaan probleme/moeilikheid kry.Jy moet hard vir jou geld werk.Om by almal ’n draai te gaan maak/te kuier.Dit is te moeilik vir my.

      3. Skryf die regte trap van vergelyking neer.

      a. Thomas is arm; die bure se seun is die (arm) van almal.

      b. Hoe (gou) julle begin werk, hoe (ryk) gaan julle word.

      c. Thandi se bod was (hoog) as myne. Sy wou die poppekas die (graag) hê.

      4. Skryf antonieme vir die skuinsgedrukte woorde neer.

      a. Die artikel het nuttige wenke.

      b. Gebruik ’n ongebruikte gebou vir die veiling.

      5. Skryf sinonieme vir die skuinsgedrukte woorde neer.

      a. Almal is voornemende entrepreneurs.

      b. Sjoe, die hondesalon is ’n yslike onderneming.

78329.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       leer hoe ’n informele brief se formaat lyk

       ’n informele brief skryf.

      Skryf ’n informele brief

C:\Users\hendrikviljoen\Desktop\piekfyne\pf eat 4 tot 6 vraestelle\HUISTAAL GR 4-6\5 1\Honde2.jpg

      Situasie: Jy het besluit om ’n hondeskou te reël.

      Opdrag: Skryf ’n informele brief van ongeveer 120 tot 140 woorde (slegs inhoud) waarin jy van jou reëlings vertel. Vra ook of jou maat jou sal kan kom help. Die illustrasie kan jou met idees help.

      Hou die volgende in gedagte terwyl jy jou brief beplan.

       ’n Vriendskaplike brief is persoonlik en informeel.

       Die doel is om met familie of ’n vriend te kommunikeer.

       Die inhoud (inleiding, inhoudsparagrawe) bevat gewoonlik nuus.

       Jou aanbieding moet lewendig en interessant wees.

       Die toon en register moet pas by die verhouding tussen die ontvanger en die briefskrywer.

       Die slot moet die brief saamvat en ’n rede gee hoekom die persoon vir jou moet terugskryf.

      Gebruik die volgende kontrolelys voordat jy jou brief vir finale assessering ingee.

VereisteJaNee
Die formaat is reg: adres, datum, aanhef, paragrawe, afsluiting.
Die adres van die skrywer word regs, boaan in blokvorm geskryf.
Geen leestekens word in die adres gebruik nie.
Geen reёl word tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
Datum is voluit geskryf.
Aanhef: “Beste” of “Liewe” word gebruik. Dit word teen die linkerkantlyn geskryf.
’n Reёl word tussen elke paragraaf oopgelaat.
Groete of liefde, ens., is die laaste paragraaf van die brief en daarom is daar ’n punt aan die einde.
Daar word nie ’n reёl in die afsluiting van die brief oopgelaat nie.

      Prosesskryf

      Onthou om jou brief volgens die verskillende stappe van prosesskryf te beplan en aan te bied. Blaai terug na Module 1 en 2 as jy onseker is.

       beplanning

       konsep

       hersiening

       redigering

       proeflees en aanbieding van finale produk

78596.jpg

      In hierdie aktiwiteit gaan jy

       ’n advertensie lees en bekyk

       vrae oor die advertensie beantwoord

       taalkennis hersien.

      Lees en kyk

      Lees en kyk na die volgende advertensie.

78931.png

      Beantwoord die volgende vrae oor die advertensie.

      1. Wie kan almal stalletjies vir die Entrepreneursdag bespreek? (1)

      2. Noem een van die kriteria waarvolgens pryse gegee kan word. (1)

      3. Noem twee rёels waaraan jy moet voldoen indien jy wil deelneem aan die Entrepreneursdag. (2)

      4. Wanneer vind die Entrepreneursdag plaas? (1)

      5. Watter rol speel die beoordelaars? (1)

      6. Waar kan jy ’n inskrywingsvorm kry? (1)

      7. Hoe lank duur die verkope? Skryf jou antwoord in woorde uit. (1)

      8. Sal jy vir die dag wil inskryf? Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)

      [9]

      Lees en kyk na die volgende strokie.

spotprent.jpg

      (www.daniecronje.co.za)

      Beantwoord die volgende vrae oor die strokie.

      9. Skryf ’n woord uit raampie 1 neer wat bewys die man praat met leerders. (1)

      10. Dit is duidelik dat die man ’n onderwyser is.

      a. Watter vak onderrig die onderwyser? (1)

      b. Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)

      11. Wat gebeur in die tweede raampie? (1)

      12. Dink jy die onderwyser ken sy vak? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)

      [6]

Скачать книгу